De Waal Venter

Octavio Paz. Essay: Vertalings in Afrikaans. (De Waal Venter)

Wednesday, December 18th, 2019

Die Meksikaanse Nobelpryswenner (1990  ) Octavio Paz, is gebore in 1914 en het geleef tot 1998. Hy het ’n wêreldwye reputasie verwerf as voortreflike digter en essayis.

Jascha Kessler, skrywer verbonde aan die Los Angeles Times, het Paz beskryf as “waarlik internasionaal”. Manuel Duran van World Literature Today het gesê: “Paz’s exploration of Mexican existential values permitted him to open a door to an understanding of other countries and other cultures”. Duran het verder gesê dat Paz universele aanklank gevind het sonder om sy unieke eienskappe prys te gee.

Die Nobelprys in Letterkunde 1990 is aan Paz toegeken vir: “Impassioned writing with wide horizons, characterized by sensuous intelligence and humanistic integrity.” (Poetry Foundation)

In poets.org word die volgende gesê: ” His later work shows an ever-deepening intelligence and complexity as it investigates the intersection of philosophy, religion, art, politics, and the role of the individual. ‘Wouldn’t it be better to turn life into poetry rather than to make poetry from life?’ Paz asks. ‘And cannot poetry have as its primary objective, rather than the creation of poems, the creation of poetic moments?’”

In feitlik al sy werk vind mens die versmelting van teenoorgesteldes. Magte wat mekaar teenwerk word in sy gedigte vereenselwig. Die bundel “Air Born/Hijos del Aire” is byvoorbeeld in Engels en Spaans geskryf. Dit is ’n tweetalige reeks sonnette wat Paz saam met die digter en vertaler Charles Tomlinson geskryf het.

Indien ’n gedig nasionale en linguistiese grense wil oorskry, moet dit heen en weer oor die grense kan “vloei”. Paz en Tomlinson het geïllustreer hoe dit gedoen kan word met die skryf van ’n gedig “House”. Tomlinson het die eerste vers in Engels geskryf wat toe deur Paz vertaal is. Paz het die tweede vers in Spaans geskryf en dit4 is deur Tomlinson vertaal.

’n Gedig in Spaans en Engels

 Hier is die eerste deel van die gedig:1

La casa se construye con lo ahí encontramos           One builds a house with what is there

(con crin ligaban la argamasa – había caballos)         (horsehair bonded the plaster when horses                                                                                                    were)

y con lo que traemos (la rima anda escondida):        and of what one brings (the rhyme concealed):

para su tiempo, espacio – tiempo para su                  space into its time, time to its space

espacio.

Mas nacemos en casa que no hicimos.                     Yet we are born in houses we did not make.

(Terloops, ek vind die tweede Engelse reël ’n bietjie onsamehangend. Ek sou dit vertaal het as: “Die pleister is met perdehare gebind – daar was perde”)

Volgens ’n medewerker van World Literature Today, Frances Chiles, het Paz probeer om ’n gevoel van “gemeenskap” te bewerkstellig in sy gedigte, iets wat hy gemis het in die hedendaagse wêreld. Paz het die Neustadtprys in 1982  ontvang. In sy ontvangstoespraak het hy sy beklemtoning van botsende gedagtes soos volg verduidelik: “Pluraliteit is Universaliteit, en Universaliteit is die erkenning van die bewonderenswaardige diversiteit van die mens en sy werke … Om die verskeidenheid visies en benaderings te erken, is om die rykdom van die lewe te bewaar en sodoende dit te laat voortleef.”

Octavio Paz in Afrikaans

Hier volg ’n paar gedigte van Paz wat ek uit Spaans vertaal het. In die eerste gedig merk mens duidelik die teenstrydighede en botsende idees wat hy in sy poësie met mekaar versoen. Byvoorbeeld:

“Alles is sigbaar en alles is ontwykend,

alles is naby en alles is onaanraakbaar.”

Uit: “Árbol adrento”

 Entre irse y quedarse

 Entre irse y quedarse duda el día,

enamorado de su transparencia.

Tussen gaan en bly

 Tussen gaan en bly huiwer die dag,

verlief op sy deursigtigheid.

Die sirkelvormige namiddag is nou ’n baai:

waar die wêreld in stilte heen en weer wieg.

Alles is sigbaar en alles is ontwykend,

alles is naby en alles is onaanraakbaar.

Papier, ’n boek, ’n glas, ’n potlood

rus in die skadu van hulle name.

Die klopping van die tyd in my slape herhaal

dieselfde koppige sillabe van bloed.

Die lig verander die onverskillige muur

in ’n spookagtige teater van weerkaatsings.

Ek bevind myself in die middel van ’n oog;

hy sien my nie, ek sien my in sy staring.

Die oomblik verdwyn. Roerloos,

Ek bly en ek gaan: ek is ’n pouse.

In die gedig word dit duidelik dat die digter die werklikheid  as een groot geheel sien. Die mens is deel van die natuur en die aarde en alles wat daarin is. Die mens is selfs een met die tyd:

“Ek bly en ek gaan: ek is ’n pouse.”

Franse invloed

 Paz het baie geleer by Franse digters soos Arthur Rimbaud en André Breton. Paz het gemeen dat die kern van Breton se poëtika daarin geleë was dat Breton gedink het dat “die natuur taal is”. Om hierdie taal te herwin, moet ons terugkeer na die natuur, voor die val en die geskiedenis. “Volver a la naturaleza, antes de la caída y de la historia.”

In Breton se geskrif “Alchimie du verbe” stel hy dit dat poëtiese visie direk oorgedra moet word, nie beskryf word nie. “Le poète devra faire sentir, palper, écouter ses inventions …cette langue sera de l’âme, résumant tout, parfums, sons, couleurs”

“Die digter moet dit moontlik maak dat sy werk gevoel, gehoor kan word … hierdie taal is van siel tot siel, en dit verstaan alles – geure, klanke, kleure.”2

 Terloops, hierdie gedig hierbo is ook deur Joan Hambidge vertaal met die titel “Tussen gaan en bly.” Die gedig kan op haar blog “Woorde wat weeg” gelees word.

Die volgende gedig het ’n paar onderafdelings:

Uit: “Árbol adentro”

 Al vuelo (1)

 Naranja

Pequeño sol

quieto sobre le mesa,

fijo mediodía.

Algo le falta:

noche.

IN VLUG (1)

 Lemoen

 Klein son

stil op die tafel,

ewigdurende middag.

Iets kom kort:

nag.

Dagbreek

 Op die sand

voëlgeskrifte:

memoires van die wind.

Sterre en kriek

 Die ruimte is ontsaglik groot.

Daar bo is wêrelde gesaai.

Onversteurd,

sonder vrees vir soveel nag

die onversetlike kriek.

Non-visie

 Leë uur, reservoir

waar my gedagtes

hulleself drink.

Vir een geweldige oomblik

het ek my naam vergeet.

Bietjie vir bietjie raak ek ongebore,

deurskynende aankoms.

Kalmte

 Maan, horlosie van die sand:

die nag loop leeg,

die uur is verlig.

Treffend in hierdie gedig is die teenstellings wat versmelt word om nuwe konsepte te skep:

ewigdurende middag/nag

Die ruimte is ontsaglik groot/die onversetlike kriek

Bietjie vir bietjie raak ek ongebore

Paz het heelwat liefdesgedigte geskryf. Waar Pablo Neruda se liefdesgedigte vol vurige, byna onbeteuelde hartstog is, is Paz se hartstog verfynder en ietwat meer abstrak.

Uit Arbol adentro (Octavio Paz)

Noche, día, noche

 1.

 Chorro de luz: un pájaro

cantando en la terraza.

En los valles y montes

de tu cuerpo amanece.

(Fragment)

Nag, dag, nag

 Stroom lig: ’n voël

singend op die terras.

In die valleie en berge

van jou liggaam ontwaak dit.

2.

Vuur slaap in die nag,

water wat laggend wakker word.

3.

Onder die blaredak

van jou hare

jou voorkop:

bome,

helderheid tussen die takke.

Ek dink aan tuine:

om ’n wind te wees wat ritsel deur jou herinneringe,

om die son te wees wat tussen jou fyn takkies deurbeweeg!

4.

Aan die voet van die palm,

lank soos ’n barbaar

golwend groen teen die aanvallende son

rus jy.

’n Poel

– water in die skadu’s – jou liggaam.

Stilte. Enorme namiddag klop

byna onopsigtelik.

