’N LIEFDESLIED
Kom na my in die nag – ons slaap, heg in verstrengeling.
Baie moeg is ek, van wag vereensaamd.
ʼn Vreemde voël het douvoordag al luid gesing,
My droom was toe met my nog in ʼn worsteling.
Waar daar fonteine is, ontvou blomblaartjies,
Kleur hulleself in met jou oë: sewejaartjies …
Kom in die nag na my op stewels Sewesterre,
Kom na my tent, in liefdesdrag gehul.
Die maan rys stowwerig uit trommels in die swerk.
Ons wil soos twee rare diere tussen riete stil
Gaan rus in liefde anderkant die wêreld.
***
EIN LIEBESLIED
Komm zu mir in der Nacht – wir schlafen eng verschlungen.
Müde bin ich sehr, vom Wachen einsam.
Ein fremder Vogel hat in dunkler Frühe schon gesungen,
Als noch mein Traum mit sich und mir gerungen.
Es öffnen Blumen sich vor allen Quellen
Und färben sich mit deiner Augen Immortellen …
Komm zu mir in der Nacht auf Siebensternenschuhen
In Liebe eingehüllt spät in mein Zelt.
Es steigen Monde aus verstaubten Himmelstruhen.
Wir wollen wie zwei seltene Tiere liebesruhen
Im hohen Rohre hinter dieser Welt.
Vertaal deur Bernard Odendaal
________________________________
Oor Else Lasker-Schüler:
https://en.wikipedia.org/wiki/Else_Lasker-Schüler
Oor die gedig (’n bespreking in Duits):
’n Voordrag van die gedig:
____________________________________________________________________________________________________________
MY BLOU KLAVIER
Ek het by my in die huis ʼn blou klavier,
Maar ek weet skaars iets van note.
Verdonker, voor die kelderdeur, staan dit hier,
deur die brute wêreld verstote.
Eens bespeel deur sterrehande, vier
– Die Maanvrou singend in haar bootjie –
Kling-klang rotte nou op die klavier.
Aan stukke is die klaviatreur …
Ek rou oor die blou ou dode.
Maak, liewe engele, oop die deur
– Genoeg het ek van bitter brode –
As ek in lewe my ten hemel keer,
Al is dit ook verbode.
***
MEIN BLAUES KLAVIER
Ich habe zu Hause ein blaues Klavier
Und kenne doch keine Note.
Es steht im Dunkel der Kellertür,
Seitdem die Welt verrohte.
Es spielten Sternenhände vier
– Die Mondfrau sang im Boote –
Nun tanzen die Ratten im Geklirr.
Zerbrochen ist die Klaviatür …
Ich beweine die blaue Tote.
Ach liebe Engel öffnet mir
– Ich aß vom bitteren Brote –
Mir lebend schon die Himmelstür –
Auch wider dem Verbote.
Vertaal deur Bernard Odendaal
________________________________
Oor die gedig (’n bespreking in Duits):
Ruth Klüger: Zu Else Lasker-Schülers Gedicht „Mein blaues Klavier“
’n Voordrag van die gedig:
____________________________________________________________________________________________________________
’N LIED
Agter my oë staan die waters,
Ek moet dit alles uithuil.
Nog altyd wil ek opvlieg,
Saam met trekvoëls weg;
Bontadem met die winde
In die wye lug.
O, ek is so hartseer – – – –
Die gelaat in die maan weet dit.
Vandaar dat baie sorgfluweel
En dagende vroegoggend om my is.
Toe teen jou hart van klip
My vlerke aanhou breek,
Het die merels soos roukransrose
Hoog uit die bloubosse geval.
Al die ingehoue gekwetter
Wil weer aan ’t jubel gaan
En ek wil hier opvlieg
Met die trekvoëls weg.
***
EIN LIED
Hinter meinen Augen stehen Wasser,
Die muß ich alle weinen.
Immer möcht ich auffliegen,
Mit den Zugvögeln fort;
Buntatmen mit den Winden
In der großen Luft.
O ich bin so traurig – – – –
Das Gesicht im Mond weiß es.
Drum ist viel sammtne Andacht
Und nahender Frühmorgen um mich.
Als an deinem steinernen Herzen
Meine Flügel brachen,
Fielen die Amseln wie Trauerrosen
Hoch vom blauen Gebüsch.
Alles verhaltene Gezwitscher
Will wieder jubeln
Und ich möchte auffliegen
Mit den Zugvögeln fort.
Vertaal deur Bernard Odendaal
________________________________
Bron:
Urbanek, Walter. 1965. dichter des expressionismus. eine anthologie (Bayerische Verlagsanstalt, Bamberg und Wiesbaden. Oorspronklik gepubliseer in: Lasker-Schüler, Else. 1917. Die gesammelten Gedichte, Leipzig: Verlag der Weißen Bücher.)
Oor die gedig (’n bespreking in Duits):
Else Lasker-Schüler, „Ein Lied“ – wie man ein Gedicht „auf die Schnelle“ analysiert (Mat2463)
’n Voordrag van die gedig:
Terug na Honderd van die bestes: Vertalings van ’n keur uit 20ste-eeuse Duitse gedigte