MAN EN VROU STAP DEUR DIE KANKERBARAK
Die man:
Dié ry hier is vervalle skote
en dié ry is vervalle bors.
Bed stink langs bed. Die susters wissel uurliks af.
Kom, lig gerus maar die kombers hier op.
Kyk, hierdie hompe vet en vrotwordvog,
iets wat vir een of ander man eens groots was,
ʼn bron van sinneroes, ʼn heimat.
Kom, kyk na hierdie wondmerk op die bors.
Voel jy die rosekrans van sagte steke?
Raak maar daaraan. Die vlees is sag en pyn nie meer nie.
Dié ene bloei asof dit kom van dertig lywe.
Gʼn mens het soveel bloed nie.
Van hierdie een is daar
eers nog ʼn baba uit die kankerskoot gesny.
’n Mens laat hulle slaap. Dag en nag. – Aan nuwes
sê jy: hier slaap jy jou gesond. – Net Sondae
besoektyd hou mens hulle ietwat wakkerder.
Min voedsel word nog ingeneem. Vol sere
is die rûe. Jy sien die vlieë. Somtyds
was die suster hulle. Soos mens banke was.
Hier swel ʼn bedding reeds om elke bed.
Vlees word gelyk met grond. Die gloed doof uit,
vog maak gereed om weg te syfer. Aarde roep.
***
MANN UND FRAU GEHEN DURCH DIE KREBSBARACKE
Der Mann:
Hier diese Reihe sind zerfallene Schöße,
und diese Reihe ist zerfallene Brust.
Bett stinkt bei Bett. Die Schwestern wechseln stündlich.
Komm, hebe ruhig diese Decke auf.
Sieh, dieser Klumpen Fett und faule Säfte,
das war einst irgendeinem Mann groß
und hieß auch Rausch und Heimat.
Komm, sieh auf diese Narbe an der Brust.
Fühlst du den Rosenkranz von weichen Knoten?
Fühl ruhig hin. Das Fleisch ist weich und schmerzt nicht.
Hier diese blutet wie aus dreißig Leibern.
Kein Mensch hat so viel Blut.
Hier dieser schnitt man
erst noch ein Kind aus dem verkrebsten Schoß.
Man läßt sie schlafen. Tag und Nacht. – Den Neuen
sagt man: hier schläft man sich gesund. – Nur sonntags
für den Besuch läßt man sie etwas wacher.
Nahrung wird wenig noch verzehrt. Die Rücken
sind wund. Du siehst die Fliegen. Manchmal
wäscht sie die Schwester. Wie man Bänke wäscht.
Hier schwillt der Acker schon um jedes Bett.
Fleisch ebnet sich zu Land. Glut gibt sich fort,
Saft schickt sich an zu rinnen. Erde ruft.
Vertaal deur Bernard Odendaal
________________________________
Oor Gottfried Benn:
https://en.wikipedia.org/wiki/Gottfried_Benn
Oor die gedig (’n bespreking in Duits):
Peter Rühmkorf: Zu Gottfried Benns Gedicht „Mann und Frau gehen durch die Krebsbaracke“
’n Voordrag van die gedig:
____________________________________________________________________________________________________________
LAASTE LENTE
Lyf in by jou die goueklokkiesstruik
en meng die seringbloeisels met jou bloed,
met jou geluk en jou rampsaligheid,
met daardie donker grond waarop jy voed.
Tydsame dae. Baasgeraak is als.
En vra jy nie na einde of begin nie,
karwei die ure jou perdalks
saam met die rose tot in Junie.
***
LETZTER FRÜHLING
Nimm die Forsythien tief in dich hinein
und wenn der Flieder kommt, vermisch auch diesen
mit deinem Blut und Glück und Elendsein,
dem dunklen Grund, auf den du angewiesen.
Langsame Tage. Alles überwunden.
Und fragst du nicht, ob Ende, ob Beginn,
dann tragen dich vielleicht die Stunden
noch bis zum Juni mit den Rosen hin.
