Fourie Botha het in Bethal op die Hoëveld en op Nietverdiend in die Marico-bosveld grootgeword. Hy studeer uitgewerswese en Engels aan die Universiteit van Pretoria en het vir n paar jaar opvoedkundige boeke uitgegee. Hy behaal ’n M.A. in Engelse letterkunde aan die Universiteit van Kaapstad asook ‘n M.A. in kreatiewe skryfwerk onder leiding van Joan Hambidge.
Van sy gedigte is in Nuwe Stemme 4 en in Versindaba 2010 opgeneem. Sy debuutbundel Donkerkamer, verskyn in 2011. Sy tweede bundel, Krap uit die see, verskyn in 2017 by Protea Boekhuis.
Fourie werk in Kaapstad as vryskutredakteur en konsultant.
Lees meer oor Fourie Botha op Litnet:
https://www.litnet.co.za/fourie-botha-penguin-se-geheime-wapen-uit-die-marico/
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.]