Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 May 202512 May 2025

100 Duitse Bestes: Karl Kraus (1874-1936)

Moenie vra wat het ek al die tyd gemaak nie.
Ek bly stom;
en swyg oor die waarom.
En stilte heers omdat die aarde gekraak het.
Geen woord was raak nie;
ʼn mens praat net vanuit jou slaap,
droom van ʼn son wat lag.
Dit gaan verby; en skaars ʼn dag
dan maak dit nie meer saak nie.
Die woord het ontslaap toe daardie wêreld ontwaak het.

***

Man frage nicht, was all die Zeit ich machte.
Ich bleibe stumm;
und sage nicht, warum.
Und Stille gibt es, da die Erde krachte.
Kein Wort, das traf;
man spricht nur aus dem Schlaf.
Und träumt von einer Sonne, welche lachte.
Es geht vorbei;
nachher war’s einerlei.
Das Wort entschlief, als jene Welt erwachte.

Vertaal deur Robert Schall
___________________________

Oor Karl Kraus:
https://en.wikipedia.org/wiki/Karl_Kraus_(writer)

Oor die gedig (twee besprekings in Duits):

https://www.planetlyrik.de/michael-krueger-zu-karl-kraus-gedicht-man-frage-nicht/2022/01/

https://www.planetlyrik.de/lyrikkalender/karl-kraus-gedicht-man-frage-nicht-was-all-die-zeit-ich-machte/

____________________________________________________________________________________________________________

DROOM VAN VLIEG

Ek het weer gedroom ek het gevlieg,
en dié keer was dit tog waar, as ’t ware,
want so lig soos lug het ek gewieg,
met die hande gevleg agter my rug,
langs die dapperste boog trek ek deur die lug,
hóóg oor die erg gewigtige skare,
en geen illusie het my bedrieg
nie, gevlieg het die ure, die dae, die jare.

Ek maak, nog deurdrenk van vlieënde hoop,
met ʼn moeë lyf my oë oop.
Op die grond is lewe; en, belieg,
deur die ylste bedrogspul ingeloop,
uit die hemele aarde toe gevlieg,
lê ék en die leuens daar op ʼn hoop.
En nogtans het ek die droom steeds lief,
so word dit tog ligter, die lewensloop.

***

TRAUM VOM FLIEGEN

Und wieder mir träumte, ich wäre geflogen,
und dieses mal war es doch sicherlich wahr,
denn ich hatte so leicht wie die Luft ja gewogen
und hatte die Knie an den Körper gezogen,
und es ging wie im Flug, im beherztesten Bogen
hoch über der schwergewichtigen Schar,
es war keine Täuschung, ich war nicht betrogen,
es flogen die Stunden, die Tage, das Jahr.

Mit fliegenden Hoffnungen vollgesogen,
so wach’ ich mit müderen Gliedern auf.
Zu Lande ist Leben; und angelogen,
vom leichtesten Trug an der Nase gezogen,
aus allen Himmeln zur Erde geflogen,
da lieg’ ich, da liegen die Lügen zuhauf.
Und trotzdem bleib’ ich dem Traume gewogen,
so läuft er sich leichter, der Lebenslauf.

Vertaal deur Robert Schall
___________________________

Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):

Hans Christian Kosler: Zu Karl Kraus’ Gedicht „Traum vom Fliegen“

Terug na Honderd van die bestes: Vertalings van ’n keur uit 20ste-eeuse Duitse gedigte

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d