Tussen jou bene vloei die koppige tyd.

5

’n Aar van sonlig, lewende goud,

gleuwe, kruise, spirale,

groen sterrestelsels:

die driehoekige insek

vorder deur die gras

drie of vier millimeter per uur.

Vir ’n oomblik het jy

dit in die palm van jou hand gehou

(waar die noodlot sy arabeske geheime afteken):

dit is ’n lewende juweel, ’n kreatuur

wat miskien uit Titania geval het

en jy laat dit met groot respek

teruggaan na die Groot Al.

6

Die dag, volkome blom,

brand uur na uur.

’n Ander blom, swart, ontvou.

Ongemerk steek jy

die skadu oor

en kom binne, dame van die nag.

Skaars ’n golf,

skaars ’n geur, wit,

strek jy uit op my bed.

En word weer ’n vrou.

7

Vlaktes van die laken

en nag van liggame,

gety van begeerte

en grot van drome.

8

Onder jou ooglede slaap

’n ontasbare dorp.

Gretige warrelwinde,

kinders van aanraking word beliggaam,

drink bloed, is die veranderende

vorms van begeerte

en is altyd dieselfde:

die opeenvolgende gesigte

van die lewe wat die dood is,

van die dood wat die lewe is.

Een van die temas wat Paz se werk kenmerk, is die idee van ’n rivier. Hy praat soms van die gedig as ’n rivier wat alles meevoer. Maar dit word ook aangewend om mense en menseverhoudings uit te beeld soos in die volgende gedig.

Antes del comienzo

 Ruidos confusos, claridad incierta.

Otro día comienza.

Voor die begin

 Verwarde geluide, onsekere helderheid.

Nog ’n dag begin.

Dis ’n halfverligte kamer

en twee liggame uitgestrek.

In my kop is ek verdwaal

op ’n vlakte sonder enigiemand.

Nou slyp die ure hulle knipmesse.

Maar langs my haal jy asem;

intiem en verwyder

vloei jy sonder om te beweeg.

Onbereikbaar as ek aan jou dink,

aan jou raak met my oë,

jou sien met my hande.

Drome skei ons

en bloed verenig ons:

ons is ’n rivier van polsslae.

Onder jou ooglede

word die saad van die son ryp.

Die aarde

is nog steeds nie werklik nie,

die tyd huiwer:

al wat seker is

is die warmte van jou vel.

In jou asemhaling hoor ek

die gety van bestaan,

die vergete sillabe van die Begin.

Samevattend

 Octavio Paz het diep spore getrap in die wêreldletterkunde en sy invloed word vandag nog baie sterk gevoel. Sy siening van die mens en sy plek in die natuur raak al hoe meer relevant in hierdie tyd dat ons besef dat ons gevaar loop om die omgewing waarin ons leef te vernietig, en onsself daarmee.

 Bronne

 1. Aangehaal in: Poetry Translation as Expert Action Process, priorities and networks, Francis R Jones, 2011. Newcastle University. John Benjamins Publishing, Company. Amsterdam:Philadelphia

2. Aangehaal in: “Octavio Paz: A Study of his Poetics”, Jason Wilson, 1979. Cambridge University Press.

De Waal Venter. Herfsdigters: elkeen kyk anders

Tuesday, August 7th, 2018

                                                                            Foto: De Waal Venter

Digters in hierdie essay. In volgorde:

Pablo Neruda

Antjie Krog

NP van Wyk Louw

Joan Hambidge

Tomas Tranströmer

Octavio Paz

Jacques Roubaud

Pablo Neruda

 

Elke digter het sy of haar eie, kenmerkende lewensuitkyk, benadering tot die werklikheid en skryfstyl. Moontlik is daar ooreenkomste tussen die style van digters in ’n bepaalde tydperk en in ’n bepaalde taal. Mens sal waarskynlik kan aandui hoe digters in byvoorbeeld Spaans in ’n soort toonaard skryf wat kenmerkend is van die taal en tydperk. Moontlik kan dit geld vir Afrikaans en Frans en alle ander tale. 

In hierdie essay kyk ons hoe digters uit verskillende taalgebiede en tydperke skryf oor dieselfde onderwerp, die herfsgety. Ons kyk eerstens na Pablo Neruda se bekende gedig “Die herfs kom terug”.

In “Vuelve el otoño” (Die herfs kom terug) beskryf hy op verskillende maniere hoe die herfs terugkom ná die somer. Hy verbind byvoeglike naamwoorde met selfstandige naamwoorde wat baiekeer eienaardig en onlogies lyk, bv. “vertrapte angs” en “walglike ore”. Maar in die konteks van die gedig is dit sinvol. Die spreker in die gedig peins oor sy vervlietende lewe en die naderende winter van die ouderdom.

In reëls 1 tot 6 is daar “treurende klokke” wat daarop dui dat iemand gesterf het. Die klank van die klokke is soos die fladderende kleed van ’n weduwee. Dit is die simboliese sterwing van die somer.

Vuelve el otoño

Un enlutado día cae de la campanas

como una temblorosa de vaga viuda,

es un color, un sueño

Herfs kom terug

’n Treurende dag val uit die klokke

soos ’n sidderende kleed van ’n dwalende weduwee,

dit is ’n kleur, ’n droom

van kersies weggesak in die aarde,

dit is ’n rookstreep wat rusteloos aankom

om die kleur van water en soene te verander.

Ek weet nie of jy my verstaan nie: wanneer die nag

uit die hoogte aankom, wanneer die eensame digter

by die venster die hings van die herfs hoor galop

en die blare van vertrapte angs ruis in sy are,

is daar iets in die lug, soos die tong van lywige osse, 

iets in die twyfel van die lug en die atmosfeer.

Dinge kom terug na hulle plekke,

die onmisbare advokaat, hande, olie, die bottels,

al die tekens van lewe: beddens, bo alles,

is hulle vol van ’n bloederige vloeistof,

mense plaas hulle geheime in walglike ore,

sluipmoordenaars kom met trappe af,

maar dit is nie dit nie, dit is die ou galop, 

die perd van die ou herfs wat sidder en verduur.

Die perd van die ou herfs het ’n rooi baard

en die skuim van vrees bedek sy wange

en die lug wat hom volg, is gevorm soos die see

en die reuk van vae begraafde verrotting.

Elke dag kom daar die kleur van as uit die lug

wat die duiwe oor die aarde moet versprei:

die tou gevleg deur uitwissing en trane,

tyd wat lang jare in die klokke geslaap het,

alles,

die ou klere stukkend gebyt, die vroue wat die sneeu sien kom,

die swart papawers wat niemand kan bepeins sonder om te sterf nie,

alles val in die hande wat ek oplig

in die middel van die reën.

 

In reëls 7 tot 12 wil die digter seker maak ons verstaan hom. Hy beskryf die naderende nag, die donkerte. Die spreker in die gedig staan alleen by die venster. Hy hoor “Die perd van die ou herfs” nader galopeer.

Omdat die titel van die gedig suggereer dat dit handel oor ’n jaargety, verwag mens talle natuurbeelde. Maar die teenoorgestelde is waar. Die digter gebruik hoofsaaklik beelde en metafore wat nie wesenlik natuurverskynsels is nie. Voorbeelde: 

“dit is ’n rookstreep wat rusteloos aankom

om die kleur van water en soene te verander.”

“daar is iets in die lug, soos die tong van lywige osse, 

iets in die twyfel van die lug en die atmosfeer.”

“die onmisbare advokaat, hande, olie, die bottels,

al die tekens van lewe: beddens, bo alles,

is hulle vol van ’n bloederige vloeistof,”

Neruda is ’n digter wat intens die menslike ervaring beleef en beskryf. Dis is asof hy in hierdie gedig die natuur self vermenslik.

