Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 May 20258 May 2025

100 Duitse Bestes: Stefan George (1868-1933)

DIE MEESTER VAN DIE EILAND

Oorlewering by vissers lui dat in die suide
Op ʼn eiland ryk aan olie en kaneel
En edelsteen wat glinster in die sand
ʼn Voël was wat staande op die grond glo
Met sy snawel boomkruine op hoë stamme
Uitmekaar kon pluk · as hy sy vlerke
Gekleur asof met slym van Tyros-slakke
Sou lig om swaar en laag te vlieg: het
Hy nes ʼn donker wolk gelyk.
Bedags sou hy die ruigtes in verdwyn.
Saans egter na die strand toe kom.
In die koel bries gegeur deur sout en wier
Sy heuningstem verhef dat die dolfyne
Die vriende van die sang sou nader swem
Daar in die see vol goue vere goue vonke.
Vanaf die oerbegin het hy glo so geleef.
Net skipbreukelinge sou hom kon sien.
Want die eerste keer toe spierwit seile
Van mense onder veilige geleide
Gekoers het na die eiland het hy glo die heuwel
Om sy hartskontrei geheel te kon oorskou, bestyg.
Toe het hy glo sy wye vlerke oopgesprei
En heengegaan met sagte smartgeluide.

***

DER HERR DER INSEL

Die fischer überliefern dass im süden
Auf einer insel reich an zimmt und öl
Und edlen steinen die im sande glitzern
Ein vogel war der wenn am boden fussend
Mit seinem schnabel hoher stämme krone
Zerpflücken konnte · wenn er seine flügel
Gefärbt wie mit dem saft der Tyrer-schnecke
Zu schwerem niedrem flug erhoben: habe
Er einer dunklen wolke gleichgesehn.
Des tages sei er im gehölz verschwunden.
Des abends aber an den strand gekommen.
Im kühlen windeshauch von salz und tang
Die süsse stimme hebend dass delfine
Die freunde des gesanges näher schwammen
Im meer voll goldner federn goldner funken.
So habe er seit urbeginn gelebt.
Gescheiterte nur hätten ihn erblickt.
Denn als zum erstenmal die weissen segel
Der menschen sich mit günstigem geleit
Dem eiland zugedreht sei er zum hügel
Die ganze teure stätte zu beschaun gestiegen.
Verbreitet habe er die grossen schwingen
Verscheidend in gedämpften schmerzeslauten.

Vertaal deur Bernard Odendaal
________________________________

Oor Stefan George:
https://af.wikipedia.org/wiki/Stefan_George

Oor die gedig (’n bespreking in Duits):

Stefan George: Poet’s Corner 15

’n Voordrag van die gedig:

____________________________________________________________________________________________________________

Op die spruit se rand
bloei, eerste aan die beurt,
die haselneut.
ʼn Voëltjie kweel
in die kil veld.
ʼn Skynsel streel
sag soos ʼn hand
verbleek, trek terug.
Braak is die veld
die boom steeds grou.
Dalk strooi die lente gou
sy bloeisels teen ons rug.

***

An baches ranft
die einzigen frühen
die hasel blühen.
Ein vogel pfeift
in kühler au.
Ein leuchten streift
erwärmt uns sanft
und zuckt und bleicht.
Das feld ist brach
der baum noch grau.
Blumen streut vielleicht
der lenz uns nach.

Vertaal deur Bernard Odendaal
________________________________

Oor die gedig (’n bespreking in Duits):
http://www.schandfleck.ch/textkritik/an_baches_ranft.html

____________________________________________________________________________________________________________

ONS WANDEL OP EN AF

Ons wandel op en af deur goudgeglinster
In die beukelaan tot byna by die hek
Sien deur die tralies in die veld daar gunter
Is die amandelboom van bloeisels wéér oortrek.

Ons soek ʼn bankie weg van skadubome
Waar vreemdes en hul stemme mens kom hinder
Sit met gevoude arms daar al dromend
Laat baai ons langsaam deur die son al milder

Ons voel hoe dank ons vul as saggies bruisend
Die boomtoppe ons asof doop met druppels son
Ons kyk omheen om af en toe te luister
Hoe vrugte swaarryp neerbons op die grond.

***

WIR SCHREITEN AUF UND AB

Wir schreiten auf und ab im reichen flitter
Des buchenganges beinah bis zum tore
Und sehen außen in dem feld vom gitter
Den mandelbaum zum zweitenmal im flore.

Wir suchen nach den schattenfreien bänken
Dort wo uns niemals fremde stimmen scheuchten
In träumen unsre arme sich verschränken
Wir laben uns am langen milden leuchten

Wir fühlen dankbar wie zu leisem brausen
Von wipfeln strahlenspuren auf uns tropfen
Und blicken nur und horchen wenn in pausen
Die reifen früchte an den boden klopfen.

Vertaal deur Bernard Odendaal
________________________________

Oor die gedig (’n bespreking in Duits):

Stefan Georges Gedicht „Wir schreiten auf und ab“

’n Voordrag van die gedig:

Opmerking:

’n Afrikaanse vertaalweergawe van dié gedig verskyn ook in: Pakendorf, Gunther. 1990. Woorde soos pluimsaad. Duitse gedigte uit agt eeue vertaal deur Gunther Pakendorf. Kaapstad en Johannesburg: Perskor-Uitgewers.

Terug na Honderd van die bestes: Vertalings van ’n keur uit 20ste-eeuse Duitse gedigte

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)
  • Anne-Marie Bartie. verskille

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Nog in my laaste woorde
  • Gedigkompetisie: Praat ’n slag (weer) met N.P. van Wyk Louw en/of sy grootwordwêreld!
  • Jeanne Henning Els. noodgeval
  • Jeanne Henning Els. wholeworld
  • Koos de Wet. Sakkies lug

Nuutste kommentaar

  1. Johann Lodewyk Marais on Johann Lodewyk Marais. Blesbok10 June 2026

    Dankie, Joan. As kind het ek dikwels gesien hoe van die boere om ons met blesbokke boer. Nou en dan…

  2. Piet van Rooyen on Piet van Rooyen. Variasie op Jan Blohm se “Jenny”6 June 2026

    Lyk my dis wat gebeur as 'n kabouter by Kunsmatige Intelligensie inklouter!

  3. Karin on C Fritze. Oorskot van die dag6 June 2026

    Ek verwonder my altyd aan hoe digters en skrywers se gedagtes ver paaie loop om sulke aangrypende gedigte en stories…

  4. Toekie on C Fritze. Oorskot van die dag3 June 2026

    So goed geskryf. Geniet altyd jou poësie. Sien uit na die volgende een.

  5. Joan Hambidge on Johann Lodewyk Marais. Blesbok2 June 2026

    Pragvers Johann. Maak 'n bundel hiervan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d