Amanda Lourens

Amanda Lourens. John Berryman: Bevlekte held?

Saturday, June 9th, 2012

 

In haar resensie van Johann de Lange se Vaarwel, my effens bevlekte held (2012)  beskryf Joan Hambidge die gedig “Skielik skemer” as ’n sentrale gedig in die bundel, en dat dit ook die titel van die bundel aktiveer.  Die betrokke bundeltitel is een van dié wat jou boei deur die nié-voor-die-hand-liggendheid daarvan (maar nie sonder ’n tikkie  ironiese beskouing nie), en jou van meet af aan laat nadink oor die moontlike betekenis daarvan. Dit was eers op bladsy 78, met die raaklees van “Skielik skemer”, dat ek ’n moontlike kode tot die ontsluiting van die titel gevind het.

 

Skielik skemer

 

      What happen then, Mr Bones?

      I had amost marvellous piece of luck. I died.

John Berryman

 

Hoe dikwels het jy nie deur jou kantoorvenster

na die brug gestaar nie. Gewonder of dit jou weg

kon vat. Soos Hart Crane oor die relings

van die ss. Orizaba& in sy vaar-

waters in. Hy het glo sterk & doelgerig wéggeswem,

sy skoene netjies op die dek.

 

Art Hitman, skryn-

werker op kampus het jou op die brugreling sien sit,

met ’n streep weg & teen die grein,

voor jy sonder terugkyk vooroor gekantel het

om buite sig skipbreuk te ly, die grys beton te vlek.

Uitgeken net aan jou bril & ’n blanko tjek.

 

Jou laaste gedig is sonder slot: ’n eerste weergawe

van jou dood wat jy op jou lessenaar vir Kate wou los

om te lees. Ten slotte trek jy ’n laag-

waterlyn daardeur & smyt dit in die snippermandjie vir Kate

om op af te kom. Maar toe was jy al oor die muur

& water onder die brug. Vaarwel, my effens bevlekte held.

 

De Lange se gedig met sy realistiese blik en lig-ironiese toonaard (onder meer te danke aan die woordspelings in die laaste twee reëls) werk met die gebeure rondom die bekende Amerikaanse digter John Berryman (1914-1972) se selfmoord vroeg in ’n koue Januarie 1972. Hy is gebore as John Allyn Smith in Oklahoma, en beleef op twaalfjarige ouderdom ernstige trauma wanneer sy bankier-pa homself voor die seun se venster skiet. Na drie maande is sy ma weer getroud, en John het sy stiefpa, John McAlpin Berryman, se van aanvaar. 

John se lewe is sedert sy jeugjare deur kwellinge gekenmerk, soos reeds blyk uit sy eerste selfmoordpoging in 1931. Sy studiejare aan Columbia Kollege en later Cambridge word gevolg deur ’n tyd waarin hy aan Wayne Universiteit in Detroit doseer, maar in Desember 1939 word hy gehospitaliseer as gevolg van senu-uitputting, waarvan hy ook later in sy lewe – en vererger deur alkoholmisbruik – sou las hê.   

Sedert 1940 doseer Berryman aan verskillende universiteite en vestig hy ook sy loopbaan as literator en digter.  Sy privaat lewe was egter besig om toenemend gekompliseerd te raak vanweë sy alkoholmisbruik – hy skei van sy eerste vrou, Eileen, en ontvang die trekpas van die Writer’s Workshop in Iowa na hy vir openbare dronkenskap en rusverstoring gearresteer is. 

In 1955 word Berryman aangestel as dosent aan die Universiteit van Minnesota en verhuis na Minneapolis, waar hy vir die res van sy lewe sou bly.  Dit is in hierdie tyd wat hy begin werk aan The Dream Songs, wat moontlik as sy belangrikste werk beskou kan word.  In 1956 trou hy met die 24-jarige Ann Levine, maar die huwelik kom in 1958 tot ’n einde.  Sedert 1959 word hy gereeld gehospitaliseer vir alkoholisme.  In 1961 trou hy met sy derde vrou, die 22-jarige Kate Donahue.

Vir 77 Dream Songs (1964) ontvang hy die PulitzerPrize, en vestig so sy reputasie as een van die belangrikste moderne Amerikaanse digters.  Uiteindelik brei hy hierdie werk uit tot ’n versameling van 385 gedigte, met die karakter Henry as protagonis – ’n karakter wat gesien kan word as om Berryman se eie sielkundige worsteling te verwoord; ’n karakter intens gekwel deur sy pa selfmoord, deur sy eie libido en deur alkoholisme.  Die karakter van Henry word toegelaat om deur die gedigte uiting te gee aan sy onopgeloste woede en sy vrese en aan sy donkerste fantasieë uiting te gee.  Dus is talle van hierdie gedigte donker van aard, en gee die spreker via die persona van Henry uiting aan talle emosies wat moontlik spruit uit Berryman se eie onverwerkte emosies rondom sy pa se dood, soos veral blyk uit die voorlaaste gedig in The Dream Songs: 

 

The marker slants, flowerless, day’s almost done,

I stand above my father’s grave with rage,

often, often before

I’ve made this awful pilgrimage to one

who cannot visit me, who tore his page

out: I come back for more.

I spit upon this dreadful banker’s grave

whoshothisheartout in a Florida dawn

O ho alas alas

When will indifference come, I moan & rave

I’d like to scrabble till I got right down

away down under the grass

and ax the casket open ha to see

just how he’s taking it, which he sought so hard

we’ll tear apart

the mouldering graveclothes ha & then Henry

will heft the ax once more, his final card,

and fell it on the start.

 

Vir die uitgebreide weergawe van The Dream Songs (1969) ontvang Berryman die National Book Award sowel as die Bollingen-prys.  Hierdie toekennings vereer hom veral vir sy kenmerkende digterlike stem wat ’n dag na sy selfmoord in die New York Times as “jaunty, jazzy, colloquial … full of awkward turns and bent syntax” beskryf is.

