Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 July 2025

Pirow Bekker (1935–2025) sterf

 

Pirow Bekker is die skrywer van ’n ryke oeuvre bestaande uit digbundels, kortverhaalbundels, romans, novelles en radiodramas. Wat die poësie betref, het hy ’n tiental digbundels gepubliseer.

Sy eerste gedigte het in die 1960’s in tydskrifte soos Standpunte verskyn, terwyl hy met die bundel Die klip sing (1965) gedebuteer het. Op grond van die datum van hierdie bundel is Bekker ook een van die Sestigers, hoewel selde op dié manier na hom verwys word.

Dit verdien vermeld te word dat kritici veral waardering vir Bekker se poësie en kortverhale het, wat die afgelope jare ’n stygende lyn getoon het.

Sy gedigte maak byna deurlopend van tradisionele of formele style van die poësie soos rym, strofebou, klankordening en hoofletters en leestekens gebruik. Die digter wend hom tot van die mees veeleisende vorme van die poësie soos die kwatryn (waaroor hy in 1974 ’n Blokboek gepubliseer het) en sonnet. Ander gedigte het ’n losser vorm waarin wel in sekere gevalle rym of toevallige rym voorkom.

As medeboorling van veral die berge van die Vrystaat kan ek getuig van die raak waarneming, ryke verwysings en oorwoë verbeelding van die landskap in Bekker se gedigte oor dié provinsie.

Die landelike en natuurlike gegewe wat in Bekker se werk betrek word, getuig van goeie waarnemings en oplettendheid. Hierdie gegewe word betrek in die gedigte wat besinnend, nostalgies en selfs elegies aandoen ten opsigte van dekades se teenwoordigheid en lewe in hierdie ruimtes. Sy besinnende perspektiewe – en later ook ekologiese gevoeligheid – sal gemis word.

– Johann Lodewyk Marais

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

3e gedagtes oor “Pirow Bekker (1935–2025) sterf”

  1. Bernard Odendaal says:
    1 August 2025 at 12:42

    Een van baie Pirow Bekker-gedigte wat my met genoeë laat bly lees aan sy werk. Joan het ook reg wat betref sy studie “Die titel in die poësie”.

    Reply
  2. Yves T'Sjoen says:
    1 August 2025 at 11:36

    Naar aanleiding van het spijtige heengaan van Pirow Bekker (1935-2025) en de hier gepubliceerde necrologie door Johann Lodewyk Marais kan ik aanvullen dat Gerrit Komrij in zijn omvangrijke De Afrikaanse poëzie in duizend en enige gedichten (1999) in totaal acht gedichten van Bekker heeft geselecteerd. Volgens de eigen pikorde van Komrij moet het dichtwerk hoog worden ingeschat. Maar een handvol dichters krijgt het maximum van tien gedichten toebedeeld. Met zijn anthologiebundel heeft Komrij de Afrikaanse poëzie een publiek forum geboden in de Lage Landen. Ook Pirow Bekker maakte deel uit van de bekendstelling. Komrij selecteerde vooral uit het debuut Die klip sing (1965, 3 gedichten), en voorts uit Toekomstige betrekkinge (1975), Definisies deur die bloed (1978), Eskarp (1987) en Rasuur (1993). Over de selectie van Komrij en de veronderstelde beweegredenen die eraan ten grondslag liggen, is een interessante bijdrage te leveren.

    Reply
  3. Daniel Hugo says:
    1 August 2025 at 09:43

    Hier is een van Pirow Bekker se knap kwatryne:

    Gronddrang

    Ag aarde, na jou trek ‘n innige band:
    ons hou nog van vee en stukkies land,
    en die wat in woonstelblokke bly,
    hou nog ‘n kat met sy skoppie sand.

    (Uit: Toekomstige betrekking, 1975)

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Feesmaalgang" (Dietloff van der Berg)
  • Resensie: “De ontdekking van het eiland: breytenbachiana” (Yves T’Sjoen)
  • Resensie: "Ontbloot" (Marthé McLoud)
  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)

Nuutste bydraes

  • Caren Kearley. Herfsdroom
  • Joan Hambidge. Die donker kom van buite
  • Stephan du Toit. gewigloos
  • Caren Kearley. Deurweekdae
  • Caren Kearley. Net vir nou

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Ronel de Goede. Kremetartboom8 May 2026

    Lekker om weer so ‘n knap gedig van jou te lese te kry, Ronel.

  2. Dr PS Swathe on Jeanne Henning Els. Openbaring8 May 2026

    Bietjie voorspelbaar maar dit laat mens ook nogal dink aan die charismatiese kerkbeweging.

  3. Joan Hambidge on Ronel de Goede. Kremetartboom7 May 2026

    'n Komplekse gedig. Gelaai met subtekste (Die kremetartekspedisie, o.a.) en die hele debat oor postkolonialisme. Aangrypend en 'n sterk vers!

  4. Joan Hambidge on Nuwe Bundel. Pieter Hugo: Vryval5 May 2026

    Geluk met hierdie bundel - ek lees dit tans. Die verskillende tegnieke en die toonaard wat wrang-ironies of speels is,…

  5. Dr PS Swathe on Joan Hambidge. Naggesprekke en polemiek4 May 2026

    Dis in elke geval net 'n poging tot 'n storm in 'n teekoppie, gepoog te pleeg deur een of twee…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d