Tom Dreyer is ’n skrywer asook die direkteur van ’n IT-maatskappy in Stellenbosch. Hy het ’n Honneursgraad in Engels van die Universiteit Stellenbosch en ’n MA in Skeppende Skryfwerk van die Universiteit van Kaapstad.
Sy romans sluit in Erdvarkfontein, Stinkafrikaners, Equatoria, The Long Wave en Dorado. Sy mees onlangse prosawerk, Kodachrome, het in 2022 verskyn. Stinkafrikaners is met die Eugene Marais-prys bekroon, en sy ander werk is onder meer gekortlys vir die M-Net prys, die Universiteit van Johannesburg Prys, die KykNet Rapport filmprys, Screencraft se International Cinematic Novel Competition en die Sunday Times Literary Award.
Van sy gedigte is opgeneem in Nuwe Stemme, Gerrit Komrij se bloemlesing Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte, Maskers en Mure en Die Skerpgevylde Oomblik. Hy was in 2019 die wenner van die Afrikaanse afdeling van AVBOB se nasionale poësiekompetisie. Sy debuutbundel, Nou in infrarooi, verskyn in Mei 2023 by Kwêla.
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.]
Dankie, Karen! Jou verduideliking maak sin. xx
Hallo Charl-Pierre, inskrywings vir die UJ-debuutprys vir Afrikaans word net aanvaar vir die eerste genre waarin ‘n skrywer debuteer, dus nie tweede of derde debute nie. Dreyer se bundel was ingeskryf en op die kortlys vir die UJ-prys vir Afrikaans, nie die UJ-debuutprys vir Afrikaans nie.
So ver ek weet, is Dreyer vir die UJ-Prys gekortlys in ‘n jaar waarin die debuutprys sonder publieke verduideliking nie toegeken is nie. Die vraag ontstaan: Hoe kon die UJ-Debuutprys nie toegeken geword het nie in ‘n jaar waarin Afrikaans een van sy beste – en verrassendste – debute in die digkuns belewe het? Wonder maar net. Die UJ is ‘n prys waarvoor ek groot respek het, in albei sy afdelings. Mag dit lank lewe. Dalk het dit gewoon met die beskikbare fondse van daardie jaar te doen?