Optelvers ‘n Katedraal en ‘n kerkhof in Zagreb se stuifreën bekyk op my reisplan. Aljander aljander so deur die bos: zagrabiti bedui glo om te “scoop”. ‘n Man met ‘n sambreel rooi loop voor my kamera in: ongenooid en ongevraag. Agter my in die Bistro Capuciner sit ‘n ouvrou alleen met ‘n bos blomme…
Category: Gedigte
Die Gedigteblog plaas Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte. Digters wat reeds gepubliseer het by ‘n gevestigde uitgewer, kan ‘n ongepubliseerde gedig na Versindaba stuur.
Indien jy ‘n uit die Lae Lande is, stuur asseblief een of twee gedigte saam met ‘n kort biografie van ongeveer 10 reëls daarby vir bekendstelling met die eerste plasing. Alle gedigte word gekeur. Biografiese besonderhede vir Afrikaanse digters is nie nodig nie. Digters wat in die reeks Nuwe Stemme gepubliseer het is welkom. Kommentare sal oop gelos word by die gedig om interaksie te stimuleer, maar indien jy verkies, kan ons die kommentaarblokkie sluit.
Breyten Breytenbach. vlugtige jareverslag : ode aan ‘n pampoen
vlugtige jareverslag : ode aan ʼn pampoen 1. Die herfspampoen ʼn Man was van plan om vir hom ʼn pampoen te koop vir sy verjaardag die sestiende September die tyd was op hom en hy wou nie nalatig wees teenoor sy vriende nie net nou dink hulle…
Joan Hambidge. Om ‘n uitskotvers oor die landskap van Kroasië te skryf
Om ‘n uitskotvers oor die landskap van Kroasië te skryf vir JdL Met filmmaak beland daar glo altyd footage op die vloer en fotograwe delete, delete, delete, so weet ons, tot die volmaakte foto die oomblik perfek vasvang. Met die digkuns eweneens ‘n soeke na balans, na ewewig. Ook hier land vele woordskaafsels op…
Bert Bevers. De anderen
De anderen Bij het spelen met de ondertitels van The Others van Alejandro Amenábar I “Wat zou er met hen gebeurd zijn?” “Ze zijn vast dood, net als de rest. Weg. Ah, dat waren nog eens tijden.” “U bedoelt verdwenen?” “In het niets. Zonder bericht. Ze waren gewoon vertrokken.”…
Joan Hambidge. Puntdigte uit die Sloweense landskap
Puntdigte uit die Sloweense landskap Elisabeth Eybers Altyd in balans, in ewewig: afgeweeg simmetries ‘n gedig. DJ Opperman Die swart kategese oor Dertig, bly steeds leersaam en kragtig. Sheila Cussons Deur leed en gas gepuur: ‘n engel red jou uit die vuur. NP van Wyk Louw Jy…
Christine Barkhuizen le Roux. Meiringspoort – vir C.J. Langenhoven
Meiringspoort – vir C.J. Langenhoven hasejag rietbos grys winterpopulier blaarloos blomnek en varkenskraal seepwater geel rots skelmkloofdrif watter boer het hier so skuwerig rondgeloer? aalwyndrif dubbele drif steweldrif plant jou voete stewig in dié aarde sanddrif o goddelike hemelklip na al die eb en vloed ‘n sprinkel hoop liefde geloof dan spoed die…
Johannes Prins. Get over yourself
get over yourself Ek weet byna presies wat’s fout met ons. – Toast Coetzer daar sit ’n rooi sekelmaan langs my linkeroog se kornea, bloed het deur die nag uit die hoek uit gesyfer my een onderste molar is al vir jare lank ’n oopgroefmyn wat ek met repair & protect wegborsel,…
Joan Hambidge. Robin Williams
Robin Williams – Let be be finale of seem Wallace Stevens: The Emperor of Ice-cream “I love you. I miss you. I will try looking up”, twiet jy vir oulaas voor jy hierdie wêreld-en-sy-mense, wat jy so uniek kon vertolk, abandoneer. Russies het jy soos blits geleer en alle stokkies vir ‘n grappie,…