Antjie Krog

Antjie Krog

onvertaalde teleks

VIII

die bolandse herfs word nou eers myne

met die winterreëns wat dae al oor die dakke skif

en snags slaap ek weer alleen

die kraanvoëlblom blits druppels in die tuinhoek rond

vaal vogtige veertjies tussen die dooie kannas in

nog babalaas van die jaar se dop

roes plek-plek ranonkelrooi

die wingerde in die reën

die nat stamme trek bakkoppie onder oulaas blare in

en snags slaap ek weer alleen

langs die uitgeswelde rame groei voetkombersies

en mossige oulappe teen die eike

ons mymer saam oor die legkaart van blare

my oë het skielik vat gekry

met herfsklawer bottend in die kaal boorde

met gladde vel kieliekaal reën aan wit koejawels

alles behoort nou

en die herfs word eindelik myne

  • net soms nog die helder gil van lemoene tussen die droefgroen blare …

 

In Antjie Krog se gedig kom natuurbeelde diggesaai. Die kraanvoëlblom se “vogtige 

veertjies”, en nat stamme wat “bakkoppie trek”. Anders as Neruda wat die natuur 

mensgestalte gee deur beelde te gebruik wat nie direk verband hou met natuurvers

kynsels nie (tonge van lywige osse) word natuurdinge in hierdie gedig op ’n meer konvens

ionele manier vermenslik : die koejawels het “’n gladde kieliekaal vel” en die “helder gil” 

van lemoene.

In Neruda se gedig word die herfs ’n simbool en metafoor van die naderende dood, die ver

ganklikheid van alles. Dieselfde geld in Krog se gedig, maar op ’n heel ander toon. Daar is 

’n atmosfeer van peinsende, ietwat droewige beskouing van die lewe. In hierdie gedig is 

die spreker in die gedig ook baie sterk op die voorgrond. “Snags slaap ek weer alleen” en 

“ons mymer saam oor die legkaart van blare” en uiteindelik “word die herfs uiteindelik 

myne”.

Vir Krog word die universele gedagte van verganklikheid in baie groter mate ’n persoonlike 

ervaring as wat mens in die Neruda gedig aantref. Die idee van dronkenskap “nog babalaas van die jaar se dop”, kom weer voor in ’n gedig later in die essay.

NP van Wyk Louw

NP van Wyk Louw

Vroegherfs

Die jaar word ryp in goue akkerblare,

in wingerd wat verbruin, en witter lug

wat daglank van die nuwe wind en klare

son deurspoel word; elke blom word vrug,

tot selfs die traagstes; en die eerste blare val

so stilweg in die rook-vaal bos en laan,

dat die takke van die lang populiere al

teen elke ligte môre witter staan.

O Heer, laat hierdie dae heilig word:

laat alles val wat pronk en sieraad was

of enkle jeug, en vér was van die pyn;

laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort

my waan, tot al die hoogheid eindelik vas

en nakend uit my teerder jeug verskyn.

 

Hierdie bekende gedig van NP van Wyk Louw is, soos die ander “gebede by jaargetye” in 

sonnetvorm geskryf. Die digter bid dat sy “Heer” hom “rypheid” gee en sy “waan laat stort”.  

Die spreker in die gedig wil gestroop word, soos die bome gestroop word, van alles wat 

hom verhoed om “hoogheid” te bereik – moontlik die hoogste vorm van moraliteit en ook 

digterskap.

Daar is al heelwat oor hierdie gedig geskryf en besin en ek wil nie meer as dit sê nie, 

eerder kyk na ’n interessante soort intertekstuele herdigting van Johan Hambidge, ook met 

die titel “Vroegherfs”.

Joan Hambidge

Joan Hambidge

Uit: Die somber muse 1990. Kaapstad: Jutalit

Vroegherfs

Die jaar word ryp in wrede ontnugtering,

in woede wat verkil, en bitter idees

wat daglank deur my nuwe minagting

uitgespoel word; alle idees word reëls,

tot selfs die slustes; en die eerste beelde val

so stilweg in my donker depressiewe drome uit

sodat die dendriete in my brein al

teen elke ligte môre ooreis, ópspruit.

O muses, laat hierdie dae nooit verbygaan:

laat alles val wat poësie of stilte verbreek

of cliché is, en vér was van die pyn;

laat ryp word, muses, laat jul verwoesting nimmer taan,

vir ewig, tot al my demone afgebreek

word in relevante, tydgebonde skyn.

 

Hierdie gedig is ook in sonnetvorm geskryf, maar die rympatroon is losser as die Van Wyk 

Louw gedig. Hier tref ons nie natuurbeelde aan nie, maar emosies en idees: “Wrede ontn

ugtering” en “minagtig” asook “bitter idees” en “depressiewe drome”.

Die gedig is ook ’n soort gebed, maar nie ’n Christelike gebed soos Louw s’n nie. Die 

spreker vra (bid) van die muses dat alles wat “poësie of stilte verbreek” moet “laat val 

word”. Die digter soek ook, soos Louw, na ’n groter en sterker digterskap, maar uit heelt

emal ’n ander kultuuragtergrond.

Tomas Tranströmer

Tomas Tranströmer

Storm

Plötsligt möter vandraren här den gamla
jätteeken, lik en förstenad älg med
milsvid krona framför septemberhavets
svartgröna fästning.

Storm

Meteens kom jy af op ‘n geweldige ou

eikeboom, ‘n roerlose takbok, met

sy kroon wat ver uitstrek oor die Septembersee,

swartgroen vesting.

Noordestorm. Nou is die tyd wanneer die lysterbessie

in trosse rypword. Wanneer jy in die donker wakker word

hoor jy die sterrebeelde stamp in hulle stalle

hoog bokant die bome.

 

In hierdie kort gedig tref mens die kenmerkende natuurbeelde uit die Skandinawiese woude aan en die byna mistieke ineenvlegting van beeld en en betekenis. Die ou eikeboom is ook ’n roerlose takbok. Die sterrebeelde word lewendig en stamp in hulle stalle soos perde.

Anders as in Louw en Hambidge se gedigte word hier nie gevra of gebid nie. Hier word die leser getref deur ’n klompie sterk sinne met ’n intense ervaring van die natuur wat uitgebrei word tot ver buite die aarde, na die sterre, ligjare van ons verwyder. Daar is ook geen sprake van die verganklikheid en afsterwing wat in die vorige gedigte aangetref word nie.

Octavio Paz

Octavio Paz

Ontoño

En llamas, en otoños incendiados,

arde a veces mi corazón,

puro y solo. El viento lo despierta,

toca su centro y lo suspende

en luz que sonríe para nadie:

cuánta belleza suelta!

Herfs

Vlammend, in die herfs, brandend,

partykeer brand my hart,

suiwer en alleen. Die wind maak hom wakker,

raak aan sy middelste en laat hom hang

in lig wat vir niemand glimlag nie:

watter wilde prag!

Ek soek na ’n hand

’n teenwoordigheid, ’n liggaam,

wat deur mure breek

en geboorte gee aan bedwelmde vorms,

’n aanraking, ’n klank, ’n draaiing, nouliks ’n vlerk;

ek soek binne my,

bene, onaangeraakte viole,

delikate, skaduagtige werwels,

lippe wat lippe droom,

hande wat voëls droom …

En iets wat onbekend is en sê “nou”

val uit die lug,

van jou af, my Heer en my teenstander.

 

Octavio Paz se herfs is harstogtelik en diep emosioneel. Vir hom is dit geïnternaliseer. Sy hart is “vlammend” en “brandend”. Hy soek binne homself na “bene, onaangeraakte viole, delikate, skaduagtige werwels, lippe wat lippe droom, hande wat voëls droom …”

Ook in hierdie gedig kom ’n godheid voor. Maar hier word daar nie gebid tot die godheid nie, dit word eerder gesien as iets wat onbekend is en teen iemand aan wie weerstand gebied moet word: “my Heer en my teenstander.” Hierdie Heer is nie ’n menslike persoon soos ’n edelman of hooggeplaaste wat respek verdien nie. In Spaans is dit “mi Dios y mi adversario”, dus ’n godheid.

Jacques Roubaud

Jacques Roubaud

La Grive

Quand s’achève le mois d’octobre
quand les vendanges sont passées
quand les vignes rouges blessées
par l’automne saignent sombres

Die lyster

Wanneer Oktobermaand verby is

en die druiweoes in is

wanneer die rooi ranke verwond is

deur die donker herfsbloeding

wanneer die sipresse met swart skadu’s

op die steil heuwels

veg teen die rukwinde

sien ons die nugter klein lyster

sit in die wingerd onder die blare

met haar druiwemandjie

met haar slim snawel versamel sy

muskate, granches, wyne in hout verouder

sy proe so baie daarvan dat sy naderhand

in die stof rondrol, heerlik dronk.

 

Om mee af te sluit, een van Jacques Roubaud se satiries-humoristiese gedigte. Hy is ’n vooraanstaande wiskundige en ook een van Frankryk se belangrikste digters. Behalwe die groot hoeveelheid diepsinnige verse wat hy geskryf het, het hy ook kinderverse en lig-satierise gedigte geskryf.

