
Anne-Ghrett Erasmus is gebore in Pretoria, maar het grootgeword in Ladysmith, Kwazulu-Natal, waar sy ook gematrikuleer het. Daarna behaal sy haar BA(Drama) aan die Universiteit Pretoria.
Sy speel toneel vir o.a. SUKOVS en TRUK. Sy skryf en regiseer dramas vir die Bop Arts Council en kunstefeeste. Ook speel sy in radiodramas en doen oorklanking. Anne-Ghrett het ook lank skool gehou by die Waldorfskool in Constantia. Tans is sy kurator by die Breytenbach Sentrum en besig met haar MA: seuntjie grootmaak. Sy naam is Kobus.
Wat haar skryfwerk betref, het sy al gedigte gepubliseer in ’n hele paar versamelbundels, asook ’n drama geskryf vir die Storieboomreeks vir kinders. Haar debuutbundel die lekkerste perske is ’n vy verskyn in 2011 by Benedic Boeke.

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.]