Op 7 Januarie 1972 het Berryman aan sy vrou Kate gesê dat hy kampus toe gaan om sy kantoor te gaan skoonmaak.  Volgens Kate was Berryman op daardie stadium baie stil, maar, het sy gesê: “But he had developed a hum. He would hum all the time.” In der waarheid was hy op daardie stadium reeds ’n redelike tyd lank nugter, na hy in die voorafgaande maande ’n hele paar keer gehospitaliseer is (een keer in 1969 en drie keer in 1970). Klaarblyklik het hy hom in hierdie periode ook kortstondig tot godsdiens (Judaïsme en Katolisisme) gewend.  Nietemin het die digter homself om die lewe gebring deur homself van die Washington Avenue-brug te werp.  Sy jongste dogter by Kate was net ses maande oud. (Athey 1999, Poets.org 2012, Poetry foundation 2011).

In sy kantoor, op die agterkant van ’n koevert in die snippermandjie, het Kate die volgende reëls gevind:

 

O my love Kate, you did all you could.
I’m unemployable & a nuisance.
Forget me, remarry, behappy.

(Granneman 2008).

 

Kennelik is dit na hierdie reëls wat die laaste strofe van De Lange se gedig verwys, en is dit Berryman self wat die “effens bevlekte held” is, soos ook blyk uit die spore van hierdie digter in De Lange se eie digkuns (soos die gebruik van ampersand, om maar een voorbeeld te noem). Kan “bevlek” dan gelees word as Berryman se gekwelde lewe, gevolg deur sy tragiese sterwe, soos die betrokke gedig dan ook impliseer (“die grys beton te vlek”)? 

 

 

Bronne

 

Athey, Joel. 1999. John Berryman’s Life and Career [Internet]. In: American National Biography. New York: Oxford University Press. Beskikbaar:  http://www.english.illinois.edu/maps/poets/a_f/berryman/life.htm. [2012, 30 April].

Granneman, Scott. 2008. John Berryman’s suicide note [Internet]. Beskikbaar: http://blog.granneman.com/2008/09/28/john-berrymans-suicide-note/. [2012, 30 April].

 

Poets.org. 2012. John Berryman [Internet]. http://www.poets.org/poet.php/prmPID/6. [2012, 6 Junie].

 

Poetry Foundation. 2011. John Berryman [Internet]. http://www.poetryfoundation.org/bio/john-berryman. [2012, 7 Junie].

Amanda Lourens. Op reis met die anima

Saturday, April 21st, 2012

Ek lees die afgelope week of twee al herkouende aan Cas Vos se jongste bundel, Weerloos lewe (2012). Die veertienreëlige gedig “my anima is my herder” is een van dié waaraan ek besonder stadig herkou, en bly wonder of ek hoegenaamd die regte gedagtes raaklees:

my anima is my herder, my beskermer,

sy lê my neer in dooie vlaktes,

lei my na waters van onrus en onvrede.

sy versondig my siel, verlei my

op nat steiltes van onreg en kwaad.

haar naam is bitter op my lippe,

in die skadu van my onderbewuste

is vrees my donker geesgenoot.

 

in my hart met sy trosse kamers

woon my broers en my susters:

hoogmoed, hebsug, wellus, woede,

vraatsug, afguns, luiheid –

die sewe wonders van my lewe,

van al my kortstondige dae.

 

Hierdie spesifieke gedig is vir my persoonlik een van die boeiendste verse in die bundel, maar ook een van die mees uitdagende – heel moontlik vanweë die dubbele lading in die gedig, naamlik die intertekstuele band met die bekende Bybelteks asook die psigoanalitiese stramien.

In ’n ander konteks verwys die digter self na die invloed van ’n oerteks soos Psalm 23, en gebruik die metafoor van Psalm 23 as die herinnering aan ’n flikkerende kers uit jou kinderdae.  Hy wys dan pertinent ook op hierdie teks se invloed op kunstenaars deur die eeue (Vos 2006).  Vos self sluit aan by hierdie tradisie van kunstenaars wat met die gegewe van Psalm 23 omgaan, en neem in Die afdruk van ons hande (2007) die gedig “Die Here is nie my herder nie” op:

 

Die Here is nie my herder nie

 

Die Here is nie my herder nie,

ek kom alles kort.

Hy lei my na leegtes,

laat my bloedsweet,

bring my na ’n woestyn

sonder manna se genade

op die deinende duine.

Hy lei my op omweë

om sy verlore eer te soek.

Ek kruip deur donker dieptes,

my hart skommel bang;

U het u hand teruggetrek,

ek kyk vas teen u rug.

U laat my aan ’n kruis hang

terwyl my vyande koggel.

U ontvang my soos ’n rower,

ek is oorlaai met skuld.

Al slaan u stilte my stom,

sal ek na U bly roep,

ek, u weggooilam.

 

Vos self bestempel hierdie gedig as eietyds en ironies, en dit is duidelik dat die siening van God hierin veel meer kompleks is as in die Bybelteks.

 

In “my anima is my herder” kom die leser voor  ’n groter uitdaging te staan.  Weliswaar is hierdie gedig, soos “Die Here is nie my herder nie”, ’n herskrywing van die oerteks, maar nou met die integrasie van elemente uit die Jungiaanse sielkunde.  Daarnaas is hierdie gedig nie bloot net ’n herskrywing nie, maar is dit heel moontlik ook ’n dekonstruksie van die Bybelteks met enorme implikasies, veral wanneer dit teenoor die vertroostende en sussende aanslag van die welbekende Psalmteks gestel word.Ek vermoed dat hierdie gedig ook ’n groot rol kan speel tydens ’n gesprek oor die aard van Vos se digkuns, onder andere wanneer daar besin word of hy as ’n religieuse digter in die tradisionele sin van die woord bestempel kan word.

 

Vos betrek dan in hierdie gedig die Jungiaanse konsep van die anima, wat enersyds dui op die anima as ’n aspek van die onbewuste van die individu, soos gestel teenoor die persona oftewel die buitenste aspek van die persoonlikheid, maar spesifiek dui op die vroulike aspek in die manlike psige.  Dit wil voorkom asof Vos op ’n bewuste wyse met die omskrywing van die anima omgaan – deurdat die anima as vroulik getipeer word deur die vroulike voornaamwoorde, maar ook deurdat die gedig duidelik ’n verkenning is van die diepste dele van die self. 