“Die lyster” (’n voël wat ook in Suid-Afrika aangestref word) begin nogal baie soos Van Wk Louw se “goue akkerblare”. Die blare wat verkleur is ’n “verwonding” deur die herfs, weer die sinspeling op die einde van ’n tyd en verganklikheid van alles.

Die gedig vorder as nugter natuurbeskrywing en dit lyk vir die leser asof dit ’n stemmige en diepsinnige vers gaan word. Maar dan kom ’n wending. Die lyster, moontlik ’n metafoor vir die mens in die algemeen, versamel wyne en begin drink daaraan. En dan die klugtige slot: “sy proe so baie daarvan dat sy naderhand/in die stof rondrol, heerlik dronk.” Dit herinner aan Antjie Krog se gedig!

So sien verskeie digters die herfs, die tyd van verganklikheid en afsterwe. Vir party is daar ’n religieuse element in die bepeinsing van die situasie, vir ander is dit intens emosioneel en innerlik. 

Daar sal seker nog baie gedig word oor die herfs deur huidige en toekomstige digters. En elkeen sal iets nuuts bring. Die menslike gees is onbeperk in sy vermoë om skeppend na die wêreld te kyk.

Nota:

Die gedigte in Europese tale is uit die oorspronklike vertaal deur De Waal Venter.

einde

De Waal Venter. Digters en emosies

Monday, June 25th, 2018

Digters en emosies

Poësie is waarskynlik die literatuursoort waarin emosie die meeste uiting vind. Dit is nogal moeilik om aan ’n gedig te dink, in enige taal, waarin baie min of geen emosie aan te tref is nie. Waar daar nie direk uitdrukking gegee word aan emosie in ’n gedig nie, is dit wel implisiet in die konteks.

Van die sterkste emosies wat mense ervaar, is die twee teenoorgesteldes: smart en vreugde. In hierdie essay kyk ons na gedigte van vrouedigters uit verskillende kulture wat in hulle gedigte een of albei van hierdie emosies beskryf en oook ander emosies op verskillende kerwe van die emosionele skaal.

’n Digter wat veral haar ervaring van smart baie meevoerend kon beskryf, is Sylvia Plath. Sy het geleef van 1932 tot 1963.

Poetry Foundation het die volgende te sê oor Sylvia Plath.

Sy was een van die mees dinamiese en bewonderde digters van die 20e eeu wat in Engels geskryf het.Toe sy haar eie lewe geneem het op 30 het sy reeds talle volgelinge gehad in die literêre gemeenskap. In die daaropvolgende jare het Plath se werk groot getalle lesers se aandag getrek. Mense het in haar werk ’n poging gesien om wanhoop, gewelddadige emosie en ’n obsessie met die dood te katalogiseer. In die New York Times Book Review beskryf Joyce Carol Oates haar as “een van die mees geëerde en kontroversiële naoorlogse digters wat in Engels geskryf het”.

Ek het die volgende gedig uit Engels vertaal:

Edge

deur Sylvia Plath

The woman is perfected.   

Her dead

Body wears the smile of accomplishment,   

The illusion of a Greek necessity

Flows in the scrolls of her toga

 

Die vrou is vervolmaak.

Haar dooie

Liggaam het ’n glimlag van vervulling,

Die illusie van ’n Griekse noodsaak

Vloei in die voue van haar toga,

Haar kaal

Voete lyk of dit sê:

So ver het ons gekom, dit is verby.

Elke dooie kind opgekrul, ’n wit slangetjie,

Een by elke

Melkbotteltjie, nou leeg.

Sy het hulle teruggevou

In haar liggaam soos blomblare

van ’n roos toevou wanneer die tuin

Verstyf en geure bloei

Uit die soete, diep kele van die nagblomme.

Daar is niks vir die maan om oor te treur nie,

Starend uit haar benige kappie.

Sy is gewoond aan hierdie soort ding.

Haar swart skadu’s sleep krakend.

Bron:

Sylvia Plath, “Edge” from Collected Poems. Copyright © 1960, 1965, 1971, 1981 by the Estate of Sylvia Plath. Editorial matter copyright © 1981 by Ted Hughes. Used by permission of HarperCollins Publishers.

Source: Collected Poems (HarperCollins Publishers Inc, 1992)

In Plath se gedig word die “vervolmaakte” vrou beskryf. Haar kaalvoete dui waarskynlik daarop dat sy ver gereis het, maar dat haar reis nou verby is. Dit is Sylvia Plath se laaste gedig, geskryf net ’n paar dae voor haar selfmoord. Dit is ’n kort, troostelose, selfs brutale gedig wat die diepte van haar depressie treffend uitbeeld. Die kritikus Stephen Gould Axelrod het die volgende te sê: “On an edge between metaphysics and indeterminacy as well as between life and death, Plath’s last poem gapes at the space separating words from their referents and meanings, while the moon’s shadows ‘crackle and drag’ to commemorate the dissolution.”

Tamara Kamenszain

Tamara Kamenszein

Kom ons kyk nou na ’n Spaanssprekende Suid-Amerikaanse digter, Tamara Kamenszain, se gedig. Hier het ons nie met die pynlike emosie van smart te doen nie, eerder die bittersoet gevoel van nostalgie. Die gedig word in twee dele aangebied en geleidelik verander die emosionele toon tot daar by “spirituele vreugde” uitgekom word.

Tamara Kamenszain is in 1947 in Buenos Aires gebore. Sy was besig met ’n graad in filosofies, maar het dit laat vaar en begin werk as joernalis. In 1972 ontvang sy die poësieprys van die Nasionale Kunstefonds van Argentinië vir haar eerste bundel gedigte.

Na ’n jaar wat sy in New York gewoon het en na die publikasie van haar tweede bundel, “No”, begin Kamenszain lesings gee aan die Universiteit van Buenos Aires en die Universiteit van Meksiko. Sy het baie geskryf en gepubliseer oor die jare. Onder andere “El texto silencio” (Die stil teks) en “Tradición y vanguardia en la poesía sudamericana” ( Tradisie en moderniteit in die poësie van Suid-Amerika).

Ander pryse wat sy ontvang het, is onder meer die John Simon Guggenheim Fellowship en die Pablo Neruda Presidensiële medalje.

Woonkamer

Vida de living

Tamara Kamenszain

Cansada

con los ojos cerrados al centro

apunto a un blanco móvil

1

Lewe in die woonkamer

Moeg

met toe oë mik ek

na die middelpunt van ’n bewegede teiken

na daardie Beatles in die groef

van die ou dae

na die naald wat die gekoppelde akkoorde

verbind

in die donker hart van die plaat.

Jy was in daardie gesig

wat hieronder draai

die koppige, waansinnige oë

laat die naald spring

en op jou ander kant

my fronsende oor

luisterend.

’n Skulp daarbinne

’n golwende metaalklank

soos opgeklitste dae

wat saam met ons gegroei het

die kinders

van die stoomskip-vaart

op die skip van musiek

op pad na watter land en watter grens

kom die grens van tyd

vir ons aan.

2

Anochecer de un día agitado:

hasta aquí llegamos.

La sala ahora disemina

su acústica en casa

2.

Skemertyd van ’n deurmekaar dag:

ons het tot hier gekom.

Die vertrek saai nou

sy akoestiek uit deur die huis

soos ’n matriarg van gruwels

wat ten einde laaste neerskryf

wat tot ’n einde gekom het.

Ons word bedek met die dik kwilt

van ons eie privaat eiendom van luister

deur twee identiese egpare

wat die leunstoele oppof

daardie paar

wat, versink in die veerkrag van tyd,

die gewig van vriende gedra het

het hulle belewenisse hier uitgedruk

in die woonkamer van hierdie gesprek.

Hulle is nie meer hier nie, maar om hulle op te roep

(onthou jy wat jy gesê het?)

dit vul ’n boek met kwotasies

oorstroom hierdie oomblik met lag;

dit is aansteeklik om oor hulle te skryf

’n beswyming 

van spirituele vreugde.

Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter

Bron: The Poetry Translation workshop

Tamara Kamenszain het hierdie gedig vir die eerste keer in 1991 gepubliseer, toe sy 44 jaar oud was. Dit is deurdrenk met die nostalgie van iemand wat haar middeljare nader en die opwinding van haar jeug verloor het.

