Met hande soos van hout “They were men with the bark still on” (Frederick Remington, skilder, VSA) In jou tropiese tuin waar jy palmblare afsaag soos monderings en maskers van gaas, bly jy my seun, met hande soos my pa s’n: harde hout met die bas nog aan. Uit fragmente,…
Category: Gedigte
Die Gedigteblog plaas Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte. Digters wat reeds gepubliseer het by ‘n gevestigde uitgewer, kan ‘n ongepubliseerde gedig na Versindaba stuur.
Indien jy ‘n uit die Lae Lande is, stuur asseblief een of twee gedigte saam met ‘n kort biografie van ongeveer 10 reëls daarby vir bekendstelling met die eerste plasing. Alle gedigte word gekeur. Biografiese besonderhede vir Afrikaanse digters is nie nodig nie. Digters wat in die reeks Nuwe Stemme gepubliseer het is welkom. Kommentare sal oop gelos word by die gedig om interaksie te stimuleer, maar indien jy verkies, kan ons die kommentaarblokkie sluit.
De Waal Venter. “Drie-uur”
Drie-uur Twee helftes van die nag se swart vlies trek weerskante toe, weg van die snydende lem van sy bewussyn. Droë poeierlig walm geluidloos van agter die toegetrekte gordyne; lyne bestaan nie, net kolomme wisselende donkerte. Dikkoppe klik ’n ent in die straat af. Hulle besit nou die teerstraat, die nag is hulle…
Bart Stouten. “Gratis koffie (zoals vroeger)”
GRATIS KOFFIE (ZOALS VROEGER) Liefde moet je verzorgen. ‘t Is als een kopje koffie zetten met een antieke molen: je giet traag kokend water op, je blijft erbij, je noemt het vroeger. Als een orchidee voor het raam. Liefde mislukt soms. Maar ook dan moet je er een zetel voor vinden. Ontdekken waar…
Hennie Nortjé. Voorbeeld
Voorbeeld Julle skandbeelde staan nou knus saam-saam weg gepakkamer tot wie weet wanneer of waar die malligeid hom dalk weer herhaal. Vir die blertsende meeu en die skarrelende rot verrys gelukkig binnekort nuwe teikens om van voor af te bemors. Maar, o my liewe tyd, kyk: iemand het Mandela s’n bloosrooi gaan bespuit. …
gilbert gibson. Twee gedigte
ek;[beminuslaafs] ek;[beminuslaafs]want.u.sal..enige//iets doenom..my.kinders.te.help=en ek;[beminuslaafs]..want)elke keer.as u.aan.my.raak[]..skryf.ek//weer.iets/neer ek;[beminuslaafs]toe.u.iets{uitmy-oë-uit-vee}diedeernis. ..deernis, ek;[beminuslaafs]u;draai;myaan[ʼn.switchblade.]/. ek;[beminuslaafs]ie[u]mand.wat-niesleepvoetloop-nie: ek;[beminuslaafs]want[[=.ek.het.die.here,/maar.die.here.het.mynie. ek;[beminuslaafs]..soos..ʼn..slaaf// * steel.[ ʼn trekkerbattery om: steel.[ ʼn trekkerbattery om: ʼn ou motor aan()die gang te kry ..breker.die.wag.hond[en –e]..wag & begin+te.blaf . en.ry[duiseligheid]seker../[of-]bang +deur.die’ogiesd raad h ei-ning…..oupa{komuitgehardloopuit..: die.’huis.’uit die slaap}op.ʼn.drafstap. ./hy.lyk.jonger>&gesond.//..ditlyksoosʼnrooi. steel.[ ʼn trekkerbattery om: © gilbert…
Stefaan van den Bremt. “De Meester en de Menigte”
De Meester en de Menigte De anatomieles Daar ligt hij dan, binnenstebuiten, uitgekleed tot op de ziel, uitgekermd, afgenomen van de galg en van Jan Rap en zijn maat die zich vergapen kwam. Scherp uw blik aan, heren, tot hij snijdt op de tafel van de doctor met die breed gerande hoed,…
Johann Lodewyk Marais. Out of Africa
OUT OF AFRICA ’n Jong man het ’n week lank die vliegtuig uit ’n olieblik en draad geprakseer en op ’n straathoek te koop aangebied. Hierdie maaksel het jy bly aangeskaf, op die glasblad van ’n tafel laat staan en een foto ná die ander geneem. Die volgende dag staan die stuk…
Delphine Lecompte. Als de dood Spaans is, dan is het leven natuurlijk Pools
Als de dood Spaans is, dan is het leven natuurlijk Pools Ik weet zo ontzettend weinig Ik moet mijn kennis dringend bijspijkeren Maar de lokroep van de kermis is enorm krachtig En de uitbater van het schietkraam zegt: ‘Je bent een ster. Je bent zo superieur intelligent, en je borsten zijn onweerlegbaar.’ Ik…
