Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 February 20253 March 2025

Nuwe publikasie. Wilma Stockenström: Met my wysvingertop

 

 

 

Nog ‘n nuwe boek in die reeks oor Herzogpryswenners het pas verskyn. Wilma Stockenström: Met my wysvinger se top (Ronel Foster Redakteur).

Dit is ‘n publikasie van die SA Akademie, uitgegee deur die SA Akademie en Protea Boekhuis.

 

AGTERGROND

Wilma Stockenström is ’n skrywer, vertaler en aktrise en word erken as een van die belangrikste en veelsydigste skrywers in Afrikaans. Stockenström is een van ’n handvol skrywers aan wie ’n Hertzogprys in twee verskillende genres toegeken is, en een van net drie vroue: vir haar digbundel Van vergetelheid en van glans in 1977 en in 1991 vir haar roman Abjater wat so lag. In 2007 ontvang sy die Afrikaans Onbeperk Kanna vir haar Lewensbydrae tot Afrikaans en in 2015 word sy vereer met ’n Fiësta-toekenning vir haar lewenslange bydrae tot die teater en woordkuns. As aktrise word sy natuurlik onthou vir haar rolle in die populêre Manakwalanners en Die storie van Klara Viljee. Sy woon tans in Kaapstad.

Hierdie huldigingsbundel is die 17de in die reeks van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns wat skrywers huldig wat met die Hertzogprys bekroon is. Nuwe beskouings met interessante perspektiewe en in leesbare, helder styl, word aangebied deur medewerkers Frederick Botha, Bibi Burger, Marius Crous, Temple Hauptfleisch, Thys Human, Amanda Marais, Alettie van den Heever en Hein Viljoen. Hulle skryf oor Stockenstrom se prosa, oor haar digkuns, en ook oor haar bydrae tot die Afrikaanse toneel – as aktrise en dramaturg. ’n Fotobylaag gee ’n visuele beeld van Wilma Stockenstrom se lewe en werk, en ’n uitgebreide bibliografie maak die boek onmisbaar vir geïnteresseerde lesers wat meer wil uitvind en ondersoek instel, en ook vir studente en navorsers.

OOR DIE SAMESTELLER

Prof. Ronel Foster doseer tot 2014 Afrikaanse poësie en prosa, resensiekunde en vergelykende poësiestudie (Afrikaans en Nederlands) aan die Universiteit Stellenbosch. Haar proefskrif is getitel “Postmodernisme en poësie, met spesifieke verwysing na die historiografiese metagedig ‘Die heengaanrefrein’ van Wilma Stockenström” (Universiteit Stellenbosch, 2000).

 

TITEL: Wilma Stockenström: met my wysvingertop

SAMESTELLER: Ronel Foster

GENRE: Biografie/huldigingsbundel

PRYS: R350.00 (BTW ingesluit)

VERSKYNINGSDATUM: Desember 2024

ISBN: 978-1-4853-1602-2

FORMAAT: 152 x 222 mm

SAGTEBAND met flappe

AANTAL BLADSYE: 336 + 8 bladsye kleurfotoseksie

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Digtersprofiel: Wilma Stockenström
Resensie: “Wilma Stockenström: Met my wysvingertop” (Ronel Foster, red.) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Jacques Boshoff. Ontoereikend
  • Sharon Goliath. Here Hoe Groot Is U
  • Ruan Fourie. kindness is modern magic
  • Cobus Kruger. Deepfakes

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Rust-mijn-ziel: Digters gedenk Aucamp
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d