Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 October 2026

Digtersprofiel: Driekie Grobler

Driekie Grobler is tans ‘n onafhanklike proefleser/redigeerder en deel van SA Vryskut Skrywers. Sy was voorheen betrokke by GHA (Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans) waar sy vir etlike jare gedien het op die Hoofbestuur, o.a. ook as Ondervoorsitter en waar sy ook vir jare betrokke was as beoordelaar by die jaarlikse digkompetisie.

Grobler was ook betrokke by SA Skrywers & Digters as hulp en mentor vir die opleiding van opkomende digters/skrywers en ondersteun steeds gereeld opkomende digters/skrywers met raad en daad.

Grobler het reeds 4 digbundels gepubliseer (selfpublikasies) en oor die jare verskeie pryse verower met haar skryf- & digkuns. Haar oeuvre sluit in kortverhale, rubrieke en vele gedigte.

“Die doel met my eie bundels is merendeels om my gedigte en geskrifte, wat oral versprei lê op verskeie platforms en in deelpublikasies – soos o.a. die GHA bundels Stemme van die Suiderland, waar ek verskeie kere ‘n kategorie-wenner was; by Versindaba; Litnet; Avbob; Inkspraak; NS Uitgewers se bundel Rympies vir Pikkies en Peuters – en vele ander, saam te vat in bundels, sodat dit nie verlore gaan nie en behoue kan bly vir my nageslag.”

Die eerste digbundel het mettertyd vier geword: Hartsnare, Sirkeldans, Prisma en Sê dit in Afrikaans. Haar boek met rubrieke (wat sy oor jare vir aanlyntydskrifte geskryf het) Van Hanekraai tot Briekaandraai is verlede jaar gepubliseer. Dan is daar ook verskeie inspirasie boeke gepubliseer. Koester jou Menswees; Leef jou Waarde; Worthy to be Loved; Skakels van ‘n Ketting en deel van Cum Boeke se dagstukboeke. Grobler het ook drie kinderboeke gepubliseer – Klasie, die Buurtwag Dassie; Die Breiles; en Vrees – wat in Engels en Sepedi vertaal is.

Grobler het geen behoefte aan roem of om in die kollig te wees vir haar skryfwerk nie. Haar passie lê eerder daarin om ander digters/skrywers te help om hulle werk te slyp deur die ervaring en kennis wat sy met jare opgedoen het, en só ‘n verskil te maak, sodat ons mooi Taal behoue kan bly vir die nageslag.

 


 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.]

 

 


 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Driekie Grobler. verbeur
Digtersprofiel: Fanie Olivier →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Margaret Cordier. Tog
  • Stephan du Toit. Florence Nightingale

Nuutste bydraes

  • Linette van der Merwe. klein ode
  • Joan Hambidge. Die koffiemasjien en wasmasjien
  • Nini Bennett-Moll. Die poëtika van towerspreuke
  • Andries Fourie & Carma Shaw. Heroïese Sonnettekrans – Openbaring
  • Daniel Hugo. Kuns-matig

Nuutste kommentaar

  1. Linda on Ferdi Wheeler. Also spreek Spinoza4 November 2026

    Goed bewoord en mooi vloeiende gedig

  2. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Die Kaap, die Swartland en W.E.G. Louw op Stellenbosch3 November 2026

    Hoe bring dit nou herinneringe terug. Dr Roelie van Huysteen was ons buurman en huisdokter op Stellenbosch toe ek 'n…

  3. Joan Hambidge on Marius Crous. Vier gedigte26 October 2026

    Uitstekend.

  4. Versindaba on Marius Crous. Vier gedigte25 October 2026

    Jacobus, "Dr. Swathe" se onvanpaste kommentaar is verwyder.

  5. Etienne on Andries Fourie. Waar die stilte wit is24 October 2026

    Mooi

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d