KLIMAATBUNDEL:
UITNODIGING OM ’N GEDIG TOT ’N NUWE BUNDEL AFRIKAANSE EN NEDERLANDSTALIGE GEDIGTE BY TE DRA
- INLEIDING
Hierdie uitnodiging bied agtergrond tot die publikasie van ’n versamelbundel nuwe Afrikaanstalige gedigte (ook in Kaaps en ander variante van Afrikaans) en Nederlandstalige gedigte (ook in Nederlandse dialekte en Fries) van bekende en minder bekende digters.
In Suid-Afrika en in die Lae Lande word aandag gegee aan die werk van digters uit hierdie onderskeibare, maar ook verwante, literatuursisteme. Die fokus manifesteer tans onder meer in die vorm van vertalings, wat veral deur middel van finansiële steun uit die Lae Lande moontlik gemaak word.
Tans bestaan daar in Suid-Afrika ongelukkig geen onlangse bundel waarin die werk van resente en/of hedendaagse Nederlandstalige digters verskyn nie. Daar is ook behoefte aan ’n publikasie waarin digters uit die lande waar Nederlands gepraat word saam onvertaalde gedigte publiseer en meer lig op resente ontwikkelinge op die aktuele tema van klimaatsverandering in die onderskeie poësiesisteme werp.
- DOEL
In die lig van die voorafgaande inleiding en agtergrond word die volgende voorstel aan die hand gedoen:
3.1 ’n Versameling waarin nuwe en tot dusver ongepubliseere gedigte van ten ongeveer 70 Afrikaanstalige en Nederlandstalige digters opgeneem word.
3.2 Sowel ’n Afrikaanse as ’n Nederlandstalige digter en akademikus sal as die samestellers van die bundel optree en ’n inleiding oor toepaslike tendense in die onderskeie poësiesisteme en ekokritiek (in die Noorde en die Suide skryf.
3.3 Bekende digters sal persoonlik deur die onderskeie samestellers geïdentifiseer en genader word om gedigte oor klimaatsverandering by te dra.
3.4 Enkele gedigte van belowende digters wat nog nie gedebuteer het nie, sal via Versindaba, LitNet en ander sosiale media genooi word om voorleggings vir die bundel te maak.
3.5 Die beoogde sperdatum vir voorlegging van gedigte is 12 Junie 2025.
3.6 Die bundel sal deur die bekende Pretoriase uitgewer Protea Boekhuis gepubliseer en in Suid-Afrika, die Lae Lande en oral waar Afrikaans en Nedelands gepraat word as gedrukte bundel en as e-boek versprei word.
3.7 Die verwagte publikasiedatum sal aangekondig word om saam te val met die herdenking van die aanvaarding van die amptelike status van Afrikaans (Wet Nr. 8 van 1925) in die Suid-Afrikaanse Parlement 100 jaar gelede.
- BETROKKENES EN FUNKSIES
Hiermee nooi die samestellers namens Plus 50 Media en die borge (om nog bekend gemaak te word) jou graag om nie meer nie as drie gedigte (waaruit gekies sal word) oor die heersende ernstige klimaatskrisis waarin die wêreld vasgevang is vir voorlegging nie later nie as 12 Junie 2025 aan ons te stuur. Die Verenigde Nasies definieer die klimaatsverandering soos volg:
Climate change refers to long-term shifts in temperatures and weather patterns. Such shifts can be natural, due to changes in the sun’s activity or large volcanic eruptions. But since the 1800s, human activities have been the main driver of climate change, primarily due to the burning of fossil fuels like coal, oil and gas.
Burning fossil fuels generates greenhouse gas emissions that act like a blanket wrapped around the Earth, trapping the sun’s heat and raising temperatures.
The main greenhouse gases that are causing climate change include carbon dioxide and methane. These come from using gasoline for driving a car or coal for heating a building, for example. Clearing land and cutting down forests can also release carbon dioxide. Agriculture, oil and gas operations are major sources of methane emissions. Energy, industry, transport, buildings, agriculture and land use are among the main sectors causing greenhouse gases. (Kyk https://www.un.org/en/climatechange/what-is-climate-change.)
Gedigte sal gekeur word met die oog op gehalte en aansluiting by die tema om ’n bundel van hoë gehalte die lig te laat sien. Die redaksionele versorging en uitleg sal ook die hoogste maatstawwe nastreef om ’n visueel aantreklike bundel vir sowel plaaslike as internasionale verspreiding te lewer.
’n Uitnodiging sal ook op die Internet en sosiale media geplaas word om digters te nooi om gedigte vir die bundel voor te lê.
Digters wat in die bundel publiseer, sal elk een eksemplaar komplimentêr en ’n honorarium ontvang.
- VERSPREIDING
Die bekendstelling en verspreiding van die bundel word beplan om soos volg te geskied:
4.1 Bekendstellingsgeleenthede sal in Suid-Afrika, Nederland, België en ook elders (byvoorbeeld Namibië) geskied.
4.2 Die bundel sal na boekhandelaars en -verspreiders in Suid-Afrika, Nederland, België en elders versprei word.
4.3 Mediavrystellings sal in die betrokke lande gereël word.
- BEVESTIGING
5.1 Bevestig asseblief nie later nie as 12 Junie 2025 of jy gewilligheid is om een (maar nie meer nie as drie gedigte) vir die bundel voor te lê.
Met vriendelike groete
(Dr.) Johann Lodewyk Marais Francine Maessen (Dr.) Joan-Mari Barendse
Navorsingsgenoot Onafhanklike letterkundige Uitgewer
Universiteit van Pretora Delft Pretoria Boekhuis
montpelaan@gmail.com fancinemaessen@gmail.com jmbarendse@proteaboekhuis.co.za