Author Archive

Nuwe publikasie: Rooiborsduif (Versamelbundel) Breyten Breytenbach.

Saturday, August 24th, 2019

Rooiborsduif: Gedigte oor die Liefde.
Breyten Breytenbach

Samesteller: Charl-Pierre Naudé

’n Oorsig van Breyten Breytenbach se digkuns is ‘n voëlvlug oor ‘n wye era: vanaf die jare sestig tot vandag, waarin beide Europa en Afrika hulself radikaal herdefinieer het. In hierdie herdefiniering staan Breyten Breytenbach, die digter, mens en denker soos ’n skakelende deurpos. Elke gedig is soos ’n tekening of ’n skildery waarin tekens en betekenis in vloeiende verbande tot mekaar staan en waarin gunstelingtemas weer en weer ter sprake kom – elke keer uniek geskommel soos kwashale op die doeke van Jackson Pollock se skilderye of die stippels in ’n kaleidoskoop wat nooit ophou draai nie.
Die gedigte is chronologies gerangskik volgens die digter se lewensgang: jongmenslewe in Kaapstad, Parys, effektiewelike bannelingskap weens sy huwelik, terugkeer en tronkstraf, die buiteland. En oplaas ’n onrustige pendelaarslewe tussen noorde en suide van die aardbol, waarin volledige tuiskoms slegs in die arms van die liefde is. (Human & Rousseau, 2019, 192 pp; hardeband, prys R300, ISBN13:9780798178761)
[Yves T’sjoen skryf die volgende: In de aanloop van Breyten Breytenbachs tachtigste verjaardag is de anthologiebundel Rooiborsduif. Gedigte oor die liefde verschenen (met dank aan Dewald Koen voor de coverfoto). De titel verwijst naar het gedicht dat in 2014 is verkozen tot “het mooiste liefdesgedicht in het Afrikaans” (Writers Unlimited i.s.m. Week van de Afrikaanse roman). In september verschijnt in het fonds van Podium ‘Allerliefste’ met 25 liefdesgedichten (getiteld naar het eerste woord van ‘Rooiborsduif’ en geselecteerd door Charl-Pierre Naudé, vertaling door Laurens van Krevelen). Tuin van Digters (13-14 september), Nacht van de Poëzie (Utrecht, 28 september) en het Gents Centrum voor het Afrikaans en de Studie van Zuid-Afrika (UGent, 16-18 oktober) hebben de schrijver binnenkort te gast.]

https://www.writersunlimited.nl/nieuwsbericht/terugblik-rooiborsduif-van-breyten-breytenbach-verkozen-tot-mooiste-afrikaanstalige-gedicht

 

 

 

Tuin van Digters 2019

Friday, August 16th, 2019

                                      

‘Ons is nie skuldig nie, ons is (aan)dadig’

 

Die tema van 2019 se Tuin van Digters is (aan)dadig – ’n skerpskepping van Breyten Breytenbach, wat vanjaar die digter is wat by die Tuin van Digters gehuldig word.

Wees nie skuldig om uitdagend en skeppend te wees nie. Wees juis aandadig daaraan – en uiteindelik dadig. In Afrikaans, en saam met ander tale en taalsprekers in Afrikaans.                

VRYDAG 13 SEPTEMBER


VOEG DIE DAAD BY DIE WOORD

16:00 tot laat | Digterstuin
Kom dink (en dig) diep en voeg die dade by die woorde en klanke en beelde in ’n tuin en ’n skepplek vol digskeppings.

KINDERDADIG
17:00 tot moegwordtyd | Agter die geel deur
Kinders, soek die geel deur. As jy by hierdie deur instap, kan jy jou ma of pa maar alleen los. Daar is genoeg boeke om te lees. Selfs iemand wat vir jou voorlees.

GOLWE VOL WOORDE EN KLANKE
17:30 – 18:30 | Akkoordtent en Tuin

Met: Andrea van Tonder, Tayne Ruddock en Justin Jefthas
Die talentvolle jong Akimba-musiekgroep bestaan uit Andrea (stem, ukulele, kitaar) van Bellville, Tayne (stem, klassieke kitaar, voetdrom) van Stellenbosch en Justin (elektriese kitaar, akoestiese kitaar, baskitaar, mandolien, viool, perkussie) van Stings of Justice in Pniël. Goeie oorspronklike musiek, diep betekenis van mooi woorde in Engels en Afrikaans is hulle sielskos.

(AAN)DADIGE KUNSUITSTALLING OPEN
18:00 – 18:30 | Breytenbach Galery

Openingspreker: Ashraf Jamal, kulturele analis by die Fakulteit van Ontwerp en Informatika aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, skrywer van ‘Predicaments of Culture in South Africa’ en medeskrywer van ‘Art in South Africa: the Future-Present’
Byna twintig genooide kunstenaars poog om aktief met hulle kuns (aan)dadig te wees aan die bou van ’n beter en mooier plek vir almal.

WARMER VOOR DIE TUIMELDROËR
19:00 – 19:45 | Akkoordtent
Met: Danie du Toit, voorsanger en skrywer van Spoegwolf, en sy kitaar
Reënwolf sing pikswart rympies oor die lewe as ’n seerower. Tussenin praat hy oor sy digkuns, sy musiek en sy pad van Ysterkoei na Spoegwolf.

BREYTEN BREYTENBACH: DIE MAN MET DIE GROEN TRUI VAN BURGERSTRAAT
20:00 – 20:45 | Akkoordtent
Met: Andries Bezuidenhout, Yves T’Sjoen, Kerneels Breytenbach, Ampie Coetzee (en ander)
Die digter, skrywer en kunstenaar Breyten Breytenbach, ’n oud-Wellingtonner wat in die huis waar die Breytenbach-sentrum gevestig is, saam met sy ouers gewoon het, is die digter wat vanjaar by Tuin van Digters gehuldig word. Andries Bezuidenhout, akademikus, sanger en ook digter en kunstenaar in eie reg, sal die huldigingsboodskap lewer. Die oud-uitgewer Kerneels Breytenbach en prof. Yves T’Sjoen van die Universiteit van Gent sal ook hulde bring terwyl prof. Ampie Coetzee op ’n spesiale manier dadigheid by Breyten se woorde sal voeg.

