Moenie vra wat het ek al die tyd gemaak nie.
Ek bly stom;
en swyg oor die waarom.
En stilte heers omdat die aarde gekraak het.
Geen woord was raak nie;
ʼn mens praat net vanuit jou slaap,
droom van ʼn son wat lag.
Dit gaan verby; en skaars ʼn dag
dan maak dit nie meer saak nie.
Die woord het ontslaap toe daardie wêreld ontwaak het.
***
Man frage nicht, was all die Zeit ich machte.
Ich bleibe stumm;
und sage nicht, warum.
Und Stille gibt es, da die Erde krachte.
Kein Wort, das traf;
man spricht nur aus dem Schlaf.
Und träumt von einer Sonne, welche lachte.
Es geht vorbei;
nachher war’s einerlei.
Das Wort entschlief, als jene Welt erwachte.
Vertaal deur Robert Schall
___________________________
Oor Karl Kraus:
https://en.wikipedia.org/wiki/Karl_Kraus_(writer)
Oor die gedig (twee besprekings in Duits):
https://www.planetlyrik.de/michael-krueger-zu-karl-kraus-gedicht-man-frage-nicht/2022/01/
____________________________________________________________________________________________________________
DROOM VAN VLIEG
Ek het weer gedroom ek het gevlieg,
en dié keer was dit tog waar, as ’t ware,
want so lig soos lug het ek gewieg,
met die hande gevleg agter my rug,
langs die dapperste boog trek ek deur die lug,
hóóg oor die erg gewigtige skare,
en geen illusie het my bedrieg
nie, gevlieg het die ure, die dae, die jare.
Ek maak, nog deurdrenk van vlieënde hoop,
met ʼn moeë lyf my oë oop.
Op die grond is lewe; en, belieg,
deur die ylste bedrogspul ingeloop,
uit die hemele aarde toe gevlieg,
lê ék en die leuens daar op ʼn hoop.
En nogtans het ek die droom steeds lief,
so word dit tog ligter, die lewensloop.
***
TRAUM VOM FLIEGEN
Und wieder mir träumte, ich wäre geflogen,
und dieses mal war es doch sicherlich wahr,
denn ich hatte so leicht wie die Luft ja gewogen
und hatte die Knie an den Körper gezogen,
und es ging wie im Flug, im beherztesten Bogen
hoch über der schwergewichtigen Schar,
es war keine Täuschung, ich war nicht betrogen,
es flogen die Stunden, die Tage, das Jahr.
Mit fliegenden Hoffnungen vollgesogen,
so wach’ ich mit müderen Gliedern auf.
Zu Lande ist Leben; und angelogen,
vom leichtesten Trug an der Nase gezogen,
aus allen Himmeln zur Erde geflogen,
da lieg’ ich, da liegen die Lügen zuhauf.
Und trotzdem bleib’ ich dem Traume gewogen,
so läuft er sich leichter, der Lebenslauf.
Vertaal deur Robert Schall
___________________________
Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):
Hans Christian Kosler: Zu Karl Kraus’ Gedicht „Traum vom Fliegen“
Terug na Honderd van die bestes: Vertalings van ’n keur uit 20ste-eeuse Duitse gedigte