Bekers vol soetwyn
Mariëtte van Velden se Innie skylte vannie Jirre: Spreuke 21:17
Sondagsonlig kwyn.
Tenger kopdoekvrou
sonder naam
staan in die deurkosyn
geraam.
Haar hande wroeg en wring
oor die ding
wat onvrede bring.
Haar oë verwyt.
Te veel tyd.
Te min werk.
Die lande bly droog
soos die kerk se oog.
Blikbekers vol wyn.
Papsak breek die pyn.
Wie breek die brood
in háár honger huis?
© Andrea Sieberhagen, 2025