De Buys
jy kerf ‘n kwespad met jou vikingwa
veelv(r)oudig ver en horisonnoord
jy is jou eie republiek
die verte vryslaaf in
met meer transport as kaart
selfs na die laaste soutpansslag
tref jou tong ons weerlighard
en trek ons verder
horisonnoord
© Paul Kloppers, 2025