 

Die interessante vraag, sou ons Jungiaans oor die gedig dink, is natuurlik: Indien die anima/onbewuste ware self die sprekende subjek op ’n reis na onder meer onrus, verleiding en vrees neem (soos ons in die oktaaf lees), wat is die aard van die sprekende subjek dan?  Is dit die persona wat hier aan die woord gestel word? Of is dit die ego met sy sinsoekende aard wat hier as die slagoffer van die dieper en onbewuste self gesien word? Of sou ons kon sê dat dit eerder die ego is wat ’n reis onderneem na die onbewuste om – byna soos ’n Henry van Eeden – met sy eie diepliggende psigiese inhoude versoen te word?

 

’n Belangrike aspek van die anima (as die vroulike beginsel in die psige) is wel dat dit optree as mediator tussen die bewuste en die onbewuste, en as sodanig ook dikwels die sleutel hou tot die ontsluiting van kreatiwiteit (wat in die Jungiaanse denke in die onderbewuste setel). 

 

My lesing van die gedig dan (en nou sidder ek natuurlik omdat ek maar te goed besef watter gevaarlike terrein ’n mens betree wanneer jy jou lesing van so ’n komplekse teks aanbied): Moontlik kan ons die gedig lees as die sprekende subjek of ego wat aan die hand van die anima, as ironiese “beskermvrou”, ’n reis na die verborge aspekte van die self onderneem.  Die anima is dan juis eerder blootsteller, ontdekker of fasiliteerder, eerder as die “herder” van die Bybelteks wat ontstemmende emosies van die spreker weghou en eerder gerusstelling bied.  Nietemin is die anima hier, byna soos Brink se vrouefiguur in Die Ambassadeur (op sy beurt ’n herskrywing van Dante se Beatrice), die begeleidster deur die donker dele van die self. Die reis lei uiteindelik na die sekstet waar die verborge dele van die self (“my hart met sy trosse kamers”) aan die orde kom en waar die sewe doodsondes ook teruggevind word.

 

Merkwaardig egter, is dat hierdie oënskynlik dekonstruktiewe gedig in die slotreëls’n transformatiewe kwaliteit verkry: Die sewe doodsondes word nou bestempel as “die sewe wonders van my lewe,/ van al my kortstondige dae.”  Sou dit vergesog wees om hierdie reëls te interpreteer as ’n soort bereiking van die bestemming, as ’n aanduiding van individuasie wat voltrek is? Met ander woorde, sou die leser kon aflei dat die sondes/die donker areas van die self verken en aanvaar kon word, dat dit letterlik bloedfamilie kon word, soos die beeld “in my hart met sy trosse kamers / woon my broers en my susters” aandui?

 

In daardie geval kán die doodsondes erken word as “wonders”, in die sin dat die fasilitering van kreatiwiteit via kontak met die dieper self voorwaar ’n wonder van die menslike lewe is.

 Hierdie gedig is waarskynlik een wat nié volkome tuishoort in die oeuvre van ’n tradisioneel religieuse digter nie. Veel eerder is dit ’n gedig wat aansluit by die dinge wat die postmoderne mens se binnewêreld konstitueer, wat nie wegskram van die donker en onverkende domeine nie, maar dit eerder wil oopdig en die wonder van die volle spektrum van menswees kan erken.

 

Transpersonal Pioneers: Carl Jung.  Uittreksel uit Personality and Personal Growth (6de uitgawe).
Frager, R., & Fadiman, J. (2005). New York: PearsonPrentice Hall. pp56.
[Internet].Beskikbaar: http://www.itp.edu/about/carl_jung.php. [2012, April 20].

 

Vos, C. 2006. Preekhulp: Praedicatio: Psalm 23 – My herder en my vader. TEO Webdiens van die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria [Internet].Beskikbaar: http://www.teo.co.za/wmprint.php?ArtID=368. [2012, April 20].

 

 

Amanda Lourens. Onsterflike lood.

Saturday, April 7th, 2012

 Die volgende gedig in Cas Vos se Gode van papier (2001) het my spesifiek opgeval, juis omdat die digter daarin werk met die gegewe van Beethoven se doofheid, maar desnieteenstaande, ook sy verstommende skeppingsdrif:

Ludwig van Beethoven

1770-1827             

 

Ludwig van Beethoven se briewe sug diep medelye

met ongehoorde doofheid en sy contessa se liefdeswye.

 

As hulle die Negende Simfonie se klankspel hoor,

slaan die gode hulle hande saam in ’n ander koor.

Die gehoor se sakdoeke wapper vlae van behae

terwyl die komponis in stilte roerloos tob

en applous tevergeefs aan dowemansdeur klop.

 

’n Haarlok wat die Tweede Wêreldoorlog oorleef,

verklap die geheim van Beethoven se skeppingsdrif:

loodversierde porselein stoor sy liggaam vol gif

en om pyn hok te slaan, bind sy brein senupunte af.

Al ly Beethoven aan ’n oordowende kopseeer,

bly hy nog steeds goddelik musiek komponeer.

 

Beeld: 28 Oktober 2000

 

Die gedig se eerste twee strofes handel oor twee welbekende grepe uit Beethoven se lewe, naamlik sy briewe waaruit sy liefdesleed oor sy “onsterflike beminde” sowel as sy kommer oor sy swak gesondheid blyk,  asook die  aangrypende insident in 1824 tydens die première van die Negende Simfonie toe ’n orkeslid die stokdowe komponis se aandag moes trek sodat hy die gehoor se applous kon oplet. 

Die leser moet egter die verwysing nagaan om die derde strofe, en ook die gedig, ten volle te kan begryp.  Die Beeld-artikel (http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2000/10/28/7/3.html) handel dan oor FBI-toetse wat op ’n bewaarde haarlok van die komponis uitgevoer is, waardeur bevind is dat die komponis se swak gesondheid en doofheid waarskynlik deur loodvergiftiging veroorsaak is.  Volgens die Beeld-artikel kon loodversierde porselein of eetgerei die oorsaak wees, of ook die wyn wat waarvoor Beethoven se lief was.  Klaarblyklik is lood destyds gebruik om ’n bitter smaak in wyn te temper. 

Die ander interessante aspek wat die gedig aanraak, is die sogenaamde gate control-teorie (sien ook die Beeld-artikel), waarvolgens die brein die senu-impulse waardeur pyn oorgedra word kan blokkeer deur voor te gee dat die brein besig is en hom nie met die pyn kan ophou nie. 

