toe vlermuise landingsplek soek New York, Januarie 1998 tussen Macy’s en Bloomingdales lê die strate snakkend na ‘n sneeustorm elke paar tree swart sambrele soos geknakte vlermuisvlerke: die ontoegevoudes. En aan die bome opgerank skitterliggies polsend: vuurvliegies uit Anderland. * Kango waar die waterige oog terug eb…
Category: Gedigte
Die Gedigteblog plaas Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte. Digters wat reeds gepubliseer het by ‘n gevestigde uitgewer, kan ‘n ongepubliseerde gedig na Versindaba stuur.
Indien jy ‘n uit die Lae Lande is, stuur asseblief een of twee gedigte saam met ‘n kort biografie van ongeveer 10 reëls daarby vir bekendstelling met die eerste plasing. Alle gedigte word gekeur. Biografiese besonderhede vir Afrikaanse digters is nie nodig nie. Digters wat in die reeks Nuwe Stemme gepubliseer het is welkom. Kommentare sal oop gelos word by die gedig om interaksie te stimuleer, maar indien jy verkies, kan ons die kommentaarblokkie sluit.
Melanie Grobler. Sal jy my môre nog liefhê?
Sal jy my môre nog liefhê? vir Amy Winehouse Eenkant, enkel en alleen op ʼn straathoek staan ʼn jong vrou geklee in ʼn glanshempie met ʼn lae hals, nou swart romp swart hare opgehoop in ʼn byekorf van ouds dis duidelik dat sy op iemand wag elke nou en dan gee…
Clinton du Plessis. Aan die gatkant van die maan
Aan die gatkant van die maan* Etienne praat in die Victoria Manor oor vergeet & onthou & hy laat my dink: om te onthou is om selektief & nostalgies te vergeet, ek onthou; die Bruce Lee movies, no chinese & dogs allowed, aan die rand van die dorp – die draak wat wag met…
Hennie Aucamp. Oom Noag die Tweede
OOM NOAG DIE TWEEDE ʼn kindervers Stadig word my huis ʼn ark wat wegvaar in die reën. O, wat het ek in my kombuis? ʼn Skenkel en ʼn skeen, ʼn Koolkop en drie eiers, en ʼn afgekluifde been. O, waarheen vaar ek sonder kos en buitekant steeds reën? My houthuis strand teen…
Bert Bevers. Lambertus van Sint-Omaars beschrijft de wereld
Lambertus van Sint-Omaars beschrijft de wereld I Je laat me binnen. Je verbaast je over mijn bril, mijn pen, mijn rare kleine opbelmachine. Wat opbellen is? Dat je in Sint-Omaars kunt spreken met iemand uit Saint-Omer als er huizen tussen staan, er velden tussen liggen. Je reactie doet me denken. Tijd genoeg….
Andries Samuel. in die langpad
in die langpad 1 die karoo se grond wys in letselpante tussen bos – van onder aardkorste gestrand soos arke bo-op kegels sand, bloei harde poeiers los platbreeksels rots verkrummel sag – skilfer klip, so asof dit lig wil opdryf nes die kwaste bos klipuitrifsels knoets wortels op die hemel in van waar dit weer…
Bernard Odendaal. Twee nuwe gedigte
Gala-toeskouer A postcard from the Volcano Lig- en skaduhale snelskryf die wind-, boom- en son- onderons oor die Wallace Stevens-verse op my skoot. ‘n Rilbont bal rol uit die hoek van my oog tot teen my been en ek kyk op: mededingerslae van die swemmers laat skitter- en skadu- rimpelinge agter hulle…
Andries Bezuidenhout. As halms op die Hoëveld teem
is dít dan waarna ek moet gryp? is dít dan hoe die einde lyk? as stingel verdor deur wortelhaar as spriete mank werwel aan saad as rugstring buk vir winterslig? wag maar, wag maar – vir vonk en knetter, of die knak, oplaas. is dít dan hoe die einde lyk? is dít dan waarna ek moet…