Daar lê baie krag in versnitwyne
Netwerk 24, 25 Januarie 2025
skemeruur … nag … daeraad
se kleurskikkings
verskyn nie in gelyke maat
en meteens nie
dit sou té klinies en volmaak
té edel wees
dit vestig eerder tergend en in nuanses
soos versnitwyn op die fynproewerstong
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025