Sy is veral knap met die manier hoe sy musiek gebruik – spesifiek die beskrywing van hoe ’n langspeelplaat werk – om die “ou dae” te herroep. Daardie “Beatles in die groef” (spelling soos die digter dit het) wat so belangrik was vir die “kinders van die stoomskip-vaart” (moontlik die vaart van Buenos Aires na Montevideo in Uruguay). Hierdie stemming word pragtig gekontrasteer met die versmorende wêreld van “daardie paar, versink in die veerkrag van tyd”. Maar deur hierdie mense uit te beeld, het hierdie puik, pragtig subtiele gedig ontstaan wat die digter in “’n beswyming van spirituele vreugde” bring.

Hier is nog ’n Spaanssprekende, Suid-Amerikaanse digter wat werk met vreugde en patos, hand-aan-hand.

Coral Bracho

Coral Bracho is in 1951 in Mexico City gebore. Sy is ’n digter, vertaler en het ’n doktorsgraad in Literatuur.

Sy het die Aguacalientes Nasionale Poësieprys in 1981 gewen en ’n Guggenheim Fellowship in 2000. Vir haar boek “Ese Espacio, Ese Jardin” (Daardie ruimte, daardie tuin) ontvang sy in 2004 die Xavier Villaurrutia toekenning. Sy is lid van die Sistema Nacional de Creadores de Arte en in 2007 kry sy die toekenning Programma de Aliento a la Obra Literaria de la Fundación para las Letras Mecicanas.

Trazo del tiempo

Coral Bracho

Entre del viento y lo oscuro,

entre el gozo ascendente

y la quietud profunda,

entre la exaltación de mi vestido blanco

y la oquedad nocturna de la mina

Teken van die tyd

Tusssen die wind en die donkerte,

tussen stuwende blydskap

en ’n diepe kalmte,

tussen die vreugde van my wit rok

en die nagdonker holte van die self,

die teer oë van my vader, wagtend; sy warm

vreugde. Ek klim om dit te bereik. Dis ’n wêreld

van klein sterretjies, en bokant dit,

bokant die plate piriet, sak die son. Hoë wolke

van kwarts en vuursteen. In sy helder, alles-omvattende kyk,

die warmte van amber.

Hy tel my op in sy arms. Nog nader.

Ons skaduwee buig oor die kant. Hy sit my neer.

Hy gee my sy hand.

Die hele pad ondertoe

is ’n stille genot,

’n donker warmte,

’n gloeiende rykdom.

Iets in daardie kalmte omvou ons, beskerm ons

en lig ons op,

sagkens,

terwyl ons neerdaal.

Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter

Bron:

Poetry translation Centre

’n Omvattende gevoel van verlies word op ’n outobiografiese manier in hierdie gedig weergegee. Die digter dink aan haar vader wat gesterf het toe sy nog ’n kind was. Terwyl die jong meisie haar verlustig in die vader se “helder kyk”, neem sy die omliggende landskap waar en skep dit om in in ’n metafoor van “Hoë wolke van kwarts en vuursteen”. Maar die vastigheid van klip en aarde is net ’n verskynsel in die lug, ’n ligeffek veroorsaak deur die sakkende son wat vader en dogter in donkerte sal hul. Bracho skep patos uit die besef dat die digter se magte nie grensloos is nie.

Andrée Chedid

Andrée Chedid

Hierdie digter het die twee kulture van Frankryk en die Midde-Ooste vir meer as sestig jaar lank oorbrug. Chedid, gebore 1n 1929 in Kaïro met voorgeslagte uit Libanon en Sirië, het die grootste deel van haar lewe in Frankryk deurgebring. Sy het haar elementêre opleiding in Egipte gekry, haar sekondêre opleiding in Parys, en ’n graad verwerf aan die Amerikaanse Universiteit in Kaïro in 1942. In 1946 het sy Franse burgerskap gekry en het die res van haar lewe in in Parys deurgebring tot haar dood op 6 Februarie 2011 op die ouderdom van 90. Sy het talle literêre toekennings gekry.

In haar gedig “Draaikolke” werk sy met ’n reeks emosies – van smart tot vrees.

Remous

Andrée Chedid

Toutes ce brumes

Issues de nos chagrins

Tous ces orages

Qui bataillent entre nos tempes

Draaikolke

So baie miswolke

uit ons smarte

Al hierdie donderstorms

wat woed tussen ons slape

Soveel skadu’s

wat ons verwagtinge inperk

So baie krete

wat ons sang kortwiek

Soveel vrese

wat ons voetstappe terughou

Soveel helderheid

gebore uit hierdie draaikolke!

Uit Frans vertaal deur De Waal Venter

Olga Mattei

Olga Elena Mattei Echavarría in in 1933 gebore in Arecibo, Puerto Rico, maar het die grootste deel van haar lewe in Colombia deurgebring en sy staan bekend as ’n Colombiaanse digter. Sy het verskeie toekennings vir haar werk gekry in Colombië en ander Spaanssprekende lande.

Na die Tweede Wereldoorlog was daar ’n tydperk van vervolging en onrus in Colombië wat bekend gestaan het as “La Violencia”. Dit het gevolg op die moord op ’n gewilde Liberale Party presidentskandidaat, Jorge Eliecer Gatain in 1948 en die opstande in Bogotá wat daarop gevolg het. Die Konserwatiewe en Liberale partye het geweld laat losbreek wat die dood van 200 000 mense veroorsaak het.

Die gedig “Geweld” begin met hoop maar eindig met ’n soort wanhoop oor die toestand wat in die digter se land heers.

Geweld

Uit Silabas de Arena (1962)

Olga Elena Mattei

Lemoenskil,

die son se vrede in die oggend,

water gesels;

soliedheid van smaragde.

Meditasie oor die koringaar

in hoop.

Al die stemme van die digters

is gedors

met dieselfde woorde,

want die oes is goed,

die grond is vrugbaar,

want die toring verheug ons

met sy gebed van klokgelui.

Waarom ’n vuis en ’n banier lig

dreigend skreeu

teen die bultende baarmoeder van die aardbol

en in die wit skoot van ons moederland?

Waarom smeek met woorde

en bose goed uitskreeu?

Yster te sê, koeël,

geweer, lyk, bloeddeurdrenkte sand.

Bloed en reuk van afgebrande huise,

stewels, klip, verraad, en wraak …

weduwee, haat,

vuur en sluipmoordenaar!

Waarom? Liewe Here?

Wat gaan aan met die wêreld

dat in al die kele

net knoppe is

en geskrei in die siele?

Ons was almal broers

in die Fiesta del Agua,

en ons almal het begrip

vir verloste bloed

in hoop;

ons het almal geluister na jou lys

van bevele

en nou

waarheen met ons mense?

Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter

Muddupalani

Muddupalani

Bron: The Mysterious India
In 1750 is die digter Muddupalani gebore in Nagavasram in Tamil Nadu, Indië. Sy het bekendheid verwerf as akademikus en kenner van Telugu en Sanskrit letterkunde. Haar bekendste gedig was die erotiese Rādhikā-sāntvanam wat sy geskryf het uit ’n manlike oogpunt. Anders as gesinsgeorienteerde vroue in 18e eeuse Indië, het sy toegang gehad tot talle tipes vermaak en genietinge, asook die wêrelde van die akademie en skeppende kunste.

In hierdie gedig tref mens harstogtelike emosie en erotiek aan. Dit is meevoerende en betowerend.

Wanneer ek haar vra om my nie te soen nie

Wanneer ek haar vra om my nie te soen nie,
streel sy my wange
en druk haar lippe styf teen myne.
Wanneer ek haar vra om nie aan my te raak nie,
stoot sy haar stywe borste teen my
terwyl sy my omhels.
Wanneer ek haar vra om nie te naby te sit nie,
want dit is nie fatsoenlik nie,
help sy my sommer vinnig reg.
Wanneer ek haar vertel van my eed
om nie ’n vrou bed toe te vat nie,
spring sy by my in
en begin die liefdespel.
Sy geniet dit
om my van haar lippe te laat drink.
Sy liefkoos my met sagte woordjies,
gee haarself weer en nog ’n keer.
Hoe kan ek nou wegbly
van haar verloklikheid?

Verwerk uit Engels deur De Waal Venter

In die webruimte “Mysterious India” word daar die volgende geskryf oor hierdie gedig:

Rādhikā-sāntvanam (“Appeasing Radha”)
The Rādhikā-sāntvanam is a poem composed by Muddupulani concerning the marital relationship of the Deity Krishna. It includes 584 Poems divided into 5 sections. It also reflects her own sexual experiences and desires. The precise date of this masterpiece composition is still unknown, but it was noted to be between 1757 and 1763.

