NET TWEE DINGE
Deur soveel vorme gegaan,
deur Ek en Ons en Jy,
maar als is ondergaan
met die ewige vraag “waarvoor?” daarby.
Dis die soort ding wat kinders vra.
Eers later besef jy goed
daar’s net een uitweg: verdra
– hetsy lot, of kwaal, of raat –
jou voorbestemdheid: Jy moet.
Hetsy rose, sneeu, of seë,
als wat tot bloei kom, gaan verwelk,
vas staan net twee dinge: die leegte
en die gebrandmerkte Ek.
***
NUR ZWEI DINGE
Durch so viel Formen geschritten,
durch Ich und Wir und Du,
doch alles blieb erlitten
durch die ewige Frage: wozu?
Das ist eine Kinderfrage.
Dir wurde erst spät bewußt,
es gibt nur eines: ertrage
– ob Sinn, ob Sucht, ob Sage –
dein fernbestimmtes: Du mußt.
Ob Rosen, ob Schnee, ob Meere,
was alles erblühte, verblich,
es gibt nur zwei Dinge: die Leere
und das gezeichnete Ich.
Vertaal deur Bernard Odendaal
________________________________
Oor die gedig (’n bespreking in Duits):
’n Voordrag van die gedig:
____________________________________________________________________________________________________________
MENSE RAAKGELOOP
Ek het mense raakgeloop wat,
as ʼn mens hulle hul naam vra,
skugter – asof hulle glad nie aanspraak daarop kan maak
om ook nog ʼn noemnaam te hê nie –
“juffrou Christiaan” antwoord en daarop:
“nes die voornaam”, hulle wou vir jou die verstaan makliker maak,
geen ingewikkelde naam soos “Sintelaar” of “Daarenboven” nie –
“nes die voornaam” – asseblief, belas nie u onthouvermoë daarmee nie!
Ek het mense raakgeloop wat
met ouers en vier sibbes in ʼn enkele vertrek
grootgeword het, snags, vingers in die ore,
langs die kookstoof moes sit en leer,
floreer het, mooi van aansien en ladylike geword soos gravinne –
en, innerlik sag en vlytig soos Nausikaä,
die rein voorhoof van engele gedra het.
Ek het my dikwels afgevra, en geen antwoord gevind nie,
vanwaar die sagtheid en die goedheid kom,
weet dit tot vandag toe nie en moet weer loop.
***
MENSCHEN GETROFFEN
Ich habe Menschen getroffen, die,
wenn man sie nach ihrem Namen fragte,
schüchtern – als ob sie gar nicht beanspruchen könnten,
auch noch eine Benennung zu haben –
«Fräulein Christian», antwortete und dann:
«wie der Vorname», sie wollten einem die Erfassung erleichtern,
kein schwieriger Name wie «Popiol» oder «Babendererde» –
«wie der Vorname» – bitte, belasten Sie Ihr Erinnerungsvermögen nicht!
Ich habe Menschen getroffen, die
mit Eltern und vier Geschwistern in einer Stube
aufwuchsen, nachts, die Finger in den Ohren,
am Küchenherde lernten,
hochkamen, äußerlich schön und ladylike wie Gräfinnen –
und innerlich sanft und fleißig wie Nausikaa,
die reine Stirn der Engel trugen.
Ich habe mich oft gefragt und keine Antwort gefunden,
woher das Sanfte und das Gute kommt,
weiß es auch heute nicht und muß nun gehen.
Vertaal deur Bernard Odendaal
________________________________
Bron:
Reiners, Ludwig. 2005 (Jubileumuitgawe). Der ewige Brunnen. Ein Hausbuch deutscher Dichtung. München: Verlag C.H. Beck oHG. Oorspronklik gepubliseer in: Benn, Gottfried. 1955. Aprèslude. Gedichte 1955. Wiesbaden: Limes-Verlag.
Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):
Günter Blöcker: Zu Gottfried Benns Gedicht „Menschen getroffen“
’n Voordrag van die gedig:
Opmerking:
ʼn Vroeër Afrikaanse vertaalpoging deur Bernard Odendaal is hier te lees:
____________________________________________________________________________________________________________
REIS
Reken jy Zürich, byvoorbeeld,
het die soort diepte as stad
dat dit wonders en seënings
onuitputlik bevat?
Reken jy in Havana,
wit en hibiskusrooi,
lê daar ewige manna
vir jou woestyntog gestrooi?
Bahnhofstrassen en rue’s,
boulevards, lido’s, alleë –
selfs op die Fifth Avenue’s
kom jy die leegheid teë –
ag, vergeefs die gery!
Láát eers, dat jy jou ontdek:
stil en behoedsaam bly by
die jou omgrensende Ek.
***
REISEN
Meinen Sie Zürich zum Beispiel
sei eine tiefere Stadt,
wo man Wunder und Weihen
immer als Inhalt hat?
Meinen Sie, aus Habana,
weiß und hibiskusrot,
bräche ein ewiges Manna
für Ihre Wüstennot?
Bahnhofstraßen und Rueen,
Boulevards, Lidos, Laan –
selbst auf den Fifth Avenueen
fällt Sie die Leere an –
ach, vergeblich das Fahren!
Spät erst erfahren Sie sich:
bleiben und stille bewahren
das sich umgrenzende Ich.
Vertaal deur Bernard Odendaal
________________________________
Bron:
Hagestedt, Lutz (samest.). 2003. Die Lieblingsgedichte der Deutschen. München: Piper Verlag. Oorspronklik gepubliseer in: Benn, Gottfried, 1951. Fragmente. Neue Gedichte. Wiesbaden: Limes-Verlag.
Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):
’n Voordrag van die gedig:
Opmerking:
ʼn Vroeër Afrikaanse vertaalpoging deur Bernard Odendaal is hier te lees:
Terug na Honderd van die bestes: Vertalings van ’n keur uit 20ste-eeuse Duitse gedigte
