Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 April 202511 April 2025

Gerda Taljaard: Tweedeplekwenner: Kyk hoe ver het ons gekom gedigtekompetisie

 

 

evolusie

 

dalk oor ’n duisend jaar of wat sal iemand haar uitkalwe

met skoffel en kwas en wonder wie hierdie mens was

met die stewige gebeente, fyn hande en winkeltande

en dalk sal antropoloë kan bepaal dat haar oë blou

was en dat sy bars kon kyk en verwant aan Koisans

en Noormanne was, ook dat sy soms gebrek gely

en bloedarmoedig was en swaar aan drie kinders

gebaar het. miskien sal hulle aan haar beendere

kan sien sy het haar brood met moeite verdien

en dat haar dieet bestaan het uit wildsvleis

stamvrugte en gars en sal hulle iets kan snap

van haar taal wat ’n landskap van vlaktes

en brak riviere kan verhaal met woorde

wat woue en giere in vlug kan vasvang

in klanke wat god kan gebied om wolke

byeen te jaag en buie te laat sak. ’n taal

waarin sy kon skerts en uit haar maag

kon lag en dalk sal hulle in ’n omvormde

weergawe van haar tongval sê: kyk

wat het sy alles vermag

 

Gerda Taljaard

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← PEN Afrikaans. Mediaverklaring: Gedigte- en kortverhaalkompetisie
Aankondiging van wenners: Kyk hoe ver het ons gekom →

1e kommentaar op “Gerda Taljaard: Tweedeplekwenner: Kyk hoe ver het ons gekom gedigtekompetisie”

  1. Roela Hattingh says:
    22 April 2025 at 00:02

    Wat ‘n roerende gedig, dankie Gerda en welgedaan!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d