Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 May 2025

Persverklaring: Groot poësieprys ter ere van Breyten Breytenbach

 

 

’n Poësieprys wat hulde bring aan een van Afrikaans se literêre ikone, Breyten Breytenbach, word voortaan jaarliks toegeken. Die nuwe Breyten Breytenbach-prys vir Afrikaanse digkuns beloop R200 000 – sonderlinge aansporing in ’n genre wat relatief min erkenning kry in die vorm van literêre pryse.

Die prys maak deel uit van die jaarlikse kykNET-Rapportpryse en word toegeken vir Afrikaanse digbundels wat in die voorafgaande kalenderjaar verskyn het.

Breyten Breytenbach se weduwee, Yolande, sê haar man sou diep geraak gewees het deur die prys, en om te weet dat dit die breër gemeenskap van Afrikaanse digters dien.

Sy voeg by: “In ’n tyd van beduidende kulturele en demografiese verandering vier hierdie inisiatief nie net individuele prestasie nie, maar versterk en inspireer dit ook die kreatiewe gees van Afrikaanse poësie. Ek is innig dankbaar dat sy naam met so ’n betekenisvolle gebaar geassosieer word – een wat die blywende betekenis van sy en ander se bydraes tot die taal en sy letterkunde bevestig.”

Die sameroeper van die kykNET-Rapportpryse, Hettie Scholtz, sê die noodsaak van hierdie prys kan nie genoeg beklemtoon word nie. “Dit moet vir elke digter in Afrikaans ’n riem onder die hart wees. Ek sien klaar hoe die genre gaan blom.”

Die eerste Breyten Breytenbach-prys word in September vanjaar saam met die ander kykNET-Rapportpryse in Kaapstad toegeken.

Vir meer inligting oor die Breyten Breytenbach-prys, kontak Hettie Scholtz by 084 583 0272 of scholtz5@mweb.co.za.

EINDE

 

PERSVERKLARING UITGEREIK DEUR
Anita van Zyl
anita@vanzylpr.co.za
083 709 6677

 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Philip de Vos
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Die dood as solesisme
  • Onderhoud met Marthé McLoud oor “Ontbloot”
  • 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (II)

Nuutste kommentaar

  1. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  2. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  3. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  4. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

  5. Charl-Pierre Naude on Charl-Pierre Naudé. Mymering28 May 2025

    Hierdie is 'n interessante kommentaar deur jou, Hans. Dankie. Ek kou nog daaraan ... Ek moet nog jou opstel waarna…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d