Johann de Lange (1959 – 2025) is in Pretoria gebore.
Hy debuteer in 1982 met die digbundel Akwarelle van die dors waarvoor hy in 1983 die Ingrid Jonker-prys ontvang. Daarop volg Waterwoestyn (1984), Snel grys fantoom (1986) en Wordende naak (1988) waarvoor hy die Rapportprys vir Poësie ontvang. Daarna volg nog verskeie bundels. In 2020 verskyn sy vyftiende bundel genaamd Duimnaelsketse.
In 1997 stel hy Soort soek soort saam, ’n bundel gay kortverhale uit die laaste honderd jaar, en saam met Antjie Krog in 1998 ’n bloemlesing erotiese poësie, getiteld Die dye trek die dye aan. De Lange ontvang die Pankratorprys in ’n internasionale poësiekompetisie van UNESCO vir sy gedig “Skerpskutter” en ’n Avanti-toekenning vir sy draaiboek oor die lewe van Ingrid Jonker (“Verdrinkte hande”). Sy vertalings van Afrikaanse gedigte verskyn in verskeie publikasies, onder meer in The heart in exile: South African poetry in English 1990–1995 (1996) en The lava of this land: South African Poetry 1960–1996 (1997). Vertalings van Wilma Stockenström se gedigte verskyn in 2007 as The wisdom of water.
Lees gerus ’n meer indiepte biografie oor die digter op Litnet:
https://www.litnet.co.za/johann-de-lange-1959-2/
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.]