Vertaal deur Bernard Odendaal
________________________________
Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):
https://www.planetlyrik.de/walter-busse-zu-gottfried-benns-gedicht-letzter-fruhling/2013/08/
’n Voordrag van die gedig:
Opmerking:
ʼn Ander Afrikaanse vertaling van dié gedig is hier beskikbaar:
Walters, M.M. (red.). 1990. Woorde soos pluimsaad. Duitse gedigte uit agt eeue vertaal deur Gunther Pakendorf. Kaapstad en Johannesburg: Perskor-Uitgewers.
____________________________________________________________________________________________________________
KOMAAN –
Komaan, ons pleeg oorleg,
wie praat, besweer die dood,
die vlammetonge lek
reeds gretig aan ons nood.
Komaan, ons sê: die bloues,
kom, sê: vir rooi die woord,
ons luister, hoor, aanskou,
wie praat, besweer die dood.
In jou woestyn, verwees
en vol Saharavrees –
vereensaamd, ononthou,
gesprekloos, sonder vrou
en byna op die rotse,
jy ken jou power boot –
komaan, maak oop die lippe,
wie praat, besweer die dood.
***
KOMMT –
Kommt, reden wir zusammen,
wer redet, ist nicht tot,
es züngeln doch die Flammen
schon sehr um unsere Not.
Kommt, sagen wir: die Blauen,
kommt, sagen wir: das Rot,
wir hören, lauschen, schauen,
wer redet, ist nicht tot.
Allein in deiner Wüste,
in deinem Gobigraun –
du einsamst, keine Büste,
kein Zwiespruch, keine Fraun,
und schon so nah den Klippen,
du kennst dein schwaches Boot –
kommt, öffnet doch die Lippen,
wer redet, ist nicht tot.
Vertaal deur Bernard Odendaal
________________________________
Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):
’n Voorlesing van die gedig (met Benn self as leser):
____________________________________________________________________________________________________________
EENSAMER NOOIT –
Eensamer nooit nie as Augustus:
tyd van vervulling – op die lande
is daar die rooi en goud van brande,
maar waar vind jy jou tuin van luste?
Die mere helder, hemel sag,
die plase, netjies, teer aan ’t glimmer,
maar waar’s bewyse van oorwinnings
en dat die ryk waarvoor jy staan jou ag?
Waar alles deur geluk bewys moet wees,
deur oë-vir-mekaar en ruil van ringe
by wyngeur, deur verrukte sinne – :
dien jy die tééngeluk, die gees.
***
EINSAMER NIE –
Einsamer nie als im August:
Erfüllungsstunde – im Gelände
die roten und die goldenen Brände,
doch wo ist deiner Gärten Lust?
Die Seen hell, die Himmel weich,
die Äcker rein und glänzen leise,
doch wo sind Sieg und Siegsbeweise
aus dem von dir vertretenen Reich?
Wo alles sich durch Glück beweist
und tauscht den Blick und tauscht die Ringe
im Weingeruch, im Rausch der Dinge – :
dienst du dem Gegenglück, dem Geist.
Vertaal deur Bernard Odendaal
________________________________
Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):
Eckart Kleßmann: Zu Gottfried Benns Gedicht „Einsamer nie −“
’n Voordrag van die gedig (deur Benn self):
Terug na Honderd van die bestes: Vertalings van ’n keur uit 20ste-eeuse Duitse gedigte
Geweldig dichter, Benn. Toen ik hem leerde kennen werd ik door het lezen van zijn gedichten zelf ook dichter.
Gerard, die vertaling van die gedigte was ‘n herkennismaking soos min.
Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad.
Ek lees tans Brecht sing Afrikaans (saamgestel deur Arnold Blumer in 1989) en dit is opwindend om te sien hoe verskillende vertalers werk. Met Blumer en Hennie Aucamp se werk die hoogtepunte.
My rubriek verskyn binnekort.
Baie dankie, Joan!
Skitterende digter! Puik vertaal.