OM BREYTEN TE TOONSET
21:00 – 21:30 | Akkoordtent

Met: Laurinda Hofmeyr en Schalk Joubert
Die sangeres en toonsetter Laurinda Hofmeyr vertel hoe dit gebeur het dat sy Breyten Breytenbach se gedigte begin toonset het. Sy sing van haar bekendste toonsettings van sy gedigte, bygestaan deur baskitaarspeler Schalk Joubert.

LAATAAND SAAM MET NUWE VRESE
21:30 – 22:30 | Akkoordtent
Met: Willem S. van der Merwe, Craig Vee en Daniel Hugo
Laataand. Die speelse tyd vir digters en digdinkendes om glasies dadig te klink en aandagtig te luister na mekaar. Willem S. van der Merwe verwoord in sy tweede digbundel, Nuwe Vrese, die ontnugtering en nostalgie van die middeljare in alle erns met humor en slim woordspeling. Die digter en vertaler Daniel Hugo sorg saam met Willem en kitaarmaestro Craig Vee vir ’n bekendstelling anders as die gewone. Dalk rafel die digtersfees uit . . .

SATERDAG, 14 SEPTEMBER

 

DADIGE TUIN
08:00 tot laat | Digterstuin
Soek bundels en boeke en gedigte, plante en bome, fonteine en water, tente en muurwoorde, mense en voëls, beelde en klanke, koppe en . . . pampoene.

KINDERDADIG
08:00 tot moegwordtyd | Agter die geel deur
Kinders, iewers is ’n geel deur. Los jou ma en pa en stap in. Binne is boeke om te lees, papier om ’n eie gedig op te skryf, ’n leser van verse en rympies en groot sagte kussings om op te slaap.

DIGTERS VAN HOOP
08:20 – 08:50 | Akkoordtent
Met: Ashlene Ayford en Marlize Fortuin
Leerders van Weltevrede Sekondêr in Wellington en hulle twee Afrikaanse onderwysers is sonder ophou besig om in samewerking met die Breytenbach-sentrum hoop vir hulself en mekaar te skep met hul lewensgedigte in Afrikaans. Luister hoe lees, sing en rymklets die jong digters hul skeppings.

’N FYN, FYN LYN … TUSSEN ’N FAIRYTAIL EN ’N JOKE
09:00 – 09:25 | Akkoordtent
Met: Alma Nel (regisseur en samesteller), Janette van Rensburg (assistent-regisseur) en akteurs Amke Grootboom, Shane Witbooi, Meagan Fortuin, Shar-nell Swarts, Franco Muller en Carin Swarts
Poësieteater deur die Breytenbach-sentrum se dramagroep. ’n Opwindende samestelling van verskeie materiaal rondom ’n sentrale tema: Die stormagtige aard van die liefde. ’n Reis van klank, dans, die woord, maar bo en behalwe alles: ’n eerlike storie – soos die agterkant van ’n mixtape wat daai een groot liefde lank terug vir jou gegee het. Poësie op steroids met verwerkings en samestellings van skrywers soos Early B, Ronelda S Kamfer, Nathan Trantaal, Jaco Jacobs, Banna Spammer – om net ’n paar te noem.

INDRUKWEKKENDE CHRISALIS
09:30 – 10:00 | Woordtent
Met: Christo van der Westhuizen en Daniel Hugo
Chrisalis is Christo van der Westhuizen se indrukwekkende debuut digbundel, uitgegee deur Naledi, wat deur die digters Daniel Hugo en Johann de Lange op die omslag aanbeveel word. Dit is verse waarin realiteit self op sy kop gekeer word en waar die alledaagse vreemd gemaak word. Die digter en vertaler Daniel Hugo gesels met Christo.

WOORDENAAR WOORDNAR
10:15 – 11:15 | Akkoordtent
Met: Andries Visagie, Francis Galloway en bydraers tot die publikasies
Die Akademie vir Wetenskap en Kuns se huldigingsbundel oor Breyten Breytenbach, breyten breytenbach, woordenaar woordnar, word bekendgestel. Die bundel is saamgestel deur dr. Francis Galloway – die outeur van onder meer die monografie Breyten Breytenbach as openbare figuur – met die hulp van verskeie bydraers. Prof. Andries Visagie van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch gesels met haar en ander (aan)dadiges oor dié huldigingsbundel.

UNIVERSITEIT VAN GENT VIER BREYTEN
11:30
– 12:00 |Woordtent
Met: Yves T’Sjoen
Prof. Yves T’Sjoen van die Universiteit van Gent praat “over de activiteiten die we in Oktober in Gent op het getouw zetten ter gelegenheid van de tachtigste verjaardag van Breyten Breytenbach, ook vijf jaar eredoctor (2014)”.

VERSE OOR HUIS EN TAAL (in Afrikaans, Xhosa en Engels)
12:10 – 12:50 | Akkoordtent
Aangebied deur PEN Afrikaans
Met: Frieda van den Heever, Danie Marais, Jolyn Phillips, Lwanda Sindaphi, Diana Ferrus en Daniel Hugo
Frieda van den Heever, aanbieder van RSG se gewilde poësieprogram Vers en klank, deel die verhoog met verskeie digters wat hul werk sal voorlees en besin oor die temas van huis en taal. Kom luister na verse in Afrikaans, Xhosa en Engels en dink saam oor wat ons deur vertaling wen en verloor.

PEN AFRIKAANS – JAARVERGADERING
13:00 – 14:00 | Wellington-biblioteek (oorkant die Breytenbach-sentrum)

Opbetaalde lede van PEN Afrikaans kan die Tuin van Digters gratis bywoon en op PEN se jaarvergadering hul insette lewer oor hoe skrywers en digters (aan)dadig moet wees. Die nuwe bestuur word ook verkies.

