Die nuutste uitgawe van Tydskrif vir Letterkunde bevat ‘n verskeidenheid artikels, van ‘n toepassing van netwerkteorie op die Afrikaanse poësie, tot Nigeriese stand-up-komedie, tot die blik van diere in Eben Venter se nuutste roman – en nog veel meer. Die volledige uitgawe sluit ook 18 boekresensies in.
Tydskrif vir Letterkunde publiseer as ’n reël een temanommer per jaar (ons Herfsuitgawe) en een algemene uitgawe (die Lente-uitgawe). Navorsers mag ter enige tyd artikels vir oorweging voorlê by www.letterkunde.africa.
Lekker lees!
|