Aktrise Martelize Kolver het ‘n “mix tape” van poësie vir RSG se Vers en Klank-program gekies, insluitende gedigte van Danie Marais, Marlise Joubert, Zandra Bezuidenhout, Elisabeth Eybers en Jasper van Zyl. Luister hier na die potgooi waarin haar voorlesings met musiek vermeng : http://bookslive.co.za/blog/2011/06/17/potgooi-gedigte-van-danie-marais-marlise-joubert-jasper-van-zyl-en-meer/ Martelize Kolver lees gedigte van Danie Marais, Marlise Joubert, Zandra…
Category: Gedigte
Die Gedigteblog plaas Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte. Digters wat reeds gepubliseer het by ‘n gevestigde uitgewer, kan ‘n ongepubliseerde gedig na Versindaba stuur.
Indien jy ‘n uit die Lae Lande is, stuur asseblief een of twee gedigte saam met ‘n kort biografie van ongeveer 10 reëls daarby vir bekendstelling met die eerste plasing. Alle gedigte word gekeur. Biografiese besonderhede vir Afrikaanse digters is nie nodig nie. Digters wat in die reeks Nuwe Stemme gepubliseer het is welkom. Kommentare sal oop gelos word by die gedig om interaksie te stimuleer, maar indien jy verkies, kan ons die kommentaarblokkie sluit.
Andries Bezuidenhout. Ritrympie
Dít het ek nooit kon dink nie – dat ek begin September Pretoria toe sou terugkeer, na losbandige witstinkhoute, groen gefuif teen knoppiesdoringvaal, koorsbome nog kaal van ʼn toegeeflike, dog ferm winterrasperryp; tóg iets blymoedigs onder bas te bespeur, in die kwas, aan doringlatte se stekelpunte. Inwoners, onbewus van die nuwe blus, poog om hakskene…
Lucie Möller. Twee gedigte
Die vloksy rok Geskenke het blink bly skommel toe hy haar hand kom vra: duur bly afsteek teen haar blousis rokke met blommetjie-wit omboorsel, die verlepte tooisels van geperste fluweel om die bolyf, en onderrokkies van Sjinese krip met geskulpte Holland kant. Sy’t haar rok met trots gedra, dié rok, háár rok van…
Lucie Möller. Twee gedigte
toe vlermuise landingsplek soek New York, Januarie 1998 tussen Macy’s en Bloomingdales lê die strate snakkend na ‘n sneeustorm elke paar tree swart sambrele soos geknakte vlermuisvlerke: die ontoegevoudes. En aan die bome opgerank skitterliggies polsend: vuurvliegies uit Anderland. * Kango waar die waterige oog terug eb…
Melanie Grobler. Sal jy my môre nog liefhê?
Sal jy my môre nog liefhê? vir Amy Winehouse Eenkant, enkel en alleen op ʼn straathoek staan ʼn jong vrou geklee in ʼn glanshempie met ʼn lae hals, nou swart romp swart hare opgehoop in ʼn byekorf van ouds dis duidelik dat sy op iemand wag elke nou en dan gee…
Clinton du Plessis. Aan die gatkant van die maan
Aan die gatkant van die maan* Etienne praat in die Victoria Manor oor vergeet & onthou & hy laat my dink: om te onthou is om selektief & nostalgies te vergeet, ek onthou; die Bruce Lee movies, no chinese & dogs allowed, aan die rand van die dorp – die draak wat wag met…
Hennie Aucamp. Oom Noag die Tweede
OOM NOAG DIE TWEEDE ʼn kindervers Stadig word my huis ʼn ark wat wegvaar in die reën. O, wat het ek in my kombuis? ʼn Skenkel en ʼn skeen, ʼn Koolkop en drie eiers, en ʼn afgekluifde been. O, waarheen vaar ek sonder kos en buitekant steeds reën? My houthuis strand teen…
Bert Bevers. Lambertus van Sint-Omaars beschrijft de wereld
Lambertus van Sint-Omaars beschrijft de wereld I Je laat me binnen. Je verbaast je over mijn bril, mijn pen, mijn rare kleine opbelmachine. Wat opbellen is? Dat je in Sint-Omaars kunt spreken met iemand uit Saint-Omer als er huizen tussen staan, er velden tussen liggen. Je reactie doet me denken. Tijd genoeg….