WOORDE OP AKKOORDE
13:00 – 14:00 | Akkoordtent

Met: Onder andere Jolyn Phillips, Diana Ferrus, Churchil Naudé, Deniel Barry, Hermien de Vos en Frazer Barry
’n Magiese musikale reis van woordkuns, sang, digkuns, dreunsang en rymklets. Net die antwoord om sin te maak van die lewe se kakofonie van klank. By die KKNK genomineer vir Kannas-toekennings in drie kategorieë.

‘A CELEBRATION’ – DIANA FERRUS EN DIE MENGELMOESDIGTERS
14:00 – 14:45 | Woordtent

Met: Diana Ferrus, Merle Heather Danhouse en Gaireyah Fredericks en hul nuwe bundels
Hierdie jaar vier die Mengelmoesdigters sy ontstaan in 2012 by die Breytenbach-sentrum onder leiding van die digter Diana Ferrus met die bekendstelling van drie Mengelmoesers se digbundels – Diana se nuutste digbundel, DIE VREDE KOM LATER, Merle Heather Danhauser se DIE BROODJIE en Gaireyah Fredericks se meTTie mAAn gePLa, ’n bloemlesing saam met Jadrick Pedro-Koopman en Duane Miller.

PANEELBESPREKING: IS BREYTEN SE GEDIGTE VERTAALBAAR?
14:50 – 16:00 | Akkoordtent
Met: Catherine du Toit, Breyten Breytenbach, Yves T’Sjoen, Ampie Coetzee en André van der Hoven
Breyten Breytenbach word uitgevra oor hoe hy voel oor die vertaling van gedigte en spesifiek sy eie gedigte. Prof. Catherine du Toit, hoof van die Departement Moderne Vreemde Tale aan die Universiteit Stellenbosch, is die gesprekleier. Deelnemers is prof. Yves T’Sjoen van die Universiteit van Gent, prof. Ampie Coetzee, vertaler van Breyten se gedigte, en André van der Hoven, student by die Departement Moderne Vreemde Tale. Deelname uit die gehoor is welkom.

ONS KLYNTJI 2019 – AMPTELIKE BEKENDSTELLING
16:15
– 17:00 |Woordtent
Met: Toast Coetzer (aanbieder), Erns Grundlingh en die rymkletsgroep ‘Getuies’
Ons Klyntji is ’n alternatiewe, veeltalige zine wat gedigte, kortverhale, fotografie en comics publiseer. Van die digters en skrywers gaan hulle gedigte en verhale voorlees. Getuies se werk verskyn ook in Ons Klyntji en die trio, bestaan uit Romano Mentoor (Getuie Blikskottel), Anwill Valentine (Jamex) en Curtley Jones (P.I.K), sal dit voordra. Hulle is van tussen Wellington en die Paarl en het in 2009 ontstaan. Hulle is tekenend van die ondergrondse rymkletskultuur met die boomkapklank wat die sterk lirieke dra en dryf.

‘BEGINNE EN EINDES’
17:15 – 18:00 | Akkoordtent

Met: Willemien/Philomène & :amaFranx
Die liedjieskrywer Willemien/Philomène ondersoek die tema van begin- en eindpunte in die konteks van die lewe, die liefde en die spasies tussenin. Sy het ses jaar lank klas in Frans aan die Universiteit van Pretoria gegee voordat sy in 2017 haar musiekprojekte na die voorgrond geskuif het en nou betrokke is by verskeie musiekprojekte. :amaFranx is ‘n gevestigde musikant in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie en het sy bekendheid gedeeltelik verwerf as oorspronklike lid van die prog-rock groep Isochronus. Hy het onlangs sy derde solo EP, Unmask the Unknown, bekendgestel.

RASENDE RYME
18:15 – 18:45 | Akkoordtent
Met: Elsabé Daneel
Die aktrise en woordkunstenaar Elsabé Daneel lees treffend en roerend Afrikaanse gedigte voor, insluitende van Breyten Breytenbach en Ingrid Jonker.

TOEKENNING VAN DIE INGRID JONKER-PRYS
19:00
– 19:30 |Akkoordtent
Met: Ronel Foster (voorsitter van die Ingrid Jonker-pryskomitee), Kabous Meiring (programleier) en Simone Garcia Marques (Ingrid Jonker se dogter)
Die Ingrid Jonker-prys word jaarliks beurtelings toegeken aan die skrywer van ’n debuutbundel in Afrikaans en Engels, die twee tale waarin Jonker geskryf het. Die prysgeld is geskenk deur die Dagbreek Trust. Simone Garcia Marques sal die beeldjie, geskenk deur die Breytenbach-sentrum, oorhandig aan die wenner, Pieter Odendaal, vir sy bundel asof geen berge ooit hier gewoon het nie. Pieter sal ná die oorhandiging van sy gedigte voordra met eie klavierbegeleiding.

(AAN)DADIG SAAM MET BREYTEN
19:30
– 20:15 |Akkoordtent
Met: Breyten Breytenbach, Schalk Joubert
Breyten Breytenbach lees van sy gedigte voor met die baskitaarspeler Schalk Joubert wat vir die musiekbegeleiding sorg.

LIEKE JOOSEN: EEN RIJZENDE STER – IN AFRIKAANS
20:45 – 21:45
| Akkoordtent
Met: Lieke Joosen (stem, kitaar), Sven Kunenborg (kitaar) en Mark Teeuwen (perkussie)
Die Nederlander Lieke Joosen neem met haar Afrikaanse liedjies in Afrikaans die gehoor op ’n musikale soektog. Bestaande Afrikaanse liedjies is vermeng met eie toonsettings in Afrikaans van gedigte van onder andere Antjie Krog. Hoewel sy Nederlands is, ‘het sy haar stem in Afrikaans gevind’. Saam met haar twee musikante skep hulle ’n droomlandskap van Afrika waarin sy antwoorde probeer vind. Na wie of wat soek sy? En is ons nie uiteindelik almal soekend nie? Dit is hulle eerste besoek en optrede in Suid-Afrika.

