Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 December 20257 November 2025

Digtersprofiel: Daniel Hugo

Daniel Hugo is op 26 Februarie 1955 op Stellenbosch gebore. Hy gaan skool op Greyton (Weskaap) en in Windhoek (Namibië), en studeer aan die Universiteite van Stellenbosch (B.A. Hons.), Pretoria (M.A.) en die Vrystaat (D.Litt.). Op Stellenbosch was hy ’n lid van die digter D.J. Opperman se Letterkundige Laboratorium. In 1983 studeer hy aan die Katholieke Universiteit van Leuven in België. Hy begin reeds op skool dig, geïnspireer deur die ongerepte Namibiese landskap en die liefde. Hy publiseer gedigte in letterkundige tydskrifte soos Standpunte, Tydskrif vir Letterkunde en Ensovoort en debuteer saam met Etienne van Heerden, Koos Kombuis (destyds nog onder die naam André le Roux du Toit) en Peter Snyders in die bundel Brekfis met vier (1981). Hy is die digter van 17 bundels. Die jongste is Klinkklaar wat in 2021 verskyn het en waarvoor hy die ATKV se poësieprys ontvang. Hy het ook etlike bloemlesings uit die Afrikaanse poësie en verhaalkuns saamgestel. Hy is verder bekend as vertaler uit Nederlands en Engels.

Sy gedigte word opgeneem in verskeie bloemlesings van die Afrikaanse poësie, insluitende D. J. Opperman se Groot verseboek en Gerrit Komrij se Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte. Hy is in 2002 die eerste digter wat al sy gedigte op CD-ROM (“Versalbum”) beskikbaar stel. ’n Keuse uit sy gedigte vanaf 1982 tot 1998 word in Nederlands vertaal deur Jacqueline Caenberghs en gebundel in Planetarium, wat beide die Afrikaanse en Nederlandse weergawes van die gedigte bevat.

Daniel Hugo was eers ‘n onderwyser in Windhoek en toe ’n lektor in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat. Daarna was hy byna 20 jaar lank in Kaapstad ’n omroeper by die Afrikaanse radiodiens van die SAUK waar hy verantwoordelik was vir die literêre programme. Hy is meermale vir sy omroepwerk bekroon. Vanaf April 2010 tot Mei 2014 is hy ’n vertaler en uitgewersredakteur by Protea Boekhuis. In 2015 ontvang hy die Suid-Afrikaanse Akademie se vertaalprys vir sy vertaling van Tom Lanoye se roman Sprakeloos en in 2017 dieselfde prys vir sy vertaling van Stefan Hertmans se Oorlog en terpentyn. Hy is werksaam as vryskutredakteur, vertaler, keurder en proefleser, asook ’n literêre resensent. Sy artikels, rubrieke, resensies en lesings oor die digkuns word saamgevat in twee bundels: Vers & Kapittel (2018) en Vers & Kapittel II (2023).

Lees gerus ’n meer in diepte biografie oor die digter op LitNet:

https://www.litnet.co.za/daniel-hugo-1955/


 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.]

 

 


 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Digtersprofiel: Bonaventure Hinwood
Daniel Hugo. Rust-mijn-ziel: Digters gedenk Aucamp →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d