Eenvoudig gestel beteken gate control-teorie dat daar ’n “hekmeganisme” in die senustelsel is wat geopen en gesluit kan word in respons op verskillende faktore.  Wanneer die “hek” geopen word, kan pynboodskappe na die brein beweeg, terwyl die sluiting van die “hek” die pynboodskappe verhoed om die brein te bereik (Melzack & Wall 1965 in Melzack 1996).  Ouer teorieë oor pyn het nie sielkundige aspekte in berekening gebring nie, en die ervaring van pyn is gesien as proporsioneel verwant aan fisieke patologie.  Aspekte soos die betekenis van die situasie of vorige ervaring is dus geensins in verband gebring met die persoon se belewenis van pyn nie.

Melzack en Casey (1968) het pyn in terme van drie dimensies beskryf: Die sensories-diskriminatiewe (die ervaring van die intensiteit, lokaliteit, kwaliteit en duur van die pyn), die affektief-motiverende (ongemak en drang om daarvan te ontsnap) en die kognitief-evaluerende (waaronder kulturele waardes, aftrek van die aandag en hipnotiese suggestie).  Die outeurs het voorgestel dat die intensiteit van pyn en die ervaring van ongemak (dus die eerste twee dimensies) nie slegs bepaal word deur die intensiteit van die pynlike stimulus nie, maar dat “hoër” kognitiewe aktiwiteite die ervaring van pyn kan beïnvloed.  Derhalwe kan die opwinding of spanning wat byvoorbeeld tydens oorlog of sport ervaar word, die sensories-diskriminatiewe en affektief-motiverende dimensies blokkeer.  Suggestie en plasebo’s, byvoorbeeld, sal die affektief-motiverende dimensie moduleer.  

Die komponis het dus moontlik daarin geslaag om sy liggaamlike ellende “weg te dink” deur sy brein so besig te hou met musiek dat daar letterlik nie kans was om aan sy pyn aandag te skenk nie.    Hierdie vermoë om  bykans volkome in sy binnewêreld in musiek op te gaan en dit as’t ware daar te skep en te hoor, was dan moontlik ook die rede waarom hy kon voortgaan om grootse komposisies te lewer ten spyte van sy doofheid, volgens die kenners wat in die Beeld-artikel genoem word.  Dus letterlik ’n geval van “om pyn hok te slaan, bind sy brein senupunte af”. 

Toe ek na die gedig “Maria Stuart 1542-1587” in dieselfde afdeling in die betrokke bundel kyk, onthou ek dat Maria se aartsvyand, Elizabeth I, ook ’n slagoffer van loodvergiftiging was.  In Elizabeth se geval was dit die loodgebaseerde onderlaag wat destyds so gewild was, wat vir haar stelselmatige vergiftiging verantwoordelik was.  Destyds was ’n spierwit gelaat die skoonheidsideaal, en ’n loodgebaseerde onderlaag (“ceruse”) is gebruik om hierdie gesogte porseleinvoorkoms te verkry. (Sommige vroue het hulle selfs tot bloedlating gewend om die aristokratiese wit porseleinvoorkoms te verkry.) Ongelukkig het die lood in die produk talle vooraanstaande vroue oor tyd heen vergiftig, en het hulle simptome soos haarverlies, spierverlamming, agteruitgang in mentale vermoë en natuurlik velskade ondervind.  Laasgenoemde het ’n bose kringloop tot gevolg gehad: hoe meer skade die persoon gehad het, hoe meer lae van die onderlaag was nodig. 

Die moraal van die storie?  Ek weet nie of daar enige is nie.  Tog staan ek in verwondering as ek na die Negende Simfonie luister, en kan my skaars indink hoe  ’n dowe komponis dit kon geskep het. 

Miskien hierdie gedagte as laaste:  Is dit nie maar evolusionêre kragte, die onverbiddelike drang na oorlewing, wat ons in staat stel om selfs intense pyn te blokkeer nie?  Ek het in die hoërskool ’n Engelse juffrou gehad wat op ’n dag groot op die bord geskryf het:  “Art transecends mortality”.  Juffrou Marie Slabbert, laat weet my as jy hierdie blog dalk sou lees.  Daardie frase het my lewe verander. 

 

Bronne

Jens, F. 2000.  Ludwig se hemel-hel: pragtige 9de en pyn in sy kop [Internet].  Beskikbaar: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2000/10/28/7/3.html. [2012, 6 April].

  Melzack, R. 1996. Gate control theory: on the evolution of pain concepts. Herdruk uit Pain Forum: Official Journal of the American Pain Society vol. 5 pp 128-138, © 1996  American Pain Society, toestemming van Churchill Livingstone, Elsevier Science (USA) [Internet]. Beskikbaar: http://www.sciencedirect.com/science/article/pii/S108231749680050X.  [2012, 6 April].

 Melzack R & Casey K. 1968. In: Kenshalo,D.R. (red.)  The skin senses: Sensory, motivational, and central control determinants of pain.  Charles C. Thomas, Springfield, 423–443.

 

Amanda Lourens. Die groei van ’n gedig: Dulce et Decorum Est.

Friday, March 9th, 2012

Ek het in twee blogs teen einde verlede jaar heelwat geskryf oor literatuur rondom die Anglo-Boereoorlog. Miskien in aansluiting daarby volg enkele gedagtes nadat ek in teen einde 2011 die volgende stuk straat-proteskuns in Londen gesien het, teen ’n heining in die middestad, met ’n groep sit-down-ers wat uitkamp langs hierdie (foto bo) straat-triptiek.

Die lesers wat kuns beter as ek ken, kan maar besluit of dit kuns of kitsch is.  Dit het wel ’n nogal treffende uitwerking gehad neffens die high-street winkels en die netjies gekloonde Londense bankiers.   

My onmiddellike assosiasie was met die bekende gedig van Wilfred Owen, “Dulce et Decorum Est”, waarmee ek nog op skool kennis gemaak het.  Die beelde van volkome ontmensliking tesame met die versmorende boosheid van oorlog is van die aangrypendste wat ek al in hierdie verband gelees het, en waarskynlik het Owen se persoonlike oorlogservaringe geen geringe rol gespeel in sy realistiese blik op die obsene aard van oorlog nie. 