NOU IS ONS AANDADIG
22:00 – 23:00
| Akkoordtent
’n Groep digters en musikante van die nag en onbekende en bekende aandadiges sluit Tuin van Digters af met voorlesings, sang en klank.

 

                                                 XXXXXXXXXXXXXXXXXX

Hier word plegtig afgespreek dat dit gaan om die sluiting van vennootskappe op absoluut deursigtige en gelyke grond – waar iedereen haar of sy bydrae sal kan lewer, uit hoofde van vaardigheid of vermoë of potensiaal.                                                                                       – Breyten Breytenbach (2008)

 

(AAN)DADIGE GROEPUITSTALLING

“Ons is nie skuldig nie, ons is (aan)dadig”

skuldig       – b.nm. en bw. 1. Verskuldig, wat nog betaal moet word.
                    2. Wat ’n verkeerde daad gedoen het of medepligtig was

aandadig   –  b.nw. Saam met ’n ander skuldig: medepligtig
aan             – 1. waarmee was die handelende persoon besig of in aanraking
2. dui die begin of die voortsetting van ’n handeling aan.
dadig          – s.nw. Doen, handeling: iets wat gedoen is (word), deurgevoer is
Met goeie advies, planne, maar ook praktiese wyse.

  • HAT, Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal
    Vyfde Uitgawe, F.F. Odendal & R.H.Gouws

 

Met hierdie groepuitstalling in die Breytenbach-galery poog die kunstenaar om, deur sy/haar kuns, (aan)dadig te wees deur aktief deel te neem en ‘dadig’, aan die daad te wees aan die opbou van ’n beter en mooier plek vir almal, waar selfs die bewusmaking/weerspieëling van die werklikheid die kyker sal dwing om te KYK en deel te neem. Breyten Breytenbach, Hardy Botha, Jacques Dhont, Ruhan Jansen van Vuuren, Bastiaan van Stenis, Liekie Fouche, Nhlanla Nhlapo, Ruan Huisamen, Mishelle Nigrini, Henk Serfontein, Christiaan Diedericks, Sharlé Matthews, Jan Blohm, Estelle Marais, Joubert Stander, Susan Bloemhof, Selwin Pekeur, Jo Roets en ander.

FOTO-UITSTALLING: CLOETE BREYTENBACH
Cloete Breytenbach (85), stigterslid van die Breytenbach-kultuursentrum en broer van Jan, Breyten, Rachel en wyle Sebastiaan is op 31 Mei 2019 in die Panorama-hospitaal in Kaapstad na ’n hartomleidingsoperasie oorlede. Cloete was ’n bekende nuus- en oorlogsfotograaf wie se foto’s oor onregte van die mensdom regoor die wêreld vertoon is. Verskeie boeke van sy foto’s het ook verskyn. Sy vrou Brenda het van sy foto’s beskikbaar gestel vir ’n uitstalling in die gemeenskapsgalery op die grondvloer van die Breytenbach-sentrum. Die foto-uitstalling sal tot 30 September besigtig kan word.

‘DORA EN EK’ – KUNSPROJEK IN DIE BÔRDIENGHUIS
Die kunswerk op die verhoog van Die Bôrdienghuis-teater, ‘Dora en Ek’, is geinspireer deur Penny Siopis se “Dora and the other woman”. Die modemaker en kunsstudent by die Kaapse Skiereland Universiteit in Wellington, Dinah Maria Visagie (30), het die rok gemaak uit gedigte. Die betekenis van die kunswerk is ’n universele storie: Vroue kan in ’n boks geplaas word as ‘histeries’ in verhoudings met mans wat manipulatief, onverantwoordelik of emosioneel onbewus is. In hierdie tipe tragedie sal die man selfsugtig sy eie manlike emosies uitleef, maar die vrou van haar innerlike waarheid en emosionele uitdrukking stroop. In so ’n situasie word die emosionele lewe van die vrou ’n tipe verbanning van self en die vrou se eensaamheid en isolasie neem toe. Sommige vroue maak dit deur hierdie hel, soms omdat hul uitdrukking vind in ’n sosiaal “aanvaarbare” vorm van emosies, soos die digkuns. Later ontmoet hul dalk ’n verantwoordelike, volwasse en gebalanseerde man. Ons weet egter uit die geskiedenis dat sommige vroue dit nooit maak nie, soos Ingrid Jonker en die eerste vrou van die Engelse digter Percy Bysshe Shelley, naamlik Harriet Westbrook.

VOLTOOI BREYTEN SE KUNSWERK
Net die regterkantste helfte van ’n skildery van Breyten Breytenbach verskyn vanjaar op die bemarkingsplakkaat van Tuin van Digters 2019. Gaan kyk gerus in die gemeenskapsgalery op die grondvloer van die hoofgebou. Daar is van die ‘halwe’ kunswerke met ’n ‘oop’ helfte aan die linkerkant. Besoekers word genooi om hierdie helfte te voltooi met hulle eie kunswerk soos wat hulle dit sien en ervaar. ’n Keuse van die volledige ‘nuwe’ gekombineerde kunswerk (regs Breyten se helfte en links joune) sal later as ’n uitstalling in die gemeenskapsgalery gehang word.

GEHEUE VAN WIND – ’N MOMENT VAN NOU
Skryf woorde en gedagtes oor die oomblik en wat nou hier gebeur op die groot doek teen die muur in Die Bôrdienghuis. ’n Dadigheid om te bewaar vir die dadiges van die toekoms.

