Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 August 2025

Persverklaring

 

Ná ’n baie suksesvolle eerste Digtersweek in Nobember 2024, is dit weer tyd om aan aspirerende en ontluikende digters die geleentheid te gee om hul vaardighede te slyp en hul kennis uit te brei.

Digtersweek 2025 vind aanlyn plaas van 18 tot 22 Augustus en word weereens gefasiliteer deur Amanda de Lange, voormalige joernalis en nou lewensafrigter en mentor vir ontluikende skrywers.

“Ek kry dikwels versoeke van kliënte of voornemende kliënte vir mentorskap in die digkuns, maar dit is nie my sterk punt nie. Toe besluit ek wat is dan beter as om ’n handvol meesters in poësie bymekaar te kry op een platform, vyf dae lank waar elkeen oor ’n aspek van die digkuns kan gesels,” het De Lange gesê. (Belangstellendes kan die blad The Writers Coach op Facebook besoek vir meer inligting en gereelde opdaterings rakende Digtersweek 2025.)

Die paneel digters vanjaar is inderdaad weer eens formidabel:

Johan Myburg (wenner van die Hertzogprys, Eugène Marais-prys, ATKV-prys);

 Louis Esterhuizen (wenner van die Protea Poësieprys in 2011 vir sy bundel wat die water onthou);

 Carina Stander (publiseer verskeie bundels, versamelbundels en romans, waarvan talle vir skole voorgeskryf is);

René Bohnen (tweede plek in die gesogte European Union Sol Plaatje Poetry Prize); en

Lynthia Julius (wenner van talle toekennings waaronder die Suid-Afrikaanse Literêre Toekenning vir haar debuutwerk Uit die kroes, en die gesogte Jan Rabie en Marjorie Wallace beurs vir haar toewyding aan literêre uitnemendheid).

Dié digters gaan deelnemers aand ná aand toerus met hul kennis en vaardighede.

Buiten die geleentheid om vrae te vra en aan die interaktiewe proses deel te neem, is daar vanjaar boonop vir deelnemers die unieke kans om een van hul gedigte in te stuur en direkte terugvoer ’n lid van die paneel te ontvang.

Deelnemers wat graag van dié geleentheid gebruik wil maak, moet hul gedig teen 13 Augustus per e-pos aan De Lange stuur tesame met hul bewys van registrasie (amanda@amandadelange.co.za).

“Ons wil graag aan die deelnemers die geleentheid gun om direk van die digters te hoor oor hul skryfwerk. Al die gedigte wat voorgelê word sal onder die digters versprei word en aan die begin van elke sessie sal hulle hul terugvoer met die skrywers deel,” het De Lange verduidelik.

Om die gesprekke so toeganklik moontlik te maak, word dit aanlyn aangebied. Belangstellendes kan dus van enige plek op die aardbol deelneem. Die koste per persoon is R750. Alle gesprekke sal ook ná die tyd aflyn beskikbaar wees vir almal wat die Digtersweek bygewoon het.

Die temas wat deur die week gedek word, is soos volg:

Maandag 18 Augustus, JOHAN MYBURG: Meer oor resepte en toorkrag

Dinsdag 19 Augustus, LOUIS ESTERHUIZEN: Die gedig: Konteks en resonansie

Woensdag 20 Augustus, CARINA STANDER: Skryf ’n liriese gedig in die vorm van die Maleise pantoen

Donderdag 21 Augustus, RENÉ BOHNEN: Musikaliteit in poësie

Vrydag 22 Augustus, LYNTHIA JULIUS: Die kreatiewe proses van digkuns en die uitdagings van ’n debuutpublikasie

Belangstellendes kan Amanda de Lange kontak by 0824915308 of ʼn e-pos stuur na amanda@amandadelange.co.za

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Resensie: “Strik” (Gerhard Barkhuizen)
  • Anne-Marie Bartie. Kidnapping-accused mom told State witness she sold Joslin Smith to a sangoma, court hears

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. T.T. Cloete en John Donne
  • Jakes Möller. Vergesig
  • Jacques Boshoff. Skoonmaakdag
  • Gerard Scharn. dirge
  • Willem M. Roggeman.

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Gerard Scharn. dirge5 March 2026

    Treffende ironie. Die hart sing sy solodeuntjie.

  2. Bernard Odendaal on Willem M. Roggeman.5 March 2026

    Boeiend.

  3. Willem Hendrik Meyer on Kan iemand help?4 March 2026

    Dis wel my werk wat ek gedoen het vir die Oor die einders van die bladsy projek van die Noordwes…

  4. Alwyn Roux on Kan iemand help?4 March 2026

    Hierdie is die werk van Hennie Meyer.

  5. Petra Pienaar-Nel on Joan Hambidge. T.T. Cloete en die kanon3 March 2026

    Uit watter bundel kom die gedig oor Leopold?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d