Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 June 20254 June 2025

Joan Hambidge. Sarah Uheida en die fragmentasie van die self

 

I

The universe (which others call

the library)…

 

Jorge Luis Borges

 

 

Só word hierdie bundel bemark:

 

 

The cover image is inspired by the Nymphaeum from the ruins in Sabratha, Libya, and is deeply reflective of a collection of poems that navigates the landscape of the war-torn North Africa Uheida was forced to flee as a child, and the place she currently finds herself. It is a mythical, yet deeply personal examination of longing and belonging, estrangement, loss and the influence of family and language, presented through immersive portraits and the lens of a vividly fractured landscape.

Sarah Uheida se Not this tender word deur die Dryad Press gepubliseer. Met die Nymphaeum op die voorblad. Die landskap van oorlog en vlug uit Noord-Afrika vanuit die perspektief van ‘n vrou.

As kind moes sy vlug en nou kyk sy terug na haar komvandaan en herkoms; na familie-verbintenisse en daardie ruimte waaruit sy geruk is. Op 17 Mei 2011 is die digter 13 jaar oud toe hulle weg is uit Libië. Boonop kon sy nie Engels praat of skryf nie.

Hierdie gedigte is dan sogenaamde exile poetry, maar terselfdertyd lewer dit komplekse kommentaar vanuit ‘n vroue perspektief op die skryfproses en identiteit.

Hierdie is ‘n gedig wat hierdie leser geken het voor die lees van die bundel:

 

Entering a Room

The poem: deceptive,
we are not the children of tomorrow
so do not break my jaw with spring and summer/ with ponds and pearls/
I saw you sitting in a puddle of survivor’s guilt and walked right past/ I’ve got my own rivers
to drink dry, baby/ all I wanted was shelter for the night/ hold me cowardly that I may
wake and walk/ my bed was set on fire eight years ago/ and now/ touch me where there
is already blood/ touch me like burn and bandage/ Look what I’ve done with the room
honey/
I have charred the walls/ Smoked your perfume outta the pillows/ oh and honey/
I won’t be able to make the dinner date/
or the breakfast in bed/ cannot get back/ got
caught in the storm/ or in the openfire/ got caught stealing bread/ or breaking my
affection against your teeth/ got caught whispering to the enemy/ got caught in the
bombs of 2011/ a boy’s body lit like an unlit match/ another woman, bodiless/
there is this saying in Libyan/ how does it go, oh god/
I am trying to detangle memory from trauma/ trying to open backdoors to my childhood/ so as
to not have the alarms impale me/
entering a room is not the same as exiting it
/that’s how it went/
entering a room is not the same as exiting it/ and you have been entering and entering
/so sinless/
honey look at the mess I’ve made/ I dropped the paper knife/ admired the papercut/ but the
wound was unimpressive/ the blood just won’t gush goddamn it/ it gapes for a long time,
though/ so that is something in this nothingness of surviving/ you hide the strappings from
me/ lasso the fishing net/ I think of the Mediterranean and its hungers/ lapping at my
mouth/ I think of the Roman ruins on which mama built us a house/ and now
/ruined ruins/
and now/ revelations like the Nile/ but love is betraying the night/ love is waking up/ too
gentle/ give me your mouth/ like a hook/ pass my panties/ I needa go home and air out
the smokeroom/ because entering a room was never the same as exiting it/ and I have
been exiting and exiting/
so sinless

 

https://www.theshorepoetry.org/sarah-uheida-entering-a-room  Besoek 19 Mei 2025

 

II

Die slotvers verskaf ‘n belangrike sleutel vir die oopmaak van die bundel.

”Overstay Appeal” (56) handel oor die dokumentasie wat verlang word in ‘n aansoek of appèl tot so ‘n aansoek.

I wanted to be many things,

but not this tender.

Die ambivalensie van die status as ‘n vreemdeling (wil hier wees / wil nie hier wees nie) aktiveer Hélène Cixous se Sorties (Exits).

Die afdeling begin: “Waar is sy?”

 

Aktiwiteit/passiwiteit

 

Son/Maan

 

Kultuur/Natuur

 

Dag/Nag

 

Vader/Moeder

 

Rede/Hart

 

Rasioneel/Sensitief

 

Logos/Pathos

 

Vorm, konveks, stap, vorentoe, saad, vooruitgang.

Stof, konkaaf, grondbeginsel – wat die stap ondersteun, die houer.

Man

=

Vrou

 

Cixous is gebore in Algerië (Oran) in 1937. Sy word in Frankryk ‘n gesiene teoretikus en was ‘n tydgenoot van Jacques Derrida. Oran was indertyd deel van Frans-Algerië en Cixous se eerste taal is Duits. Sy het eweneens ‘n belangrike teks oor James Joyce geskryf.

