Geregtigheid
coligny, 2017- 2020
Die blom plof toe die kind
slaapwandelend daarna reik.
Die mans kyk,
deur goue stof verblind.
Hulle het ‘n dief gevind
nie ‘n kind
deur die gewonde oё van van gogh
verwonderd gelaat:
Hy het geval
toe die bakkie hom haak
en in ‘n dodegreep
sléép
dis ál!
Néé
die ramp is
hy is gestámp!
Hamer dit al harder
In elkeen se klankkamer
terwyl in skof na skof die hof
oor steierende feite stamel
© Vincent Oliphant, 2025
