Vaarwel Pablo Neruda Varend oor die woordesee beur die boeg skuimende boë opsy; die seile sing in die wind, ekstaties gespan tot breekpunt. Op teen die maanwit borste, een na die ander, af in die blou skadu van die kuiltjie. Voor lê die kalmte van die koringkleurige keel. Varend tot by die heimlike…
Category: Kompetisies
Lykdig 1: Hendrik Botha. Ek het jou belowe
Ek het jou belowe Vir Len S. Louw (1951 – 2013) Met my laaste besoek was jy bitter. Oor die lewe maar verál oor die dood. Oor sommiges se stil vertrek, ʼn verskietende ster bo Khorixas. Maar dié soos jy moet ly, vir maande, selfs jare aan die windkant van die Namib-duine wag….
Wenners van die Plekgedig-kompetisie!
Wenners : Plekgedig-kompetisie Baie geluk aan hierdie drie wenners! EERSTE PRYS (R1500): Solet Scheeres. “Om af te tree op Bela-Bela” TWEEDE PRYS (R1000): René Bohnen. “Nieu-Bethesda 2020” DERDE PRYS (R500) : Carina Stander. “Volmaan, Nature’s Valley” Met dank en waardering aan Cordis Trust vir hulle steun, maak ons graag die bogenoemde wenners bekend. Die…
Kortlys van finaliste vir Plekgedig-kompetisie!
Die kortlys van finaliste vir ons Plekgedig-kompetisie nou bekend gemaak! Lees die kortlys van kompetisie-gedigte hier. Baie dankie vir al die inskrywings wat ontvang is … Alle inskrywings is deur die Redaksie beoordeel, al het nie almal op die webblad verskyn nie. Drie buite-keurders sal nou die verdere beoordeling van gedigte op die kortlys (steeds anoniem) behartig en ons…
Plekgedig 53: GP Terblanche. Herinnering aan Hanover
Herinnering aan Hanover my lief dit reën op Hanover en die geur van klam kakiebos swymel deur die nag soos die grasvars neus van sauvignon blanc my lief dit reën vanaand op Hanover en as ons die druppelspoor in die droë sand sou volg vind ons dalk…
Plekgedig 52: Marie Bredenkamp. Calvinia
Calvinia moenie vrae vra of eens bespiegel hóé ver terug kán ‘n kind onthou: want oogpisters in die geut neffens die koestering van ‘n oop werf se wildevy nestel nóg (warm soos moederliefde) as ek laatmiddag verby die boekehuis ry en pennielegging om die kerk en tiekie-aande flits in foto’s onbeperk verby …
Plekgedig 51: Sharlto Alaska. Potchefstroom
Potchefstroom “Stad van Deskundigheid” Jy vloei haar binne op hoofpad Mooirivier Die ryweg kloof die dorp in twee soos ʼn gesplete pampoen Een helfte ʼn ryk oranje Die ander vrot en bruin In die brawe daglig staan hoopvol studente hulle hou handboeke soos gewere Vuiste in die lig onder ʼn confetti reën …
Plekgedig 50: Marietjie Louw. Wellington – Stad van Herlewing
Wellington – Stad van Herlewing Wellington is die klein dorpie van Herlewing die klein vallei van inmaakgoed en wyn Waar Mnr Murray sittend lees regdeur die jaar en studente rondom die jaar baljaar Waar die skuim van verouderende wyn rys soos mense ouer, beter en meer wys word teen ‘n bergrant van luie,…