Ter viering van Afrikaans Amptelik 100 het proff. Bernard Odendaal en Robert Schall besluit om ’n honderdtal gedigte, wat gereken word as behorende tot die beste wat tydens die twintigste eeu in Duits geskep is, in Afrikaans te vertaal. Hierdie bloemlesing gedigte, getiteld Honderd van die bestes: Vertalings van ’n keur uit 20ste-eeuse Duitse gedigte, sal oor die volgende paar weke op Versindaba geplaas word met die eerste vier gedigte wat vandag, 8 Mei 2025, reeds verskyn. Die versameling sal voorts ook ’n permanente tuiste vind onder Gedigte —> Vertalings —> 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu.