DIE ONMOONTLIKE FEIT
Palmström, aangestap in jare,
steek ʼn straat oor: daar word hy,
deur ʼn voertuig, as ‘t ware
platgery.
Maar hy staan weer op om ewe
vasbeslote voort te lewe
en gegrief te deklameer:
“Hóé kon so iets ooit gebeur?
Moet ons dalk die owerheid
oor die ongeluk verwyt?
Gee die pad- en ander reëls
aan bestuurders vrye teuels?
Of was dit nog nimmer wetlik
om ʼn mens on- of opsetlik
dood te ry nie, – kort en kragtig:
was die drywer ongemagtig –?”
Toegedraai in gaas en doeke
fynkam hy die padwetboeke,
rus nie voor hy antwoord kry nie:
Motors mog daar glad nie ry nie!
Daar is dus maar één verklaring:
Bloot ʼn droom was sy ervaring.
Want, lei hy skerpsinnig af,
niks kan wees nie wat nie mag.
***
DIE UNMÖGLICHE TATSACHE
Palmström, etwas schon an Jahren,
wird an einer Straßenbeuge
und von einem Kraftfahrzeuge
überfahren.
„Wie war“ (spricht er, sich erhebend
und entschlossen weiterlebend)
„möglich, wie dies Unglück, ja –:
daß es überhaupt geschah?
Ist die Staatskunst anzuklagen
in Bezug auf Kraftfahrwagen?
Gab die Polizeivorschrift
hier dem Fahrer freie Trift?
Oder war vielmehr verboten,
hier Lebendige zu Toten
umzuwandeln, – kurz und schlicht:
Durfte hier der Kutscher nicht –?“
Eingehüllt in feuchte Tücher,
prüft er die Gesetzesbücher
und ist alsobald im Klaren:
Wagen durften dort nicht fahren!
Und er kommt zu dem Ergebnis:
Nur ein Traum war das Erlebnis.
Weil, so schließt er messerscharf,
nicht sein kann, was nicht sein darf.
Vertaal deur Robert Schall
___________________________
Bron:
Morgenstern, Christian (1922). Palmström. Berlin: Verlag von Bruno Cassirer.
Oor die gedig (ʼn kort bespreking in Duits):
____________________________________________________________________________________________________________
ʼn Glimlag dwaal vervloë
deur ʼn luide saal,
om op een van die boë
van glansende opaal
sy lewe te laat vaar,
sy laaste skynsel flou
van bo gerig op haar
wat dit nog skaars onthou.
***
Ein Lächeln irrt verflogen
durch einen lauten Saal,
bis es auf einem Bogen
von schillerndem Opal
sein kleines Leben endet,
den letzten Blick noch matt
zu der herabgewendet,
die es verloren hat.
Vertaal deur Robert Schall
___________________________
____________________________________________________________________________________________________________
DIE
ESTETIESE
SJIMPANSEE
ʼn Sjimpansee
sit op ʼn kanapee
en lees die Odussee.
Weet jy
wel hoekom?
Die snoek kom
en verklap aan my
die geheim:
Dié uit-
geslape kornuit
doen dit om die rym.
***
DAS
ÄSTHETISCHE
WIESEL
Ein Wiesel
saß auf einem Kiesel
inmitten Bachgeriesel.
Wißt ihr
weshalb?
Das Mondkalb
verriet es mir
im Stillen:
Das raffinier-
te Tier
tat‘s um des Reimes willen.
Vertaal deur Robert Schall
___________________________
Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):
Opmerking:
Afrikaanse vertalings van dié gedig verskyn ook in:
Morgenstern, Christian (1997). Houtjies van die galg. ʼn Keur uit Galgenlieder vertaal deur Barend J Toerien. Kaapstad: Tafelberg.
Walters, M.M. (red.). 1990. Woorde soos pluimsaad. Duitse gedigte uit agt eeue vertaal deur Gunther Pakendorf. Kaapstad en Johannesburg: Perskor-Uitgewers.
____________________________________________________________________________________________________________
DIE HOENDER
In die stasiesaal, kwalik vir haar gebou,
loop ʼn hoender
heen en weer …
Wáár, waar is die stasiemeester, hè, meneer?
Moet ons liefs die hoender
uit die stasie boender?
Kom ons hoop van nié! En sê haar gou:
Sy het ál ons simpatie. En já,
selfs op hierdie plek waar sy net – “pla”!
***
DAS HUHN
In der Bahnhofshalle, nicht für es gebaut,
geht ein Huhn
hin und her …
Wo, wo ist der Herr Stationsvorsteh’r?
Wird dem Huhn
man nichts tun?
Hoffen wir es! Sagen wir es laut:
daß ihm unsre Sympathie gehört,
selbst an dieser Stätte, wo es — „stört“!
Vertaal deur Robert Schall
___________________________
Oor die gedig (ʼn kort bespreking in Duits):
Terug na Honderd van die bestes: Vertalings van ’n keur uit 20ste-eeuse Duitse gedigte
Dankie vir hierdie besielende vertalings.
“niks kan wees nie, wat nie mag (nie)”
Bogenoemde frase wat so treffend die Germaanse Gemüt saamvat.
Dankie Robert en Bernard vir die pragtige vertalings.
Dit herinner my aan die volgende Russsiese anekdote wat uit die Sowjetunie se tyd dateer:
This is Armenian Radio; our listeners asked us: “What is permitted and what is prohibited?”
We’re answering: “In England, what is permitted, is permitted, and what is prohibited, is prohibited.
In America everything is permitted except for what is prohibited.
In Germany everything is prohibited except for what is permitted.
In France everything is permitted, even what is prohibited.
In the USSR everything is prohibited, even what is permitted.