woud van nege en negentig vlerke. Deur Carina Stander. Tafelberg. R 140. Hierdie tweede digbundel van Carina Stander is duidelik ’n woordkind uit dieselfde gesin as haar debuut, die vloedbos sal weer vlieg, van 3 jaar gelede. Die “woud” van die titel eggo die “vloedbos” van die debuut, net soos “vlerke” die “vlieg”-gegewe van…
Category: Resensies
Daar word gepoog om van elke nuwe Afrikaanse digbundel wat by ‘n gevestigde uitgewer verskyn, ‘n resensie op hierdie webblad te lewer. Vir ‘n inhoudsopgawe kyk na die opsies heelbo aan hierdie webblad.
oorblyfsel / voice over
oorblyfsel / voice over. Breyten Breytenbach. Kaapstad: Human & Rousseau. ISBN 978-0-7981-5071-2. Prys: R150. Breytenbach het al meer as een keer gedreig om op te hou skryf in die “dooie taal” Afrikaans. Derhalwe is dit telkens ’n dubbele vreugde om ’n nuwe bundel van hom te lese te kry. So ook…
Bloot mens
Bloot mens. Jelleke Wierenga. Pretoria: Protea Boekhuis. ISBN 978-1-86919-311-9. Prys: R130. Met Bloot mens is Jelleke Wierenga, as ek reg getel het, al die sesde van die sestien digdebutante in nuwe stemme 2 (2001) wat met ’n eie solobundel vorendag kom. Dis ’n gekwelde mens, geneig tot die uiterstes van lewensdrif en depressiwiteit,…
Die lenige liefde
Die lenige liefde. Herman de Coninck. (Gedigte uit Nederlands vertaal deur Daniel Hugo). Pretoria: Protea Boekhuis. 132 pp. ISBN: 978-1-86919-302-7. Aandag vir poësievertaling in Afrikaans is in die afgelope jare deur ‘n paar gebeurtenisse geprikkel. Eerstens het ‘n aantal bundels en bloemlesings met sulke vertalings verskyn. Daar was Afrikaanse omsettings van werk uit die…
Lang reis na Ithaka
Lang reis na Ithaka. Dolf van Niekerk. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys R100.00 Lang ries na Ithaka Dolf van Niekerk se prosa- en radiowerk het hom talle toekennings besorg. Sy bydrae op die terrein van die digkuns het in 2006, met die verskyning van Nag op ‘n kaal plein, ook weer onder die aandag gekom….
Die algebra van nood
Die algebra van nood Johann de Lange Human & Rousseau (R140) Met sy bundeltitelkeuse lui De Lange al die dringende toon van Die algebra van nood in. Dis naamlik veral die noodwendigheid van verlies, gefnuiktheid en verganklikheid, en die angste en verdriete wat dáárdeur gewek word, wat tot uitdrukking kom. Die tematiese…
Die panorama in my truspieël
Die panorama in my truspieël. Daniel Hugo. Protea Boekhuis. Prys R130,00. Sewe jaar het verloop sedert die verskyning van Hugo se vorige digbundel, Die twaalfde letter. Soos ‘n mens nou al verwag aangaande hierdie vernuftige digter, is die titel van hierdie dertiende bundel van hom meerduidig. Dit laat, soos die fasette van ‘n geslypte kristal,…
Al is die maan ‘n misverstand
Al is die maan ‘n misverstand . Deur Danie Marais. Tafelberg-uitgewers. – Bernard Odendaal – Danie Marais se digdebuut uit 2006 het hom drie literêre pryse in die sak gebring. Ook die leserspubliek het van in die buitenste ruimte gehou, soos goeie verkoopsyfers getuig. By die skryf van hierdie resensie was ook reeds die…