‘n Uitsonderlike geleentheid vir die liefhebbers van literêre feeste is eersdaags daar om te geniet: die eerste Adam Smallfees wat op Pniël aangebied word. Afgesien daarvan dat die veelsydige Adam Small as digter bekend was, was hy natuurlik ook bekend as dramaturg (waarvoor hy met die Hertzogprys vir Letterkunde in 2012 bekroon is) en vele…
Category: Nuuswekkers. Louis
Alle vorige nuuswekkers deur Louis Esterhuizen.
Nuuswekker. Lady Anne binnekort in Engels beskikbaar
Goeie nuus is dat Antjie Krog se grensverskuiwende bundel, Lady Anne (1989: Human & Rousseau) teen die einde van die maand in Engelse vertaling gaan verskyn. Hierdie bundel, wat in 1990 met die Hertzogprys vir poësie bekroon is, is inderdaad 26 jaar later nog net so relevant en daarom is hierdie publikasie, in samewerking met…
Nuuswekker. Paul Auster stel hom beskikbaar vir PEN America se voorsitterskap
‘n Interessante, dog uiters belangrike, verwikkeling rondom Donald Trump se verkiesing as president van die VSA, is die teenstem en – strategie wat dit tot gevolg gehad het. So het The Guardian onlangs bekend gemaak dat Paul Auster, wat nie net een van die VSA se mees gerekende skrywers is nie, maar ook vir etlike…
Nuuswekker. Onderhoud met Anne Carson in The Paris Review
Een van die lekkerste snuffelplekke op die internet is vir my The Paris Review se webtuiste, want hier kan jy rustig deur al die vorige uitgawes lees; so stuit jy telkens teen die ongelooflikste bydraes. Soos die onderhoud wat Will Aitken in 2004 gevoer het met Anne Carson, sekerlik een van die mees kreatiewe en…
Nuuswekker. Gary Snyder word vereer
Gary Snyder is uiteraard bekend as een van die vernaamste Beat-digters en as sulks het die stad San Francisco onlangs die 85-jarige digter en voormalige Pulitzer-pryswenner vereer met ‘n spesiale program wat deel uitgemaak het van die City Arts and Lectures in San Francisco se Nourse Teater. Met dié geleentheid is Snyder se nuutste, en…
Nuuswekker. Waar was die digters met die presidensiële inhuldiging?
Nou ja, uiteindelik het die stofwolke in die Amerikaanse draadkamp tot kalmte gekom na die opstootjies rondom pres. Donald Trump se verkiesing tot president en sy inhuldiging ‘n week gelede. Nou vra The Atlantic in ‘n onlangse berig héél tereg waar die digters dan was, want nie minder as vyf vorige presidente het ‘n digter…
Nuuswekker. Meander resenseer Afrikaanse digbundel
Die Nederlandse webtuiste, Meander, is vir etlike jare reeds een van die vernaamste kampvegters vir die behoud en ontwikkeling van die Nederlandse en Vlaamse digkunste. Daarom dat ek verras regop gesit het toe ek sien dat hulle pas ‘n resensie deur Hans Franse van Ilse van Staden se jongste bundel “Waar die oog van…
Nuuswekker. Blomtyd vir die konkrete digkuns?
Kyk, Nieu-Seeland is uiteraard bekend vir sportprestasies, maar hulle het darem ook ‘n besonder aktiewe digkuns om mee te spog. Daarom dat die herwaardering van Joanna Margaret Paul (1945 – 2003) se lewe en werk op Jacket2 my oog gevang het. Cy Mathews, skrywer van die artikel, motiveer die behoefte aan ‘n herwaardering van Paul…