Owen het self in WO I geveg, en het in Maart 1917 harsingskudding opgedoen waarna hy ’n tyd in die hospitaal deurgebring het.  Kort na sy terugkeer na die oorlogsfront is hy in ’n ontploffing beseer, en het half-bewusteloos in ’n holte bly lê, tesame met ’n vriend se verskeurde oorskot.  “Bomskok” is kort hierna by hom gediagnoseer en hy is teruggestuur na die Verenigde Koninkryk.  Tydens sy verblyf in ’n hospitaal in Edinburgh het hy kennis gemaak met die digter Siegfried Sassoon, ook ’n pasiënt.  Laasgenoemde se realisme en klem op deurleefde ervaring het Owen se poësie sterk beïnvloed.  Interessant is ook die feit dat Owen deur sy dokter aangeraai is om sy oorlogservaring in digvorm te verwoord, as deel van sy genesingsproses. (The First World War Digital Archive. G.d.)

Die interessante – toe ek die gedig op die internet naslaan – is dat daar klaarblyklik meer as een weergawe van die gedig bestaan, waarskynlik verteenwoordigend van die ontwikkelingsgeskiedenis van die gedig.  ’n Vinnige soektog het die volgendes opgelewer (die derde weergawe is die een wat ek onthou):

Dulce et Decorum Est (I)

Bent double, like old beggars under sacks,
Knock-kneed, coughing like hags, we cursed through sludge,
Till on the haunting flares we turned our backs
And towards our distant rest began to trudge.
Men marched asleep. Many had lost their boots,
But limped on, blood-shod. All went lame; all blind;
Drunk with fatigue; deaf even to the hoots
Of tired, outstripped Five-Nines that dropped behind.

 Gas! GAS! Quick, boys! – An ecstasy of fumbling,
Fitting the clumsy helmets just in time;
But someone still was yelling out and stumbling
And flound’ring like a man in fire or lime . . .
Dim through the misty panes and thick green light,
As under a green sea, I saw him drowning. 

 In all my dreams before my helpless sight,
He plunges at me, guttering, choking, drowning.

 If in some smothering dreams, you too could pace
Behind the wagon that we flung him in,
And watch the white eyes writhing in his face,
His hanging face, like a devil’s sick of sin;
If you could hear, at every jolt, the blood
Come gargling from the froth-corrupted lungs,
Obscene as cancer, bitter as the cud
Of vile, incurable sores on innocent tongues, –
My friend, you would not tell with such high zest
To children ardent for some desperate glory,
The old Lie: Dulce et decorum est
Pro patria mori.

 Bron: http://www.warpoetry.co.uk/owen1.html

 

Dulce et Decorum Est (II)

Bent double, like old beggars under sacks,
Knock-kneed, coughing like hags, we cursed through sludge,
Till on the haunting flares we turned our backs
And towards our distant rest began to trudge.
Men marched asleep. Many had lost their boots
But limped on, blood-shod. All went lame; all blind;
Drunk with fatigue; deaf even to the hoots
Of disappointed shells that dropped behind.

GAS! Gas! Quick, boys!– An ecstasy of fumbling,
Fitting the clumsy helmets just in time;
But someone still was yelling out and stumbling
And floundering like a man in fire or lime.–
Dim, through the misty panes and thick green light
As under a green sea, I saw him drowning.

In all my dreams, before my helpless sight,
He plunges at me, guttering, choking, drowning.

If in some smothering dreams you too could pace
Behind the wagon that we flung him in,
And watch the white eyes writhing in his face,
His hanging face, like a devil’s sick of sin;
If you could hear, at every jolt, the blood
Come gargling from the froth-corrupted lungs,
Obscene as cancer, bitter as the cud
Of vile, incurable sores on innocent tongues,–
My friend, you would not tell with such high zest
To children ardent for some desperate glory,
The old Lie: Dulce et decorum est
Pro patria mori.

Bron: http://english.emory.edu/LostPoets/Dulce.html

 

Dulce et Decorum est (III)

Bent double, like old beggars under sacks,
Knock-kneed, coughing like hags, we cursed through sludge,
Till on the haunting flares we turned our backs,
And towards our distant rest began to trudge.
Men marched asleep.  Many had lost their boots,
But limped on, blood-shod.  All went lame, all blind;
Drunk with fatigue; deaf even to the hoots
Of gas-shells dropping softly behind.

Gas!  GAS!  Quick, boys! —  An ecstasy of fumbling
Fitting the clumsy helmets just in time,
But someone still was yelling out and stumbling
And flound’ring like a man in fire or lime. —
Dim through the misty panes and thick green light,
As under a green sea, I saw him drowning.

 In all my dreams before my helpless sight
He plunges at me, guttering, choking, drowning.

 If in some smothering dreams, you too could pace
Behind the wagon that we flung him in,
And watch the white eyes writhing in his face,
His hanging face, like a devil’s sick of sin,
If you could hear, at every jolt, the blood
Come gargling from the froth-corrupted lungs
Bitter as the cud
Of vile, incurable sores on innocent tongues, —
My friend, you would not tell with such high zest
To children ardent for some desperate glory,
The old Lie:  Dulce et decorum est
Pro patria mori.

Bron: http://www.ppu.org.uk/learn/poetry/poetry_ww1_3.html

 

’n Verdere soektog het my na “The First World War Digital Archive” geneem, waar ek verskillende handgeskrewe weergawes – met talle wysigings – ontdek het, wat veel meer variasies en wysigings uitwys as slegs dié wat uit bostaande drie weergawes blyk.  Opnuut het dit my onder die indruk gebring van watter moeisame proses die ontstaan van ’n gedig kan wees. 

Die gedagtes wat volg bedoel geensins om naastenby ’n wetenskaplike ondersoek na die ontstaan van die betrokke gedig te wees nie, maar dit is nietemin opwindend om na te gaan hoe beelde as’t ware oor die loop van tyd ontstaan en transformeer tot die weergawe wat uiteindelik gekies word vir publikasie.   

Een ontwikkeling blyk reeds uit die drie weergawes hierbo – naamlik die verskille ten opsigte van reël 8: Twee weergawes verbeel(d) ’n vermoeienis by die vernietiger (“tired, outstripped” en “disappointed”, wat later deur die digter geskrap is. Daarteenoor staan die derde weergawe met sy suggestie van aanhoudendheid en onheil (“gas-shells dropping softly behind”), wat stellig veel meer effektief is om die atmosfeer te verwoord.    

