die doekvoet denkpad Scarring dictates the poetical process and evokes the poet’s deepest and greatest longing for wholeness. Ashral Jamal MY BROER SE NAAM 1. Ek het die droom in ’n blikkissie bewaar en saam met sy geskrifte teen die berghang begrawe in die nag begin dit skielik…
Category: Gedigte
Die Gedigteblog plaas Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte. Digters wat reeds gepubliseer het by ‘n gevestigde uitgewer, kan ‘n ongepubliseerde gedig na Versindaba stuur.
Indien jy ‘n uit die Lae Lande is, stuur asseblief een of twee gedigte saam met ‘n kort biografie van ongeveer 10 reëls daarby vir bekendstelling met die eerste plasing. Alle gedigte word gekeur. Biografiese besonderhede vir Afrikaanse digters is nie nodig nie. Digters wat in die reeks Nuwe Stemme gepubliseer het is welkom. Kommentare sal oop gelos word by die gedig om interaksie te stimuleer, maar indien jy verkies, kan ons die kommentaarblokkie sluit.
Breyten Breytenbach. « die dood is ‘n oordrywing » (‘n klein reis)
« die dood is ‘n oordrywing » (‘n klein reis) in hierdie onthoubrief aan Oupa Lewe Bra Leonard, Daar’s ‘n lover in die storie Maar dis dieselle ou storie Daar’s ‘n slaapliedjie vir lyding En ‘n padda vir die boks Maar dis ook in geskrifte En nie net op die wind Jy wil die nag…
René Bohnen. Soogvisse in die Outeniqua
SOOGVISSE IN DIE OUTENIQUA Jou sms blits deur die lug soos ʼn groen gedig: ʼn kalfie is gebore in ons kobalt baai — kom sit op die balkon by my bokant die baardfyn lugwortels van ʼn wildevy Ja! teks ek terug, ja dan drink ons malvatee en jasmyn uit paisley porselein en vryf…
Melanie Grobler. Liza se klavier
Liza se klavier Die een wat ’n hoëveldwolk om haar lyf dra, speel die klavier ’n blaar val in ’n stroom en ’n voël vlieg verby die skemer die kadense word ligspikkels op die swart skoenlapper wat aanmekaar om die tak van die berk in die briesie vlerk soms bly…
Nicolette van der Walt. Hyperion
Hyperion Sequoia sempervirens Óók hierdie reus se oorsprong is minuskuul, die vlug van saad uit die keël windaf na waar varings en valleie sag in die mis wag. Teen die slape van heuwels kring die stam uit die kalligrafie van sy wortels. ’n Buurtwag van swamnetwerke spoor die boom op die lang reis na…
Louis Esterhuizen. “Puin en as”
Andries Bezuidenhout se gedig “In Wellington brand ‘n klavier – ‘n Verleentheidsgedig” en veral die reaksie daarop, is volgens my een van die belangrikste interaksies in ‘n lang tyd op hierdie webblad. Kom ons neem die gesprek verder … Puin en as Alles van waarde is weerlo0s Lucebert In Wellington word ‘n oudste saal…
De Waal Venter. Karl Jung ervaar sy psige as ’n seekoei.
Karl Jung ervaar sy psige as ’n seekoei Die seekoei van sy psige bars deur die oppervlak, blaas stomende asem uit wydoop neusgate, beur uit die water en trap swaarlywig die riete in. . Onder die water het hy gesweef, danserig op die tone voortbeweeg; die gewig van die buitewêreld was nie daar nie….
Breyten Breytenbach. weer en verweer : maanpoen vir die 16de September 2016
weer en verweer : maanpoen vir die 16de September 2016 as monoloog vir twee monde « In the evening I finished reading a book, and because I was feeling so alone, I buried the book on the edge of the forest with a borrowed spade » Werner Herzog, Conquest of the Useless « We…
