From where I stand
Michéle Nigrini
van hier waar ek staan
lyk daai blom darem baie erg rooi
selfversekerd en bloeddonkermooi
groter en groter spiraal dit uit die grys
skulp kroonblare vlesig oop
om klein venynige stampers beter te wys
sodat verslae groen langbeen gevlerktes
hinkepink wegloop
die wit ewigheid in
platgeslaan en sonder hoop
© Solet Scheeres, 2025
https://michelenigrini.co.za/portfolio-2/2022-2/#jp-carousel-1730