The concept
Muddupulani claimed she got this concept when Krishna appeared in her dream and suggested it to her. Muddupulani had her own thoughts of sexual desires and experiences which led her to write about 584 Poems in this vein. It belongs to the śṛṅgāra-kāvya or śṛṅgāra-prabandham genre of Telugu literature evoking Sringara Rasa (one of 9 rasas).
The controversy
The world in which he poet lived, was dominated by men and they degraded her work by calling her ”Muddu Pillai” as though she were a man. As a result he Rādhikā-sāntvanam was classified as a scandal instead of a masterpiece. This led to the controversy in the early 20th century because of its sexual experiences and women’s initiative taken in sexual activities.

einde

De Waal Venter. Deur die eeue het vroue gedig

Monday, May 21st, 2018

 

Sappho. Skildery deur August Mengin

Vroue was digters van die vroegste tye toe ons beskawing begin het. Trouens, die heel eerste digter wie naam aan ons bekend is, is ’n vrou1. Ongeveer 2 300 v.C is ’n dogter van koning Sargon van Akkadië gebore. Die koning het haar as jong vrou aangestel as ’n priesteres van die maan en sy het die naam Enheduanna gekry. Haar gedigte is op kleitablette aangeteken en baie daarvan het tot vandag toe behoue gebly.

Deur die eeue was daar vrouedigters, en afhangende van die kultuur waarin hulle geleef het, was hulle bekend en geëerd, in ander gevalle onbekend en onderdruk. Die beroemde Griekse digter, Sappho is ’n voorbeeld van die eerste geval. ’n Voorbeeld van die tweede geval is die Griekse digter Praxilla wat ongeveer 450 v.C. gebore is. Haar manlike tydgenote het haar werk as “nonsens” beskryf.

Selfs in die huidige tyd het alle vrouedigters dit nie ewe gemaklik nie. 

Eavan Boland is ’n bekroonde digter en professor aan Stanford University, Kalifornië. In ’n onderhoud met Stanford News2, het sy gepraat oor die “Status of Woman” klousule in die Ierse grondwet. Sy is in Ierland gebore en het die eerste deel van haar lewe daar deurgebring.Hierdie klousule definieer die vrou se bydrae tot die staat duidelik as ’n tuisteskepper. Dit is een van die baie min grondwette in Europa wat bepaal dat die vrou se plek in die huis is. Daar word tans in Ierland gedebatteer om hierdie “anachronistiese” klousule uit die grondwet te verwyder.3Sy het verder gesê dat die verwagtinge van die staat, sowel as die gemeenskap, dit vir haar moeilik gemaak het om haar droom te verwesenlik – om ’n digter te word. Hierdie probleem was nie beperk tot Ierland nie, maar het ook ’n rol gespeel in die lewens van baie jong vroue in Boland se geslag. Sy praat van “’n interne gevoel van toestemming om die digter te word wat sy wou”. 

7e – 6e deeu v.C.

Sappho

Sy is in haar tyd baie hoog aangeslaan deur haar tydgenote oral in die destydse beskaafde wêreld. Die filosoof Plato het haar die “Tiende Muse” genoem. Hier is een van haar liriese gedigte. Daar is geen bekende titel vir die gedig nie.

Kom weg uit Kreta en kom na hierdie heilige tempel

waar die grasieuse laning appelbome

kronkel om die altaar met geurende wierook.

.

Hier maak die rose skadu’s op die grond

en koel fonteine fluister tussen appelbome

waar trillende blare diep slaap laat neerdaal.

.

In ons weiveld waar perde wei

en veldblomme bloei in die lente,

vul anyslote die lug met geur.

.

En hier giet Aphrodite

hemelse nektar in goue bekers

en vul hulle met wonderlike, skielike vreugde.

ca. 450 v.C.

Praxilla

Praxilla 

Praxilla was van die Argolis-gebied van Griekeland. Sy het baie poësie geskryf in verskilende metrums. Wat van haar oeuvre oorgebly het, is grootliks aanhalings van destydse kritici van haar werk. Hulle het die “nonsens” in haar poësie aangeval. Op hierdie ompad het haar verrassend vars beelde en sensualiteit behoue gebly. Zenobios, een van die toentertydse kritici, het byvoorbeeld gesê: “Net ’n dwaas sal komkommers en diesmeer gelyk stel aan die son en die maan.

Die fragment waarna hy verwys is hieronder:

Die pragtigste ding waarvan ek weet, is sonlig;

dan is daar glansende sterre en die maan se gesig;

dan ryp komkommers en appels en pere.

Middeleeuse Latyn

Die skrywer van hierdie vroue-klaaglied (planctus) is onbekend. Dit kom uit die “Cambridge Songs” van ca. 1 000 n.C. en is die bekendste vroue-weeklag uit die Latynse middeleeue.

Wind is yl,

son warm,

die aarde vloei oor

met goeie dinge.

Lente is purper

juwele;

blomme op die grond,

groen in die woud.

Diere leef

en loop rond. Voëls

maak nes. Op bloeiseltakke

sing hulle van vreugde!

My oë sien, my ore

hoor so baie, en

ek is verruk.

Tog hou ek sugte in.

Hier sit ek alleen

en word bleek. Wanneer

ek sterk genoeg is om kop te lig,

hoor en sien ek niks nie.

Lente, hoor my.

Ten spyte van groen woude,

bloeisels en saad,

vergaan my siel.

Franse Middeleeue

Christine de Pisan

Christine de Pisan

Christine de Pisan het geleef van 1363 tot 1430. Sy is in Venesië gebore, die dogter van Thomas Pisani, ’n dokter en astroloog aan die hof van Karel V van Frankryk. Sy trou op vyftienjarige ouderdom met Étienne de Castel. Tien jaar later sterf haar man en sy moes hard werk om haarself en haar drie kinders van die nodige te voorsien. Sy het in die Frans van daardie periode geskryf.

Sy was ’n stoere verdediger van vroue en het ’n verhandeling geskryf oor die opvoeding van vroue. Sy het inkomste verdien deur haar skryfwerk, die eerste Franse vrou wat soiets gedoen het. Christine het haar laaste jare in ’n nonneklooster deurgebring.

Haar gedigte is hoofsaaklik aan mans gerig. Sy het ook die styl van adellike liefdesverhoudinge gebruik om met ’n manstem ’n minnares in gedigte aan te spreek. In die volgende gedig kan dit ’n man of ’n vrou wees wat die verlies van liefde bekla.

Alleen is ek

Alleen is ek, en alleen wil ek wees;

Alleen en my liefling het my verlaat,

Alleen is ek, sonder vriend of metgesel,

Aleen is ek, treurend en woedend.

Alleen is ek, lusteloos wag ek,

Alleen is ek, verdwaal in die verte.

Alleen is ek, sonder my liefling.

Twintigste eeu

Iran

Forugh Farrokhzad

Forugh Farrokhzad

Die digter Forugh Farrokhzad (1935 – 1967) is in Teheran, Iran, gebore. Sy word beskou as een van die beste digters in die Midde-Ooste. Sy was ook ’n filmmaker en kritikus. Sy is op die toppunt van haar loopbaan oorlede in ’n motorongeluk.

Op die aarde

Ek wou nooit ’n ster wees nie

in die lug se newelbeeld,

’n verkose siel

of ’n woordelose vriend van engele nie.

Ek het nooit die aarde verlaat 

of met sterre gesels nie.

Ek staan op die aarde

en soos ’n plant

absorbeer my liggaam wind, son en water

om te bly lewe.

Ek kyk by die venster uit.

Ek is ’n eggo,

nie ewig nie,

en soek na net ’n lied se eggo.

In die kermende treursang is vreugde

en beter as die eenvoudige stilte van pyn.

Ek soek na geen skuiling

in die dou op die lelie van my liggaam nie.

Mense wat verbyloop het geskrewe herinneringe

met ’n swart reël van liefde

op die mure van my lewe se huisie.

Daar is pyle in my hart,

die kers is onderstebo.

Wat oorgebly het is stil kolletjies vervaagde kleure

in onverstaanbare woorde van waansin.

Elke lip teen my lippe

het ’n ster verwek

en het gedryf op die nagrivier van my herinneringe.

Wat is ’n ster werd?

