Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 June 202525 June 2025

Hennie Nortjé. Shaka

 

Shaka

 

Op soek na ‘n beeld van Shaka,

vind ek telkens net hierdie skets:

die gevreesde vegter

as ruwe Afrikaan

deur ‘n veraf pen verbeel,

so ewe flambojant

teen ‘n afdraand

gemaakstaan.

 

Sy reuse Nguni-skild

bol soos die boegseil

van ‘n skip

en in die verte troon

reeds kruine wit.

 

Die bokvelklere

soos ‘n verslane stam

gehawend uitgerafel.

En die gompouveer

so swierig in die swart

kopband gemonteer:

die gespierde woestaard

se verhewe status

so makaber hier verbeel.

 

Maar soveel trots.

Daardie barshou-blik.

Oë die ene vuur,

dit kon geen kwas

ooit ontglip;

immer waaksaam,

of is dit haat:

die impi-koning

wat eerder anderkant

toe staar?

 

Westerling, jy die skertsende

sketser van wie weet waar:

verbeel jou Sy Hoogheid

begluur jou karikatuur

en lewer kommentaar:

 

Op so ‘n prent sal ek

in afsku spoeg!

En daai gooi-assegaai

in my regtervuis gedruk:

wat vir ‘n ding is dit?

Want net lafaards maak

op ‘n afstand dood

en ék, die magtige vegterkoning,

kort verdomp g’n stut!

 

Maar as my bulhorings

óm julle linies krul,

raak man teen man

tot die laaste asem slaags.

Tot elke knie voor

voor my skild se stamp

sal knak.

Ja, hoor die stormwind

deur alle krale druis:

Iklwa! Iklwa! Iklwa!

blits die lemme

van my steekspiese

tussen duisende ribbes

in en uit.

 

***

 

Verradelike broers,

hier lê ek leeggebloei.

Deurboor deur

‘n lem uit my eie kraal.

Maar wees verseker,

ná my sal slegs

die swaeltjies heers.

En die prentjiemakers

en pryssangers

uit die veroweraars se laers,

wat sou dié gepeupel

ooit kon weet

van ‘n koning

se moederlief

en leed.

 

© Hennie Nortjé, 2025

 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Hennie Nortjé. Die klompvoetduif
Hennie Nortjé. Blaam →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d