PEN AFRIKAANS SE LEDE GRATIS
Lede van PEN Afrikaans, wat hom onder meer beywer vir die bevordering van Afrikaanse woordkuns en die letterkunde in die algemeen, sowel as vir uitdrukkingsvryheid en taalregte, se lede wie se ledegeld opbetaal is, kan die Tuin van Digters gratis bywoon. Vir vereistes vir lidmaatskap van PEN Afrikaans, besoek www.litnet.co.za/pen-afrikaans-aansoekvorm/. PEN Afrikaans is deur sy lidmaatskap van PEN International die verteenwoordiger van sy lede en die Afrikaanse skrywersgemeenskap in ’n internasionale verband. PEN Afrikaans se jaarvergadering word op Saterdag 14 September om 13:00 by die Tuin van Digters gehou.

WAT JY MOET WEET
Daar is twee ingange tot die Tuin van Digters: In Burgerstraat langs die hoofgebou by die hek na die tuin en by die parkeerterrein regs agter die sentrum deur die groot hek.
Alle vertonings, behalwe as dit anders aangedui word, sal in die Woordtent en die Akkoordtent agter die hoofgebou aangebied word.
Digters se bundels sowel as ander bundels en boeke sal by Protea Boekwinkel in Stellenbosch se stalletjie in die Akkoordtent te koop wees. Besoek ook The Book Traders, die tweedehandse boekwinkel op die grondvloer van die hoofgebou.
Verversings sal in en buite Die Bôrdienghuis-teater te koop wees.
Soek jy ’n kunstige geskenk? Besoek die Kardoes-winkel langs die Breytenbach-galery vir kunsgeskenke.

 

 

AGTER DIE GEEL DEUR – NET VIR KINDERS
Net langs die Akkoordtent agter die geel deur is ’n interaktiewe lokaal waar kinders besig gehou word of hulleself op skeppende maniere kan vermaak. Daar sal genoeg boeke wees om te lees en, daar sal selfs vir jou voorgelees word as jy wil en jy kan ook jou eie gedig skryf.

SÓ HELP ONS
Francois Lötter

Bestuurder en hooforganiseerder
083 408 1902; fees@tuinvandigters.co.za

Jessica Ruiters
Administrasie en noodhulp
063 525 9636; info@tuinvandigtersco.za

Jeanne-Mari Gerber
Kaartjies en besprekings
073 435 1022; besprekings@breytenbachsentrum.co.za

Anne-Ghrett Erasmus
Breytenbach Galery
083 415 0002; galery@breytenbachsentrum.co.za

Esther Kotzé
The Book Traders boekwinkel
072 997 4813; thebooktraders@gmail.com

Anja van Wyk
Feesterrein, logistiek
072 509 4343

Kabous Meiring
Programleier

WELLINGTON TOERISME
Skakel met die Wellington Toerisme-kantoor by info@wellington.co.za om jou te help met jou verblyfbesprekings en om ander inligting oor Wellington en die omgewing te kry.

VERDERE NAVRAE
Breytenbach Sentrum, Burgerstraat 14, Wellington. Kontak ons by 021 873 2786 of per e-pos by info@breytenbachsentrum.co.za.

KAARTJIEPRYSE
Toegang vir Vrydag 13 September: R150 per persoon (sluit alle aanbiedings op die program in vir 13 September)
Toegang vir Saterdag 14 September: R250 per persoon (sluit alle aanbiedings op die program in vir 14 September)
Tweedagpakket: R350 per persoon (Sluit alle aanbiedings in op 13 en 14 September)
Studente-afslag: R50 per persoon per dag (met geldige studentekaart)
Opbetaalde lede van PEN Afrikaans: Gratis toegang

BESPREKINGS EN NAVRAE
Jeanne-Mari Gerber 021 873 2786 / 073 435 1022
besprekings@breytenbachsentrum.co.za
H/v Burger- en Malherbestraat, Wellington

BORGE
Dagbreek Trust, Naspers, ATKV, LW Hiemstra Trust, Wes-Kaapse Departement van Kuns en Sport, NLDTF (Nasionale Lotery), Rupert-musiekstigting, Drakenstein Munisipaliteit, Jannie Mouton Stigting, Prosperity Management Africa, Wellington Wynroete.

VENNOTE
NB Uitgewers, Naledi, Protea Boekwinkel (Stellenbosch), Ons Klyntji Internasionaal, PEN Afrikaans, Toyota US Woordfees, Wellington Toerisme, Print.

VERBLYFBORG
Dankie aan Cummings Gastehuis. Kontak hulle gerus by 021 873 3474 of stuur ’n e-pos na mattievisser@wellington.accommodation.com en kom kuier sommer die hele naweek saam met ons.

PROGRAM ONDERHEWIG AAN VERANDERING
Volg Breytenbachsentrum op Facebook en @breytenbachsent op Twitter en hou ons webwerf, www.breytenbachsentrum.co.za, dop vir die nuutste inligting oor die Tuin van Digters 2019.

Breyten Breytenbach. inskrywing

Friday, August 9th, 2019

inskrywing 

 

dié dagnagboek

en daarom ‘n reisjoernaal …

 

kyk, hierdie is die soom van jou lewe

losgetorring al langs die plooi

van oorlewe

ter wille van vérder te wil bewe

totdat die teef jou inhaal

en jou doderok verskeur…

so-ewe moes jy jou juis inkdink in die sewe beswerings

omdat klippe haar nie van die werf gaan verwilder

en jy beter pad moet vat na diepsee se einder

 

kyk, hierdie is die naat van my lewe

al is dit ook ‘n gewaande seestraat

as verbeelde streep gelaat

in die nat van bewussyn

 

kyk stip, Antonio Machado lê as verstekeling

begrawe in die lies van hierdie grens

wat sy oorsteekstreep was na ballingskap

se diékant daaikant daai kant diékant …

digby die see van lig wat nie

die dood se land is nie

omdat die gedig in sy toegevoude hand ‘n klippie

versteen soos die dromer se skip

beskerm teen die gekerm van onthouspoel en sand

 

en wanneer die laaste uitvaart se dag aanbreek 

en die boot wat nooit weer om hoef te draai 

te water gaan om die sloot eindstreep toe te trek 

sal jy my met min bagasie aan boord vind

half kaal en vry soos die see se kind 

 

vertaal nou die verbeende lyk en vou dit oop

in jou droombesoekboek se some ingebind

om daardie skeepsjoernaal in bewereis te stippel

terwyl hordes halfgeklede toeriste blind

in die sonlig hul dooie lewens oorlewe

skaars ‘n klipgooi ver van hierdie werf

se diékant daaikant skrywe …

asof geen sout of water ooit sal wéét

van ‘n verskeepde nagjoernaal

versand in die steengroef van ballingskap nie …

 

en maak of hulle tot plooiens toe lag en versigtig suip

terwyl daar gewag word vir die maan wit lap

– wié wéét, dood se halfverskeurde onderrok? –

om te wys dis weer veilig vir drenkelinge

om te swem in die see van vergeet

 

                                             Collioure, 7 Augustus 2019

 

[© Breyten Breytenbach.]

