
Melanie Grobler is in Warmbad (Bela Bela) gebore en het in Rustenburg, Transvaal groot geword. Sy is getroud met Piet Grobler; hulle het twee dogters en een seun.
Sy het aan die Universiteit van Pretoria studeer: BA in Sielkunde en Filosofie, daarna ’n Magister Artium (cum Laude) in 1992: Kalligrafie op Geografie. ’n Konseptualisering van die skilderkuns van Nico Roos: Historiese en Kontemporêr. Sy voltooi daarna ’n doktoraal in Kunsgeskiedenis: Against fixity: a hybrid reading of Breyten Breytenbach’s art, poetry, writing, aesthetics and philisophy.
Sy het verskeie kulturele projekte by die Instituut van Voortgesette Onderwys, Unisa asook die Kultuurburo van die Universiteit van Pretoria aangebied. As visuele kunstenaar het sy van 1982 tot 2002 onderrig by die Art Studio in Pretoria gehad.
Tussen 1992 en 2000 is haar kortverhale in ses versamelings, en digkuns in sewe versamelings gepubliseer.
Digbundels:
Tye en Swye in die lewe van Hester H. Tafelberg. 1991. (Ontvang die Rapportprys en was op die kortlys vir die CNA prys.)
Die Waterbreker. Tafelberg 2003. Op die kortlys van die Johannesburg Prys.
Deur Ruite van die Reis. Human & Rousseau 2013
Die Huis van Tyd. Larmenier. 2020
Veertig Gedigte (ongepubliseer)
Bloedvlekblom. Christiaan Diedericks & Melanie Grobler (ongepubliseer)

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.]