Meer ingrypende ontwikkelings blyk wanneer die handgeskrewe manuskripte bekyk word. Ek plaas hier vier verskillende weergawes, wat ek in volgorde probeer rangskik het.  (Lesersmoet maar sê as hulle nie saamstem nie.) 

  

 

 

Oorspronklik, blyk dit, het die tweede strofe aanvanklik addisionele reëls bevat waarin klanknabootsing voorkom, asook ’n vertelling oor die soldate se verwarring by die aanhoor van die geluide.  , sodat die trefkrag verhoog word deur die direkte oproep waarmee die strofe open (“Gas!  GAS!  Quick, boys!”).  Die briljante beeld (“[h]is hanging face, like a devil’s sick of sin”) het ook nie in die ouer weergawes gefigureer nie en is duidelik die produk van heelwat herskrywing.  

In die laaste strofe het die reëls “[…] the blood / Come gargling from the froth-corrupted lungs,/ Obscene as cancer, bitter as the cud / Of vile, incurable sores on innocent tongues […]”  in weergawe I en II hierbo aanvanklik soos volg gelui: “[…] the blood / Come gargling from the froth-corrupted lungs,/ And think how once, his head was like a bud / Fresh as a country rose, and keen, and young […]”.  Dit is interessant dat die beeld van die roos later heeltemal weggelaat is, ten einde plek te maak vir kontraslose beelde van dood en verval.  Ook is die woorde “[o]bscene as cancer” klaarblyklik later geskrap, om die beskrywing “bitter as the cud” in weergawe III alleen in ’n reël te plaas – baie effektief. 

Die beeldvonds van “froth-corrupted lungs” is duidelik ook nie die produk van ’n briljante ingewing nie.  Die digter het aanvanklik gewerk met “the blood / Come (belching) gargling green/black/thick amd frothy from the lungs”.  Hierna het hy dit gekondenseer na “froth-corroded” wat klaarblyklik “froth-corrupted” ingegee het (wat natuurlik die gedagte van verwording versterk).  Dit is ook interessant om daarop te let dat “children” in die laaste strofe iewers in die ontwikkelingsgeskiedenis deur “small boys” vervang is, alhoewel die bekende weergawes weer “children” bevat.  

 

Bronne

Poems by Wilfred Owen.  Inleiding deur Siegfried Sassoon). http://books.google.co.za/books?id=9i0hw9EK708C&q=dolce#v=onepage&q=dolce&f=false [2011, 15 Desember].

 

The First World War Digital Archive. G.d. The Wilfred Owen Collection [Internet].  Beskikbaar:  http://www.oucs.ox.ac.uk/ww1lit/collections/owen     [2011, 15 Desember].

Amanda Lourens. Allermins MasterChef

Sunday, February 26th, 2012

Vanoggend moes ek heelwat uitdrukwerk doen, en terwyl my ink jet-modelletjie deur die bladsye knor en hik, kyk ek deur die rak met my digbundels.  Met  Johann de Lange se nuwe bundel op die rak (wat ek tot my absolute skande nog nie gekoop of gelees het nie – laat ek my eerstejaarskursus maar die skuld gee), kyk ek weer na Snel grys fantoom van 1986.  Die bundel is dun en onpretensieus, maar lyk ’n skakering of twee geler as wat ek hom onthou.  Daarmee saam die skandalige besef – ek het waarskynlik meer as twintig jaar gelede na hierdie bundel gekyk. 

 

Deesdae val dit my nogal op dat boeke en bundels wat ek soos gister onthou, skielik so deksels oud lyk wanneer ek nou weer daarna kyk.  Seker maar die beloop van die lewe.  En tog, toe ek deur die bundel blaai en die gedigte herlees, weet ek seker: groot en goeie poësie het nie ’n vervaldatum nie.  Daar is geen, maar geen plaasvervanger vir vakmanskap nie.

 

Ek deel graag een van die gedigte wat my twintigjarige self bekoor het met woorde wat ek waarskynlik nie toe heeltemal begryp het nie.  Die laaste twee reëls, helaas, het ek iewers in die loop van meer as twintig jaar vergeet.  Maar ek onthou met sekerheid  dat ek destyds gedink het daar kan nie iets mooiers in taal kan bestaan as juis daardie twee reëls nie, al was dit met die arrogansie van ’n jongeling wat glo jeug kom nooit tot ’n einde nie.  Maar ek herbevestig vandag.  En ek het nie gereedskap om dit mee te analiseer nie – die woorde is bloot te groot en te goed daarvoor. 

 

Johann, ek sal jou nuwe bundel lees en jou bly respekteer vir die onvermoeide aandag aan elke sillabe, elke woord, elke beeld. 

 

As nagedagte: Ek raak sommer opnuut geïrriteerd met “digters” wat geykte gemeenplasies uitryg en dink dit kan poësie wees en hulle maaksels boonop vol selfvertroue vir ons as lesers opdis.  So asof hulle aan ’n MasterChef-kompetisie deelneem.   

 

Aan ’n jong seun

I

Jong kameraad, ek weet die lyf

Is louter bloedeenvoudige plesier,

en dat meisies in skadu’s snak

en hunker na ’n somerse vervulling

net   ’n stuipende asemteug ver.

Vir jou blaas die lug sy blou trompet,

vir jou steek die son smôrens

sy geel spane in die water,

dra die jaar blomme in sy hare.

 

Wees tog sagkens met jou skoonheid

dat jy niemand daarmee skend nie,

en minder geblakerd met ongeduld.

Jeug is net ’n pou se pavane

voor die grys spieël van ’n storm.

 

Amanda Lourens. Poging tot vertaling.

Sunday, February 12th, 2012

Vandag waag ek my hand aan die vertaling van ‘n gedig van Fernando Pessoa.  Dit het oorspronklik verskyn in sy bundel “The Keeper of Sheep, onder die heteroniem Alberto Caeiro.

To think about God is to disobey God,
Since God wanted us not to know him,
Which is why he didn’t reveal homself to us …
 
Let’s be simple and kalm,
Like the trees en streams,
And God will love us, making us
Us even as the trees are trees
And the streams are streams,
And will give us greenness in the spring, which is its season,
And a river to go to when we end …
And he’ll give us nothing more, since to give us more would
make us less us.