Yves T’Sjoen. Montreal in Bloemfontein

Sunday, July 7th, 2019

Montreal in Bloemfontein

Charl-Pierre Naudé refereert in een reactie op Versindaba aan een heel bijzonder moment tijdens het Bloemfonteinse kunstenfeest van de afgelopen week. “What can Lit do? Canadian Writers talk”.

Gilbert Gibson

Op vrijdag 5 juli vond tijdens het Vrystaat Kunstefees een door de Canada Council for the Arts gefaciliteerd gesprek plaats met vier Canadese schrijfsters. De brochure kondigt aan dat “verskille in literatuur-strominge” aan bod komen. De Engelstalige jonge Canadezen reflecteerden in een orkestratie van moderator-dichter Gilbert Gibson over “hul uiteenlopende begrippe van ’n nasionale letterkundige tradisie, hoe hul eie skryfwerk en lewenservaringe oorvleuel of kapsies maak teen die dominante narratief van letterkundige verwagtinge”.

 De schrijversprotagonisten Paige Cooper, Kayla Czaga (dochter van een geëmigreerde Hongaarse vader), Klara du Plessis en Kim Fu wisselden van gedachten over tendensen in contemporaine Engelse literatuur van Canada en weidden uit over eigen werk (proza en poëzie). In het rustieke decor van de Kanselierskamer richtte het gesprek zich op het verdeelde taallandschap, de Franse en Engelse literaire scenes in het Noord-Amerikaanse land die nauwelijks of niet met elkaar interageren.

Klara du Plessis

De schrijvers erkenden volmondig dat tendensen in de francofone literatuur, in het anderstalige gebied, aan hun aandacht ontsnappen. Geen wisselwerking tussen de taalgebieden. Het is makkelijk pleiten voor meertaligheid, de praktijk in de realiteit duidt doorgaans op een ander fenomeen. De vaststelling tijdens het onderhoud strookt met de taal- en literatuurgebieden in België, wellicht het enige land ter wereld dat gescheiden is door een taalgrens en beschermd door taalwetten. Het culturele akkoord tussen Vlaanderen en Wallonië is van recente datum, lang nadat de Vlaamse gemeenschap soortgelijke samenwerkingsverbanden tot stand bracht met het dichter en verre buitenland. Talige diversiteit is in verschillende werelden een fata morgana en blijft dode letter. Dit is geen moraliserende veroordeling maar een observatie.

En toch. Ik ben gunstig gestemd. Het kunstenfestival is niet uitsluitend op Afrikaans gericht en moet veeleer als inclusief worden voorgesteld.  Het presenteert een internationaal gezelschap van dichters en prozaschrijvers. Het valt wellicht aan te bevelen in de toekomst ook de meertaligheid en de culturele diversiteit van Zuid-Afrika te laten zien: literaire auteurs die in andere inheemse talen hun pad banen in de literatuur. Met simultaanvertaling of in Engels als lingua franca moet een dergelijk gesprek mogelijk zijn. Deze optie zal een aanzienlijke dimensie toevoegen aan dit Zuid-Afrikaanse culturele en literaire feest.

Naast Nederlandstalige auteurs tekende zoals vorig jaar ook nu weer een delegatie uit Canada present in de Vrystaat. Deze organisatorische keuze getuigt van een open beleid met belangstelling voor dialogen tussen schrijvers en literaturen. Revelerend zijn Ekke van Klara du Plessis, een tweetalige bundel (Afrikaans en Engels), en Paige Coopers prozadebuut Zolitude, korte verhalen gedrenkt in sci-fi en fantasy. Ook de twee andere dichters Kim Fu en Kayla Czaga boeiden het publiek met hun soepele bespiegelingen over de stand van de Canadese (Engelse) literatuur. Er roert en broeit wat in de literaire scene.

Gescheiden door duizenden kilometers, op het verhoog van een Vrystaats kunstenfeest, kwam in verschillende gesprekken een dialoog tot stand tussen Canadese, Zuid-Afrikaanse en Nederlandstalige auteurs. Getalenteerde jonge schrijvers die het publiek inzicht verleenden in de wijze waarop zij met literatuur aan de slag gaan, de relevantie van literatuur in een maatschappelijke context, in het panorama van het literaire bedrijf op drie verschillende continenten. De transnationale en meertalige ontmoetingen geven blijk van een open vizier, van een doordacht programmatorisch beleid, van aandacht voor strekkingen die zich elders in de wereld manifesteren. Waar de schrijver zich ook bevindt, spelen vergelijkbare besognes, de worsteling met taal, de reflectie over mens en samenleving in literatuur.

Genreverschuiving, vooral de ontwikkeling van hybride genres, is een patroon dat in verschillende taal- en cultuurgebieden op de voorgrond treedt. Het internationale vertoog over jonge literaire producties, in Canada, Nederland, Vlaanderen en Zuid-Afrika, kreeg een megafoon aangereikt op het Kunstefees. Het is dankzij de bemiddeling van de Zuid-Afrikaanse en Canadese debutant Klara du Plessis, auteur van de in Canada gepubliceerde dichtbundel Ekke, dat de Canadian Council betrokken is bij het culturele feest en schrijvers kon uitnodigen.

