Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 April 2025

NB Persverklaring

 

 

 

 

 

 

 

NB-Uitgewers sien toe dat rekordtal vertalings die lig sien

NB-Uitgewers kan met trots aankondig dat die vertaalregte vir 27 van hul titels in die huidige boekjaar aan buitelandse uitgewers gelisensieer is – die meeste in die uitgewery se geskiedenis.

Enkele hoogtepunte sluit die volgende in:

  • Rudie van Rensburg se misdaadroman Piranha sal in Tsjeggies uitgegee word.
  • Dibi Breytenbach se spanningsroman Buit sal binne die volgende twee jaar in Frans uitgegee word deur die uiters gerespekteerde Actes Sud, een van die top vyf uitgewerye in Frankryk.
  • Twee van Ronelda Kamfer se titels, die digbundel grond/Santekraam asook haar debuutroman Kompoun, sal in 2026 in die VSA verskyn. Dit word uitgegee deur Archipelago Books – een van die wêreld se voorste literêre uitgewerye. Die bekroonde Kompoun is reeds in Nederlands en Frans vertaal en ’n teaterverwerking daarvan sal ook binnekort by die Suidoosterfees te siene wees.
  • Irma Venter se misdaadroman Skarlaken word ook in die VSA (deur Catalyst Press) uitgegee. Haar eerste twee romans was voorheen in die VSA versprei deur Amazon Crossing, maar hierdie is die eerste keer dat ’n boek van haar ook in boekwinkels regoor die land beskikbaar sal wees.  
  • Die topverkoper I am Ella deur Joanne Jowell sal in beide Tsjeggies en Pools uitgegee word.
  • Ingrid Winterbach se roman Karolina Ferreira word in Bulgaars uitgegee.
  • Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika deur Hermann Giliomee, Bernard Mbenga en Bill Nasson, asook die kinderboek The Boy and the Poacher’s Moon deur Pamela Newham, sal in China uitgegee word.

“Hierdie wonderlike mylpaal getuig weer eens dat NB-Uitgewers deurlopend literatuur van internasionale gehalte publiseer. Ons is dankbaar vir die fantastiese skrywers wat ons die voorreg het om uit te gee, die bekwaamheid en toegewydheid van ons Kontrakte en Regte-span en die goeie samewerking met ons internasionale kontakte wat oor dekades se bywoning van die Frankfurtse boekebeurs opgebou is,” sê Eloise Wessels, uitvoerende hoof van NB-Uitgewers.

Vir meer besonderhede kontak NB-Uitgewers se Hoof van Kontrakte en Regte, Gys Visser (Gys.Visser@nb.co.za), wat al die uitgewery se lisensiëringsooreenskomste behartig. 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

1e kommentaar op “NB Persverklaring”

  1. Sandra Pretorius says:
    5 April 2025 at 10:55

    Ek is baie geskok en teleurgesteld in NB omdat hy nie eens die moeite gedoen het om hulde te bring aan Johann de Lange na sy dood nie. De Lange was een van die heel beste digters wie se boeke deur Human & Rousseau uitgegee is. Wat ‘n skande, NB. Skaam julle – maar dis seker nie ‘n emosie waartoe ‘n maatskappy in staat is wat net op geld en wins en aansien gesteld is.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Natasha Harmse. Sikade
  • Stephan du Toit. Graaff-Reinet
  • Natasha Harmse. Die weefstoel
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Sanette Scheepers. Vrykoop

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d