********************

Denke aan God is ongehoorsaamheid aan God,
Want God het ons nie gewens om hom te ken nie,
Dit is die rede waarom hy hom nie aan ons openbaar het nie …

Laat ons eenvoudig en kalm wees,
Soos die bome en die strome,
En God sal ons liefhê, ons
Ons maak net soos die bome bome is
En die strome strome is
En ons groenigheid in die lente gee, wat sy seisoen is,
En ’n river om heen te gaan wanneer ons eindig …
En hy sal ons niks meer gee nie, want om ons meer te gee
sal ons net minder maak.

Amanda Lourens. Om by die aarde te berus.

Monday, January 2nd, 2012

’n Rukkie gelede het René Bohnen van die digter Fernando Pessoa wat sy skooljare in Suid-Afrika deurgebring het en hier sy liefde vir die literatuur ontdek het.

Ek lees tans die versamelbundel A Little Larger Than the Entire Universe, met Engelse vertalings van Pessoa se gedigte deur Richard Zenith.  Volgens die Los Angeles Times (aanhaling op die agterblad) is hierdie versameling “[t]he largest and richest English-language volume of poetry from “the greatest twentieth-century writer you have never heard of”.

Hiermee deel ek graag die volgende gedig, een van dié wat Pessoa aan een van sy “heteronieme” of personas, naamlik Ricardo Reis, toegedig het.  Die eenvoud en dissipline van die vers het my dadelik opgeval, en daarmee saam die reusagtige omvang van die boodskap.  Seker sou sekere lesers deur die gedig ontstel word.  Deterministies, sou sommiges dalk reken.  Ander kan dit lees as metafoor vir ’n Darwinistiese inperking waar jou gene jou ewig inkluis binne die grense van jou talente of die gebrek daaraan.  Hoekom dan geen reik na die sterre?  Waarom nie die frenetiese soeke na die verbetering van die self nie, in die gees van die kitssielkunde?

 En tog bied hierdie gedig vir my ’n nuwe perspektief op menswees, iets wat ’n mens dalk met ’n soort voorverbale insig raai, maar nie vir jouself kan verwoord nie.  En daarby is die consolatio – as ek dit maar so mag noem by gebrek aan ’n beter woord – in die slot vir my aangrypend in die eenvoud en helderheid van die troostende wete van fisieke lewe. Want wat ’n voorreg is dit nie alreeds nie? 

Wat meer is daar te sê vir ’n nuwe jaar, waar ons bekommerd is of ons teikens gaan haal, aan ons eie en ander se verwagtinge gaan voldoen?

 

You’ll become only who you always were.

What the gods give they give at the start.

            Only once does Fate give you

            Your fate, for you’re but one.

Little is attained by the effort you exert

In accord with your native ability.

            Little, if you were not

            Conceived for more.

Be glad to be who you cannot resist

Being. You will still have the vast

Sky to cover you, and the earth,

Green or dry, given the season.

 

Amanda Lourens. Liao Yiwu se protes.

Monday, December 12th, 2011

Liao Yiwu

 

Liao Yiwu is ’n Chinese digter wat vier jaar in die tronk deurgebring het as slagoffer van ’n regime wat volgens hom daarop ingestel is om mense van hulle menswaardigheid te ontneem deur hulle vryheid van spraak en die reg protes te ontsê.  In ’n onlangse onderhoud met The New Zealand Herald sê hy:  Like any totalitarian government, the Chinese Government hopes that every Chinese will be like a pig or animal – just eating and making money without thinking and without any of their own ideas. This way they will be easier to rule […] But we’re not animals. We think independently and have the desire to express ourselves. That’s why the Chinese Government is always wary and paranoid when people start to speak out against their practices.”

Liao het hom gevangenskap op die hals gehaal deur sy literêre protes.  Volgens The New Zealand Herald het sy neerpen en voordrag van die epiese gedig “Massacre” waarin hy die Chinese regering se gewelddadige onderdrukking van die studenteprotes in Junie 1989 op Tiananmenplein aan die kaak stel, tot sy tronkstraf gelei.  (Sy vriend Michael Day skryf egter in ’n inleiding oor die digter dat Liao eintlik eers in Maart 1990 saam met ses vriende gearresteer is nadat hulle ’n kunsvideo (Requiem for the Dead) geproduseer het om ’n paar van Liao se protesgedigte te vergesel.)

Liggame van dooie burgerlikes na die studenteprotes in 1989

Liggame van dooie burgerlikes na die studenteprotes in 1989 

 

Interessant genoeg het Liao dan ook in die gevangenis verneem van die Chinese digter Gu Gheng, die Chinese dissident wat in 1993 op Waiheke-eiland sy vrou vermoor en homself daarna opgehang het.  Liao – wat in die tronk gemartel is en een keer selfs 23 dae lank met sy hande agter sy rug vasgebind gelaat is – was verbaas oor Gheng se daad: Nieu-Seeland “seemed such a beautful country”.

Tans kritiseer Liao veral sy geboorteland se nuwe beheptheid met ekonomiese welvaart (hy beskryf dit as ’n oppervlakkige beskouing van “to be rich is to be glorious”), terwyl die land se natuurlike hulpbronne en tradisionele waardes vernietig word: “People have lost all their traditional values. They are so single-minded in pursuing money that China has become a big dumpster with all the trashy value systems”.  

Ek plaas graag as twee verskillende vertalings (een deur Wen Huang en die ander deur Michael Day) ’n uittreksel uit die gedig “Massacre”.  Op ’n manier herinner die betrokke gedeelte my aan Uys Krige se “Lied van die Fascistiese bomwerpers”. 