Dankzij de pertinente en bijwijlen ironische en speelse interventies van Gilbert Gibson loste het breed opgezette debat met de Canadese schrijfsters de verwachtingen in. Montreal kwam dichterbij in Bloemfontein. Corneli van den Berg, de ondernemende coördinator van het letterkundige programma, doet er goed aan de ingeslagen weg verder te bewandelen. Teksten en schrijvers zwemmen nu immers buiten het taalgebied waarin de literaire productie tot stand komt. Montreal, de titel van de Vlaamse schrijver Pol Hoste (een schitterend boek over diens residentieverblijf), is in Bloem nu ook een metafoor geworden voor de inspirerende productiviteit van transnationale schrijversontmoetingen. De volgende dagen lees ik in mijn schrijversresidentie in Pretoria de verzamelde boekuitgaven.

Yves T’Sjoen 2019

Willem M Roggeman. Milaan laat in de morgen

Friday, July 5th, 2019

 

Milaan laat in de morgen

voor de Milanese vrienden
Fabio en Dorothé

 

Want elke morgen tekent de stad een andere gedaante.
En telkens herschrijft zij ook sierlijk haar familienaam.
De Duomo jongleert dan met zijn duizenden beeldjes.

De wolken lijken af en toe op een schapenvel.
Een openstaand raam in de woning van Manzoni
biedt een vergezicht dat tot diep in de tijd dringt.

In de Santa Maria delle Grazie kerk
kleven vijf eeuwen aan een muur
als verblekende kleuren van een fresco.
Dertien personages zitten aan een tafel
en eten samen voor de laatste maal.
In een nis speelt Leonardo accordeon.

Buiten begint een voorbijganger te roesten.
Een werkwoord staat er lang werkloos bij.
Een ineengefrommelde bal krantenpapier
rolt over de straatstenen achter een auto aan.

Aan de rand van het grote ronde plein
dat Piazza Meda heet, maar eigenlijk
een uitstulping is van de Corso Matteotti
waar de auto’s razend voorbijsnellen
staat de sculptuur van Arnaldo Pomodoro,
een enorme bronzen schijf die recht staat
op haar anderhalve meter brede zijkant.
Gepolijst schittert deze blind in de zon.

Op het ronde vlak van deze sculptuur
vormen tientallen verticale inkervingen
als dubbele stralen in alle richtingen
een bevlogen onleesbare tekst in reliëf,
poëzie opgetekend in een onaardse taal.

Hier vlakbij zoekt de Scala de perfectie,
terwijl aria’s van Guiseppe Verdi zingen
tussen de verloren gebaren van een zwaan
looft iemand de iconen van de eenmaking.

Rustig wandelend op de sterk uitvergrote lanen
verschoof Umberto Eco al de betekenislagen
binnen in zijn roman “De naam van de roos”.
De obsederende cadans van de metrowielen
laat zijn naam nog ondergronds nazinderen.

Een wreed weerspiegelend winkelraam
slorpt te luidruchtige stadsbeelden op.
De affiches van een jazzfestival zingen
aan de gevels voor enkele schoolmeisjes.

Een hotelkamer als verjaardagscadeau.
Een stem die verdwaalt in de Povlakte.
De verbeelding zoekt een medeplichtige.
De stad haalt spelend een eeuw uit elkaar.

© Willem M. Roggeman  2019

Yves T’sjoen. Benno Barnard in Afrikaans

Sunday, June 30th, 2019

Benno Barnard in Afrikaans

Zondagochtend, bij het ochtendkrieken, reis ik van Pretoria naar Bloemfontein. De hele week heeft aldaar het Vrystaat Kunstefestival plaats. Het programma is bijzonder geschakeerd, zelfs overdadig. Naast film en theater zijn er boekpresentaties, muziekoptredens, literaire gesprekken. Te veel om op te sommen. Er staan ook Nederlandse en Vlaamse schrijvers geprogrammeerd. Saskia de Coster, Annelies Verbeke en Wytske Versteeg zijn te gast op uitnodiging van SASNEV en de Nederlandse en Belgische ambassade (Vertegenwoordiging van de Vlaamse regering). Uitgeverij Naledi, steeds meer gericht op Vlaamse en Nederlandse schrijvers, houdt de door Daniel Hugo vervaardigde Afrikaanse vertaling van Benno Barnards jongste bundel Het trouwservies (2017) boven de spreekwoordelijke doopvont. De Afrikaanse editie, Die trouservies, bevat naast de brontekst ook het lange gedicht waarmee Krijg nou de lyriek (2015) opent. Het was voor mij een privilege de totstandkoming van de vertaling van dichtbij te hebben bijgewoond. Daniel Hugo werkte aan de Universiteit Gent niet alleen aan de vertaling van Het verdriet van België (1983), voorwaar een huzarenstuk van literaire en culturele vertaalkunst. Van zijn aanstelling als vertaler in residentie (oktober-november 2018) maakte hij gebruik Benno Barnards poëzie te bestuderen – en vooral ook enkele prozatitels te lezen zoals Eeuwrest (2001), Een vage buitenlander (2009), Dagboek van een landjonker (2013), Mijn gedichtenschrift (2015). Ik kon een gesprek regelen tussen schrijver en vertaler – een eerste gesprek dat niet de indruk gaf een nieuwe ontmoeting te zijn. Aan het vertaalwerk ligt esthetische affiniteit met teksten en een poëtica ten grondslag, in dit geval ook tussen twee literaire figuren die in andere taalgebieden en literaire systemen naam en faam hebben verworven en elkaar vanaf het eerste moment begrepen.

Ter plaatse deed Hugo een ontdekking: de dichtkunst van Marc Tritsmans. Stapels met bundels uit mijn privébibliotheek gaf ik te leen zodat de eminente vertaler en dichter zich kon vergewissen van de klassieke en parlandogedichten van Tritsmans. Ik mag hier in alle stilte onthullen dat uitgeverij Naledi ook de vertaling van Tritsmans’ jongste uitgave Het zingen van de wereld (2017) binnenkort presenteert.