Hedendaagse digters

De sus ojos ornados de arenas vítreas

Coral Bracho

Coral Bracho

Desde la exhalación de estos peces de mármol,
desde la suavidad sedosa
de sus cantos,
de sus ojos ornados
de arenas vítreas,
la quietud de los templos y los jardines

Van hulle oë versier met sandkorrels van kristal.

Van die uitaseming van hierdie visse van marmer,

van die sysagtheid

van hulle sye,

van hulle oë versier

met sandkorrels van kristal,

die stilte van die tempels en tuine

.

(in hulle akante* skadu’s in die klippe

waaraan hulle raak en mee saamsmelt)

.

hulle het hulle rivierbeddings oopgemaak,

hulle het hulle weg gevind

onder die louwarm blare van die amandels.

.

Hulle vertel van die aanraking

van hulle skittering,

die stil spelery wat aan die kant verbyglip,

by die stadige rand van die sonsondergang.

Van hulle bevrore lippe.

.

Oë van edelgesteentes.

.

Van die skuim wat hulle uitskiet, die geur wat hulle uitgiet

(In die voorkamers: die kerse, die amarante**.)       

op die veerligte altaar van die saaityd.

.

(Van die tempel: 

die geur van koringare.

visskubbe,

takbokke. Hulle vertel ons van hulle weerkaatsings.)

.

In die nagte,

die delikate marmer van hulle stilte,

die kosbare tatoeëring, die skoon lyne

( hulle het die lig oorweldig

aan die kus; in die sand)

. 

op daardie marmergladde beeld,

die roerlose offerandes

van die lande.

Op die webruimte Poetry Translation Centre is daar die volgende inligting oor die digter:

Coral Bracho was born in Mexico City in 1951. She has published six books of poems: Peces de piel fugaz [Fish of Fleeting Skin] (1977), El ser que va a morir [The Being that is Going to Die] (1981), Tierra de entraña ardiente [Earth of Burning Entrails] (in collaboration with the painter Irma Palacios, 1992), La voluntad del ámbar [The Will of Amber] (1998), Ese espacio, ese jardín [That Space, That Garden] (2003), and Cuarto de hotel (2007). Her poems were translated for the PTC’s 2005 World Poets’ Tour by Tom Boll and the poet Katherine Pierpoint.

A selection from her first two collections was included in the definitive anthology of contemporary neo-baroque writing from Latin America, Medusario (1996), edited by Roberto Echavarren, José Koser and Jacobo Sefamí. Like many of the writers who operate in this line that runs from Luis de Góngora through José Lezama Lima, Bracho’s early poems marry verbal luxuriance with a keen intelligence and awareness of artistic process. Yet that artistic consciousness doesn’t lose sight of world. When she visited London in 2005 she described the way that her tour-de-force‘Agua de bordes lúbricos’ [Water of Jellyfish] operates: ‘It tries to get close to the movement of water’ with images that are ‘fleeting’; ‘you can’t grasp them, they are very fluid. What remains is that continuity of water.’

Coral Bracho is also a translator of poetry and has been a member of the Sistema Nacional de Creadores since 1994.

’n Duitse digter

Eva Ström

Eva Ström is in 1947 in Lindingö, Stockholm distrik, in Swede gebore. Sy is ’n liriese digter, romanskrywer en literêre kritikus. Haar eerste gedigte is in 1977 gepubliseer in versameling Den brinnande zeppelinaren (Die brandende zeppelins). 

Sy is opgelei as ’n mediese dokter en het in hierdie professie gewerk van 1974 tot 1988. Daarna het sy haar voltyds toegespits op haar skryfwerk.Sy het in 2003 die Nordiese Raad se Literatuurprys verwerf vir haar bundel Revbensstäderna (Ribbebeen-stede). In Januarie is sy verkies tot lid van die Koninklike Akademie vir Wetenskap.

Hier is een van haar kort gedigte:

Moeder sê dis ’n herinnering

Moeder sê dis ’n herinnering

en ek kan dit kry

Ek kan haar herinnering kry

en dit vaswerk aan myne, dit het uitgerafelde kante

Dis nie ’n grys lap nie, dis van sy

en jy sal my sekerlik nie verlaat nie, sê moeder

Wonderwerke gebeur, sê sy en ek sê

ek sal ’n soom insit en die serp heelmaak.

Vars uit die Afrikaanse oond

In 2017 het René Bohnen se jongste digbundel, “Op die vingerpunte van die heelal” by die uitgewer Naledi verskyn.

Die digter het my die vriendelike vergunning gegee om die volgende gedig van haar te plaas.

Die bundel kan direk by die uitgewer bestel word.

Mensboom

(my bloed fluister name)

laas nag het wortels uit my lyf gespruit,

in skynlote oor ’n vleiland gekruip

ek was magies en hoog ’n haselboom –

my oë het vervloei en gestol tot murg van neut

tot roomkwaliteit en die pit van weet

ek groei voor die aangesig

van die oppergees van ’n gedig

ek is ’n haseldroom en ek is salm-oud

oor mý heers mercurius en die see

daarom swem visse en ’n god stroomop in my takke

daarom is die name silwer in my bloed

(René Bohnen)

Bronne

1. Verwys na my vorige essay “Die eerste digter was ’n vrou” op Versindaba gepubliseer.

2. Stanford News

3. The Irish Times

Inligting

* Akant – blomplant

** Amarant – blomplant (Hanekam)

Nota

Die gedigte van Sappho, Praxilla, die gedig uit “Cambridge Songs”, Christine de Pisan en Forugh Farrokhzad is uit Engels verwerk deur De Waal Venter.

Coral Bracho se gedig is uit Spaans vertaal en Eva Ström s’n uit Duits deur De Waal Venter.

De Waal Venter. Die eerste digter was ‘n vrou

Thursday, April 12th, 2018

 

                                                   ‘n Voorstelling van Enheduanna

Die eerste digter was ’n vrou

Ongeveer 2 300 v.C is ’n dogter van koning Sargon van Akkadië gebore. Die koning het haar as jong vrou aangestel as ’n priesteres van die maan en sy het die naam Enheduanna gekry. Hierdie vrou het gedigte geskryf in die spykerskrif wat destyds gebruik is. Van die kleitablette met haar gedigte het deur die eeue behoue gebly. Enheduanna is die eerste digter wie se naam aan ons bekend is en so verdien sy dan die titel van die “Eerste Digter”.

Enheduanna se gedigte het hoofsaaklik oor haar persoonlike geskiedenis gehandel. Haar kosmiese visie en standpunte oor moraliteit in haar gedigte herinner aan die Bybelse Jesaja. Sy het talle gedigte geskryf waarin sy die Sumeriese godin van liefde, Inanna, aanspreek. Sy praat met ’n godheid wat afgekom het aarde toe as ’n bondgenoot en ’n vriendin wat haar in haar nood gehelp het.

Die sensualiteit, verrassende metafore en intimiteit in die gedigte laat mens dink aan die Griekse digteres, Sappho, se gedigte wat sy gerig het aan haar bondgenoot, Aphrodite.

Die gedigte wat volg, het ek verwerk uit die Engelse weergawes van Aliki en Willis Barnstone.

Inanna en Ninshuhur

Inanna en die goddelike wesenlikhede

Vrou van al die wesenlikhede, volle lig,

goeie vrou geklee in helderheid

bemin deur die hemel en aarde,

tempelvriendin van An,

u dra wonderlike versierings,

u begeer die tiara van die hoëpriesteres

in wie se hand die sewe wesenlikhede lê.

O my meesteres, bewaker van al die groot wesenlikhede,

u het hulle gevat

in u hand.

U het die heilige wesenlikhede bymekaargevat en styf

op u borste gedra.

Engelse titel: Inanna and the Divine Essences

Inanna en An

Soos ’n ondier het u die land gevul

met gif.

U brul soos donder oor die aarde,

bome en plante vee u weg voor u.

U is ’n vloedgolf wat stort uit ’n berg,

o hoogste wese,

maangodin Inanna van die hemel en die aarde!

U vuur vlam uit en kom oor ons volk.

Vrou wat ry op ’n wilde dier,

An skenk u vermoëns, heilige opdragte,

en u besluit.

U is in al ons belangrike rites.

Wie kan u verstaan?

Inanna en Enlil

Storms gee u vlerke, verwoester van lande.

Bemin deur Enlil, vlieg u oor ons volk.

U voer die dekrete van An uit.

