onder die vergrootglas
in blokke en sirkels
lê vasgevangde oomblikke
dissekteertafel op doek
‘n vrou sigbaar vermom
een onbewus
die man verstom
druifrooi sap
wat verborge begeertes verklap
‘n halfnaakte bors sigbaar maak
ook ‘n hand wat uiteindelik heelbo aan die koussoom raak
die bottel in die bak van glas
verwronge
vertoon kleiner as wat dit was
©MC