Aan de indrukwekkende bibliografie met boektitels uit de Nederlandstalige literatuur worden van de hand van Daniel Hugo binnen de paar maanden twee uitgaven toegevoegd. Niet dat het lang van tevoren was gepland. In dit geval koos de vertaler zelf de bronteksten en hij gaf zijn genereuze uitgever te kennen die gedichten beslist in het Afrikaans, voor een Zuid-Afrikaans lezerspubliek, te willen aanreiken. Aldus is geschied. Het is heel bijzonder dat de Barnard-vertaling in Bloem wordt gepresenteerd in aanwezigheid van schrijver en vertaler. Een literaire boekpresentatie in aanwezigheid van de betrokken actoren is behalve een feest voor de letteren en wederzijdse verstandhouding altijd een belangrijk moment in de promotie van het kleinood. Als auteur van het nawoord van het Zuid-Afrikaanse boek mag ik deelgenoot zijn van het evenement. Het siert de festivalorganisatie dat in het al drukke programma tijd is ingeruild voor Nederlandstalige literatuur, ook in vertaling dus. Ik kijk alvast uit naar de respons op het boek, boek-esthetisch met zorg en overgave op de markt gebracht door uitgever Johan Coetzee en redacteur Anita Froneman.

Pablo Neruda. Vertaling in Afrikaans

Monday, May 13th, 2019

Pablo Neruda. Vertaal in Afrikaans deur De Waal Venter.

 

Ode aan ʼn horlosie in die nag

In die nag, in jou hand het my horlosie
gegloei soos ʼn vuurvlieg. Ek het dit

hoor tik:
soos ʼn droë fluistering
het dit opgestyg
uit jou onsigbare hand.
Toe kom jou hand
terug na my
donker bors
om my slaap en sy ritme raak te vat.

Die horlosie
het aangehou saag aan die tyd
met sy klein sagie.
Soos in ʼn bos
val
stukkies hout
druppeltjies, stukke
takke of neste,
sonder om die stilte te versteur,
sonder om die koel donkerte te beëindig, en so
het die horlosie die tyd aanhou saag
uit jou onsigbare hand,
tyd, tyd
en minute
het geval soos blare

vesels
van gebroke tyd,
klein swart veertjies.
Soos in die bos
het ons wortels geruik,
water laat êrens
ʼn vet druppel val
soos ʼn nat druiwekorrel.
ʼn Klein meultjie
het die nag gemaal,
die donkerte het gefluister

terwyl dit uit jou hand geval het

en die aarde gevul.

Stof,
aarde, afstand
in die nag
het my horlosie
gemaal en gemaal
uit jou hand.

Ek het
my arm
onder jou onsigbare nek gesit, onder die warm gewig,
en in my hand
het die tyd geval,
die nag,
klein geluidjies
van hout en die bos,
van verdeelde nag,
van stukkies donkerte,
van water wat val en val:
dan
daal slaap neer
uit die horlosie en uit
jou slapende hande,
dit het geval soos die donker water van die bosse,

van die horlosie
na jou liggaam,
van jou af na nasies, donker water,
tyd wat val
en stroom
binne ons.

En so was dit daardie nag,
donkerte en ruimte, aarde en tyd,
iets wat stroom en val

en verbygaan.
En dit is hoe al die nagte oor die aarde skuif,
en net ʼn vae
swart reuk agterlaat,
ʼn blaar val,
ʼn druppel
op die aarde
demp sy klank,
die bos slaap, die waters, die velde,
die klokke,
die oë.

Ek hoor jou en jy haal asem, my geliefde,
ons slaap.

 

(Pablo Neruda. Oda a un reloj en la noche

En la noche, en tu mano brilló como luciérnaga mi reloj.)

Nuwe publikasie: Donkerwerk (Nini Bennett)

Wednesday, March 6th, 2019

Omslag

Donkerwerk

Nini Bennett

In Donkerwerk word daar gefokus op die dialektiese interafhanklik-heid van alle dinge. Daar word besin oor die nietigheid van die mens teenoor die mistieke grootsheid van die heelal, maar ook op die verhouding tussen die mens en die natuur.

Tematies handel die verse oor kinderloosheid, verganklikheid, die liefde, familie, geskiedenis, musiek en oorlog. Bekendes soos Dracula, Paul Celan en Stephen Hawking word aan die hand van portretstudies verbeeld, terwyl sosiale en persoonlike onrus die spilpunt van sommige verse vorm.

Oor die outeur: Nini Bennett behaal haar MA-graad in Skeppende Skryfkuns met lof aan die Universiteit van Kaapstad onder leiding van Etienne van Heerden. In 2002 debuteer sy met ’n bundel kortverhale Stoornis, wat in 2003 bekroon word met die UJ-debuutprys. In 2008 wen sy die internasionale Room to Read-prys in die kategorie Afrikaans, en die jeugverhaal, Die storie van Vusi se orkes, sien die lig in elf amptelike landstale. Haar debuutdigbundel, Kodeks verskyn in 2011 en Boekstaaf in 2015. Sy woon in Kaapstad. Donkerwerk is haar derde digbundel.(Naledi, 2019. Prys: R220, 213mm x 137mm ; ISBN: 978-1-928426-60-8, sagteband)

Genus

Ons is die geveerde begeerte

van swaartekrag; swerfklip

se sleur in valleie

van verlatenheid. Ons leef,

die stamlyn van sterre

weinig meer

as organismes wat in die kelders

van ou vulkane voed. Ons dring

dieper as die oseaan se mantels

deur die sonlig- en skemer-

en digter as die middernagstreke vóór

die abissale vlaktes

die donkerwerk

van Hades binnegaan. Ons is

stofnaam; weinig meer.

(Uit: Donkerwerk, deur Nini Bennett.  Naledi, 2019)

  •