Huang-vertaling:

 

A massacre is happening
In this nation of Utopia
Where the Prime Minister catches a cold
The masses have to sneeze to follow
Martial law is declared and enforced
The aging toothless state machine is rolling over
Those who dare to resist and refuse to sneeze
Fallen by the thousands are the barehanded and unarmed
Armored assassins are swimming in blood
Setting fire to houses with windows and doors locked
Polish your military boots with the skirt of a slain girl
Boot owners don’t even tremble
Robots without hearts never tremble
Their brain is programmed with one process
A flawed command
Represent the nation to dismember the constitution
Represent the constitution to slaughter justice
Represent the mothers to suffocate the children
Represent children to sodomize the fathers
Represent the wives to murder the husbands
Represent the citizens to bomb the city
Open fire, open fire, open fire
Shoot women, students and children
Shoot workers, teachers and venders
Riddle them with bullets
Aiming at those angry faces, shocking faces, contorted faces, despondent faces and tranquil faces
Shoot with abandon
The fleeting beauty of those faces moving toward you like tidal waves
The eternal beauty of those faces heading toward heaven and hell
The beauty of turning humans into beasts
The beauty of seducing, raping and trampling on your fellow citizens
Eliminate beauty
Wipe out the flowers, forest, school campuses, love, and the pure air
Shoot, shoot and shoot…
I feel good and I feel high
Blow up that head
Burn up the hair and the skin
Let the brain erupt
Let the soul gush out
Splash on the bridge, the fence and the street
Splash toward the sky
Blood turned into stars and stars are running
Heaven and earth have turned upside down
Shiny helmets are like stars
Troops are running out of the moon
Shoot, Shoot, Shoot
Humans and stars are falling and running
Indistinguishable, which are humans and which are stars
Troops followed them into the cloud, into cracks on the ground…

We live under bright sunlight
But we have lost our eyesight
We find ourselves on a street, so wide
But no one can take a stride
We stand in a crowd, supposed to be loud
But people open their mouth without sound
We are tortured with thirst
But everyone refuses water.
This unprecedented massacre
Survivors are those bastards.

Day-vertaling:

And another sort of slaughter takes place at Utopia’s core

The prime minister catches cold, the people must cough; martial law declared again and again.

The toothless machinery of the state rolls cowards those who have the courage to

resist the sickness.

Unarmed thugs fall by the thousands; iron-clad professional killers swim in a sea of

blood, set tires beneath tightly closed windows, wipe their army regulation boots

with the skirts of dead maidens. They’re incapable of trembling.

These heartless robots are incapable of trembling!

Their electronic brains possess only one programme: an official document full of holes

‘In the name of the Fatherland slaughter the constitution!

Replace the constitution, slaughter righteousness!

In the name of mothers throttle children!

In the name of children sodomise fathers!

In the name of wives murder husbands!

In the name of urbanites blow up cities!

Open fire! Fire!

Upon the elderly!

Upon the children!

Open fire on women!

On students. Workers. Teachers.

Open fire on pedlars!

Open Fire! Blast Away!

Take aim on those angry faces.

Horrified faces.

Convulsing faces.

Empty all barrels on despairing and peaceful faces!

Fire away to your heart’s content!

These faces char come on like a ride and in the next moment are dead are so

beautiful!

These faces that will he going up to heaven and down to hell are so beautiful!

Beautiful.

A beauty chat turns men into strange beasts!

A beauty that lures men on to ravage, vilify, possess, despoil!

Do away with all beauty!

Do away with all flowers!

Forests. Campuses. Love.

Guitars and pure clean air!

Do away with those ideas that enter into error!

Open Fire! Blast away! It feels so good!

Just like smoking a joint.

Going to the toilet.

Back on the base giving the old lady a good fuck!

Open Fire! All barrels! Blast away! Feels good! So good!

Smash open a skull!

Fry the skin on his head to a crisp!

Make the brain gush out.

The soul gush out.

Splash on the overpass. Gatehouse. Railings.

Splash on the road!

Splash towards the sky where they become stars!

Escaped stars!

Stars with two human legs!

Sky and earth have reversed positions.

Mankind wears bright, shining hats.

Bright shining metal helmets.

A troop of soldiers comes charging out of the moon.

Open fire! All barrels! Blast away! It feels so good!

Mankind and stars fall.

Flee together.

Can’t make one out from the other.

Chase them up to the clouds!

Chase into the cracks of the earth and into their flesh and waste them!

Blow another hole in the soul!

Blow another hole in the stars!

Souls dressed in red shirts!

Souls with white belts!

Souls wearing running shoes doing gymnastics to radio!

Where can you run to?

We will dig you out of the mud.

Tear you out of the flesh.

Scoop you out of the air and water.

Open fire! Blast away! It feels good! So good!

The slaughter takes place in three worlds.

On the wings of birds.

In the stomachs of fish.

Carry it out in the fine dust

In countless living organisms.

Leap! Howl! Fly! Run!

Freedom feels so good!

Snuffing out freedom feels so good!

Power will be triumphant for ever.

Will be passed down from generation to generation for ever.

Freedom will also come back from the dead.

It will come back to life in generation after generation.

Like that dim light just before the dawn.

No. There’s no light.

At Utopia’s core there can never be light.

Our hearts are pitch black.

Black and scalding.

Like a corpse incinerator.

A trace of the phantoms of the burned dead.

We will exist.

The government that dominates us will exist.

Daylight comes quickly.

It feels so good.

The butchers are still ranting!

Children. Children your bodies all cold.

Children, your hands grasping stones.

Let’s go home.

Brothers and sisters, your shattered bodies littering the earth.

Let’s go home.

We walk noiselessly.

Walk three feet above the ground.

All the time forward, there must be a place to rest.

There must be a place where sounds of gunfire and explosions cannot be heard.

We so wish to hide within a stalk of grass.

A leaf.

Uncle. Auntie. Grandpa. Granny. Daddy. Mummy.

How much farther till we’re home?

We have no home.

Everyone knows.

Chinese people have no home.

Home is a comforting desire.

Let us die in this desire

OPEN FIRE, BLAST AWAY, FIRE!

Let us die in freedom.

Righteousness. Equality. Universal love.

Peace, in these vague desires.

Stand on the horizon.

Attract more of the living to death!

It rains.

Don’t know if it is rain or transparent ashes.

Run quickly, Mummy!

Run quickly, son!

Run quickly, elder brother!

Run quickly, little brother!

The butchers will not let up.

An even more terrifying day is approaching.

OPEN FIRE! BLAST AWAY! FIRE! IT FEELS GOOD! FEELS SO GOOD!…

 

Bronne 

 A voice for China’s bottom rung. 2011. The New Zealand Herald [Internet].  Beskikbaar: http://www.nzherald.co.nz/humanrights/news/article.cfm?c_id=500838&objectid=10765417. 12 November 2011. [2011, 11 Desember].

Liao Yiwu Documents. 2005. Digitale Argief vir Chinese Studies, Universiteit Leiden [Internet]. http://leiden.dachs-archive.org/poetry/liaoyiwu.html. [2011, 11 Desember].

 

  •