Ek het in ’n vorige inskrywing probeer besin oor my onverwagte reaksie op Tant Miem Fischer se kampdagboek. Dit is eers na die oplaai van die inskrywing dat ek besef het dat ek ook iets sou kon sê oor die gedig wat agter in die teks opgeneem is, en waaraan ek aanvanklik nie veel aandag…
Category: Amanda Lourens
Amanda Lourens behaal haar DLitt aan die Universiteit van Pretoria met ‘n proefskrif oor die kanonisering van die vroulike outeur in die Afrikaanse literatuursisteem. Sy is tans dosent (Afrikaanse letterkunde en redigering) in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch, en is ook verantwoordelik vir die koördinering van slypskole oor verskeie fasette van taalpraktyk wat deur die Departement aangebied word. Sy is mede-outeur van Wetenskaplike skryfvaardighede [Scientific writing skills].
Amanda Lourens. Die leser as hensopper?
Die inskrywing wat ek vandag pleeg, sou stellig beter gehoort het in Vrouemaand, omdat dit (ten dele) oor ’n vertelling deur ’n vrou gaan. Maar dalk is dit beter (of veiliger) dat dit nou gebeur, want die uitkoms is nie heeltemal die polities korrekte geluide waarop ek my voorberei het nie. Dit gaan onder meer…
Amanda Lourens. 16 September: Die mooiste van die hier
Lank gelede, ek dink nog op skool, het ek kennis gemaak met die storie van die gruwelike vretende fascistiese pampoen, gekoop vir die man in die verhaal se “verjaardag die sestiende september”. Ek het maar min verstaan en sentimenteel ontsteld geraak oor die dogtertjielose skoene wat oorgebly het na die pampoen se vraatsugtige ekskursie. Tog…
Amanda Lourens. Toe die digseltjie oeps
Ek en my jongste het onlangs ’n interessante gesprek gehad, na aanleiding van ’n graad 4-gediggie. (Niks watwonders nie, eintlik maar rymelary, maar ten minste darem ’n soort kreatiewe poging om die leereenheid oor onder meer “die misterie van die buitenste ruimte” in te lei. Ek plaas dit vir die aardigheid aan die einde van…
Amanda Lourens. Eendrag maak mag.
Ek het reeds in ’n vorige bydrae verwys na die literatuur wat deur die vroulike lede van die Klerewerkersunie gepubliseer is. Vandag deel ek graag die gedig “Die Stryd in die Stad” deur Johanna Cornelius (oorspronklik gepuliseer in Klerewerker, Desember 1939, en opgeneem in SA in poësie / SA in poetry [1988], saamgestel deur Van…
Amanda Lourens. Lig en donker in ’n lang gang.
Dit is ’n pragtige Bolandse oggend, maar my hart is allesbehalwe wat dit op só ’n oggend behoort te wees. Teen hierdie tyd weet almal reeds dat die US die koerantopskrifte gehaal het met die afgryslike gebeure gister op die sesde vloer in die Lettere en Sosialewetenskappegebou (ook die tuiste van die Departement Afrikaans en…
Amanda Lourens. Die Klerewerkerstekste: ’n Haas vergete korpus
Andries Bezuidenhout het vroeg in 2010 in ’n blog verwys na die Afrikanervroue wat tussen die 1920’s en 1940’s lede van die destydse Klerewerkersunie was. Soos hy tereg opmerk, is dit ’n stuk geskiedenis wat volledig in die doofpot gestop is en is die meeste Afrikaners vandag salig onbewus van die feit dat vroue met…
Amanda Lourens. Swart Jan en Salome.
Die maand van Junie het vir my weinig meer opgelewer as eindelose nasienwerk, sodat ek glad nie juis bedroë is dat die maand se einde al in sig is nie. Tog het die nasienwerk vir my ’n verrassing gebring in die sin dat ek vanjaar op my eie leesspoor deur die teks van Sewe dae…