Sowel Uheida as Cixous skryf vanuit ‘n komplekse kulturele gemeenskap, verlaat die land van herkoms en vestig hulle in ‘n nuwe land met ‘n vreemde taal (en kultuur). Derrida gebruik die term nostalgeria om sy gevoelens oor sy vaderland te beskryf. ‘n Nostalgiese verlange na ‘n komplekse geboorteplek.

Oran en Tripoli. Parys teenoor Stellenbosch.

III

Die landstreek van Ghadaffi:

 

 

 

Die komplekse arena van verlange (terug) en die vestiging (nou) navigeer hierdie gedigte.

Ontheemding met die digkuns as ‘n ruimte waar alles saamgesnoer word. ‘n Tydelike ruspunt, dus.

17 Mei 2011 is die dag waarop die familie daardie land verlaat het. Sy was 13 jaar oud en kon nie Engels praat nie. En wat ‘n ongelooflike prestasie is hierdie bundel juis dan nie.

Mahmoud Darwiesj se In the Presence of Absence (archipelago books, 1967) word as ‘n ander rigtingwyser gegee: “The poetry of exile is not what exile says to you, but what you say to it, one rival to another” (63).

‘n Mens sou ook die bundel as trauma-letterkunde kon benader. Reeds die motto met ‘n Libiese spreuk aktiveer dit: “In the house of someone who has been hanged, do not speak of rope”.

In die eerste afdeling The First Night staan die gedig “A Wound Cauterised in Light” (10).

Om ‘n wond te kauteriseer word met ‘n koue of warm instrument gedoen. Of dit kan ‘n chemiese proses wees om ‘n tumor af te brand of om ‘n bloedvat af te sluit.

In hierdie gedig kyk sy vreesloos na haar pyn:

And then last night

needing to lose something,

how I unstichted it all,

on the dirty dinner table,

the hold of all bandages,

the itch of grief;

and all that I’d withheld

I hurled at you, all the hurt I could

or hoped to find,

and how for a second

everything held.

 

Met die slot waar sy bely: dit is jou gedig (“thread and needle”). Neem wat jy behoef en gaan wanneer jy moet …

In hierdie gedig word die psigiese pyn as ‘n fisiese prosedure voorgestel.

En daardie jy word ook die leser van hierdie bundel wat die verskillende stukke moet bymekaar sit.

Die digter gebruik byvoorbeeld die beeld van die cantaloup in die gedig “If Waiting is a Bargain You Make with the Gone”(51). ‘n Gedig oor Mediterreense melancholie en oënskynlik ‘n vader wat kinders red uit die see.

…

charcoaled and moonlit

the cantaloup starred open,

sweetness soaking sleeves.

 

Maar die beeld van die canteloup (spanspek) is baie vernuftig, omdat dit ‘n vrug is wat oorspronklik uit Suid-Asië gekom het en na Afrika “gereis” het. Van Egipte na Iran. So word die hele kwessie van die nomaad helder verbeeld.

Cantaloupe – Wikipedia Besoek 27 Mei 2025

“A Fig for Every Absence” (50) waar die vy ‘n beeld word van die verlange huis toe.

Een van die sterkste gedigte is die openingsvers “Ribs of Satin, Mouth of Dusk”  (3 – 5) waar die verskillende temas saamgesnoer word en die mitologiese onderbou van die bundel oopgemaak word soos Persefone, Berber mites, Allah en die verhouding met die vader.

In V:

 

The injustice of pen on paper,

the imperfect poetics of English on my tongue:

I never saw a wild thing sorry for itself.

 

Gesuspendeer tussen twee lande en twee kulture skryf sy oor hierdie proses van versaking.

“Her Word Against Early Morning Light” beskryf die ervaring van stilte en die besef dat hierdie ellende implikasies inhou wanneer daaroor gepraat word.

Hierdie digter begryp die grammatika van absence.

En die problematiese verhouding met pyn.

Daardie uitgange waarvan Cixous praat.

 

IV

Hier lees sy haar gedigte:

https://www.youtube.com/watch?v=h38jz29K9pg  Besoek 27 Mei 2025

 

 

 

Joan Hambidge

Kaapstad

27 Mei 2025

 

Bronne:

 

Cixous, Hélène. 1989. “Castration or Decapitation?” in Robert Con Davis & Ronald Schleifer(redd.) Contemporary Literary Criticism – Literary and Cultural Studies. New York: Longman.

 

Sorties. 1988. opgeneem in David Lodge (red.) Modern Criticism and Theory – A Reader. New York: Longman.

 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Joan Hambidge. Eybers
Joan Hambidge gesels met Wium van Zyl oor “Poëme” →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Jacques Boshoff. Ontoereikend
  • Sharon Goliath. Here Hoe Groot Is U
  • Ruan Fourie. kindness is modern magic
  • Cobus Kruger. Deepfakes

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Rust-mijn-ziel: Digters gedenk Aucamp
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d