
Pirow Bekker is die skrywer van ’n ryke oeuvre bestaande uit digbundels, kortverhaalbundels, romans, novelles en radiodramas. Wat die poësie betref, het hy ’n tiental digbundels gepubliseer.
Sy eerste gedigte het in die 1960’s in tydskrifte soos Standpunte verskyn, terwyl hy met die bundel Die klip sing (1965) gedebuteer het. Op grond van die datum van hierdie bundel is Bekker ook een van die Sestigers, hoewel selde op dié manier na hom verwys word.
Dit verdien vermeld te word dat kritici veral waardering vir Bekker se poësie en kortverhale het, wat die afgelope jare ’n stygende lyn getoon het.
Sy gedigte maak byna deurlopend van tradisionele of formele style van die poësie soos rym, strofebou, klankordening en hoofletters en leestekens gebruik. Die digter wend hom tot van die mees veeleisende vorme van die poësie soos die kwatryn (waaroor hy in 1974 ’n Blokboek gepubliseer het) en sonnet. Ander gedigte het ’n losser vorm waarin wel in sekere gevalle rym of toevallige rym voorkom.
As medeboorling van veral die berge van die Vrystaat kan ek getuig van die raak waarneming, ryke verwysings en oorwoë verbeelding van die landskap in Bekker se gedigte oor dié provinsie.
Die landelike en natuurlike gegewe wat in Bekker se werk betrek word, getuig van goeie waarnemings en oplettendheid. Hierdie gegewe word betrek in die gedigte wat besinnend, nostalgies en selfs elegies aandoen ten opsigte van dekades se teenwoordigheid en lewe in hierdie ruimtes. Sy besinnende perspektiewe – en later ook ekologiese gevoeligheid – sal gemis word.
– Johann Lodewyk Marais

Een van baie Pirow Bekker-gedigte wat my met genoeë laat bly lees aan sy werk. Joan het ook reg wat betref sy studie “Die titel in die poësie”.
Naar aanleiding van het spijtige heengaan van Pirow Bekker (1935-2025) en de hier gepubliceerde necrologie door Johann Lodewyk Marais kan ik aanvullen dat Gerrit Komrij in zijn omvangrijke De Afrikaanse poëzie in duizend en enige gedichten (1999) in totaal acht gedichten van Bekker heeft geselecteerd. Volgens de eigen pikorde van Komrij moet het dichtwerk hoog worden ingeschat. Maar een handvol dichters krijgt het maximum van tien gedichten toebedeeld. Met zijn anthologiebundel heeft Komrij de Afrikaanse poëzie een publiek forum geboden in de Lage Landen. Ook Pirow Bekker maakte deel uit van de bekendstelling. Komrij selecteerde vooral uit het debuut Die klip sing (1965, 3 gedichten), en voorts uit Toekomstige betrekkinge (1975), Definisies deur die bloed (1978), Eskarp (1987) en Rasuur (1993). Over de selectie van Komrij en de veronderstelde beweegredenen die eraan ten grondslag liggen, is een interessante bijdrage te leveren.
Hier is een van Pirow Bekker se knap kwatryne:
Gronddrang
Ag aarde, na jou trek ‘n innige band:
ons hou nog van vee en stukkies land,
en die wat in woonstelblokke bly,
hou nog ‘n kat met sy skoppie sand.
(Uit: Toekomstige betrekking, 1975)