O my meesteres, heuwels en vlaktes buig

wanneer hulle u klank hoor.

Wanneer ons voor u kom,

beangs, bewend in u stormagtige helder lig,

ontvang ons geregtigheid.

Ons sing, treur en huil voor u

en loop nader aan u op ’n pad

vanaf die huis van geweldige sugte.

Egipties

Naamlose hiërogliewe-tekste

Daar was ook ander vroue-digters in antieke tye in ander wêrelddele. Egiptiese liefdesgedigte (ca. 1 500 v.C.) klink merkwaardig persoonlik, intiem en modern, selfs in die letterlike vertalings uit die hiërogliewe-tekste. Poësie deur vroue van die Midde-Ooste van daardie tydperk kom hoofsaaklik uit Egipte. Baie van die lirieke herinner aan die Shir Hashirim, die Bybelse Hooglied van Salomo.

Vreugdevolle lied

O blomme van Mekhmekh, skenk ons vrede!

Vir julle sal ek doen wat my hart sê.

Wanneer jy my omhels

is die lig wat uit jou skyn so helder

dat my oë salf moet kry.

Ek is seker jy is lief vir my,

ek lê snoesig langs jou.

My hart is seker dat van alle mans

jy die beste een is vir my.

Die hele wêreld is glansend.

Ek wens ons kan aanhou by mekaar slaap,

soos nou, tot die einde van die tyd.

Ek het hierdie gedig verwerk uit die Engelse weergawes van Ezra Pound en Noel Stock

‘n Voorstelling van Sappho deur William Adolphe

Grieks

Sappho

Sappho is op die eiland Lesbos gebore in die 7e of 6e eeu v.C. Sy het getrou en het een dogter gehad wat sy Kleis gedoop het. Sy het verskeie van haar gedigte aan hierdie dogter toegewy.

Sy het liefdesgedigte aan verskeie vriendinne geskryf. Plato het van haar gesê: “Mense praat van nege Muse – maar tel weer. Die tiende een is Sappho van Lesbos.” As gevolg hiervan het dit mode geword om ’n besonderse vrouedigter die “Tiende Muse” te noem. Hierdie titel is al toegeken aan Sor Juana Inés de la Cruz, Louise Labé, Alfonsina Storni, Gabriela Mistral en ander.

Sappho word beskou as die belangrikste liriese digter van die Westerse oudheid. Catullus, die Romeinse digter, het haar styl nageboots en sy belangrikste liefdesgedigte aan Lesbia gerig.  Baie van die Griekse en Latynse digters van daardie tyd kon Sappho se hele kanon uit hulle geheues voordra.

Haar werk het bly voortbestaan tot die jaar 1 000 n.C. Maar toe het die Rooms Katolieke kerk alles wat hulle van haar in die hande kon kry, vernietig. In 1073 is haar werk in die openbaar verbrand in Rome en Konstantinopel in opdrag van Pous Gregorius VIII.

Die meeste van Sappho se oorgeblewe werk is fragmentaries. Dit is opgeteken in verweerde papirus hoofsaaklik ontdek in Crocodilopolis in Egipte, of in aanhalings deur skrywers uit die antieke tyd. Daar is een gedig wat as geheel behoue gebly het. Dit is “Gebed aan Aphrodite” in ’n boek van Dionysius van Halicarnassus met die titel “Literêre Komposisie”. Nog ’n beroemde gedig van haar, “Vir my is hy soos ’n god”, is deur die eeue vertaal deur digters van Catullus tot William Carlos Williams.

Willis Barnstone het baie van Sappho se gedigte in Engels vertaal. Die gedigte hieronder het ek uit Engels in Afrikaans verwerk. Die gedigte het nie titels nie.

My moeder het altyd gesê

dat sy in haar jeug

hoog in die mode was

sy het ’n purper lint

in haar hare gedraai. Maar die meisie

wie se hare meer glansend geel is

as fakkellig het nie nodig

om gekleurde linte uit Sardis te dra nie –

maar ’n krans van vars blomme.

My liewe Atthis, alhoewel ons geliefde Anaktoria

is die verre Sardis woon,

dink sy voortdurend aan ons, en

van ons lewe saam in die dae toe sy

jou gesien het as ’n wonderlike godin,

en jou sang haar diep vreugde gegee het.

Nou is sy glansend tussen die Lidiese vroue

soos wanneer die rooi vinger van die maan

opstyg ná sonsondergang, en die sterre

rondom haar uitwis, en lig ewematig uitgiet

oor die sout see

en oor blombegroeiede velde;

en skitterende dou sprei oor die aarde om rose

te laat blom en ook die tingerige tiemie

en soet-geurende heuninglotus.

Nou terwyl ons liefling rondstap dink sy aan

ons beminde Atthis se liefde,

en verlange gryp diep in haar bors.

Sy roep hard uit na ons om te kom! Ons hoor,

want die nag se vele tonge

dra haar roep oor die see.

Op jou glansryke troon, Aphrodite,

listige dogter van Zeus,

ek smeek jou: moet my nie verpletter

met droefheid nie

maar kom na my – soos jy altyd

my daar ver hoor roep het, en toegegee het,

en weggeglip het

uit jou vader se huis

om die voëls voor jou

goue strydwa in te span, en na my te kom.

Sierlike swane het jou

vinnig afgevlieg donker aarde toe,

hulle vlerke swiepend deur die middelruimte.

Vreugdevol, met onsterflike lippe, het jy geglimlag:

“Wat is verkeerd, Sappho,

hoekom roep jy my?

Wat begeer jou deurmekaar hart?

Wie moet ek jou laat liefkry,

wie draai haar rug

na jou?

Laat haar weghardloop, netnou kom sy jou soek;

jou presente is geweier, maar netnou gee sy vir jou,

sy sal jou liefhê, alhoewel

onwillig.”

Kom dan na my en bevry my

van angstige smart. Wees

aan my deurmekaar hart se kant, en wees

my bondgenoot.

Indië

Sanskrit

Sanskrit was ’n literêre taal en lingua franca in antieke tye in Suid-Asië. Dit was ook ’n taal van hoë kultuur gedurende die vroeë Middeleeue in Sentrale en Suidoos-Asië. Dit was die hoftaal in verskeie koninkryke in daardie gebiede en was dus die taal van die adellikes.

Die taal is ’n gestandaardiseerde dialek van Oud Indo-Aries en het ongeveer twee duisend jaar v.C. ontwikkel uit Proto Indo-Europees. Dit is die oudste Indo-Europese taal wat goed gedokumenteer is en gevolglik is dit ’n belangrike studieveld vir Indo-Europese taalnavorsing.

Die meeste Europese tale het ontwikkel uit Indo-Europees. Dit sluit Nederlands in en dus Afrikaans ook.

Die presiese tye waarin die meeste Sanskrit digters in antieke tye geskryf het, is taamlik onbekend. Vidya (ca. 659) was ’n koningin, die vrou van Candraditya (’n seun van Pulakesin II) van Nerur.

Vidya

Vriende,

julle is gelukkig julle kan praat

oor wat julle as minnaars gedoen het:

die fratse, gelag, die woorde,

die ekstase.

Ek sweer dat sodra my liefling

vat aan die knoop van my rok,

vergeet ek alles.

Hou jou oë op my huis vir ’n rukkie,

goeie vrou en buurvrou.

My kind se pa hou nie van putwater

wat geen smaak het nie,

nou gaan ek rivier toe,

alleen,

na die oewer donker van die tamala bome

en die dwergwoud van suikerriet

met hulle skerp, gebreekte stingels,

wat my borste kan krap.

Sila (tussen 700 en 1050)

My man is dieselfde man

wat my die eerste keer binnegedring het.

Ons het lang aande geniet, nat van die maan.

Wind uit die heuwels van Vindhya

was belaai met vars jasmyngeur.

Ek is dieselfde vrou

en tog verlang ek na die stroom en sy riete

wat ons so gelukkig gesien het. Wat ons

so grasieus gesien het

in die eindelose aande van liefde maak.

Hierdie gedigte het ek verwerk uit die Engelse weergawes van Willis Barnstone.

De Waal Venter. Die gedig stap uit sy skoene

Tuesday, March 6th, 2018

Charl-Pierre Naudé

Die gedig stap uit sy skoene

Elke digter het ’n unieke aanslag, ’n unieke “stem”. As iemand homself of haarself aanbied as digter en daardie persoon het nie daardie unieke werkwyse nie, is daardie persoon nie ’n digter nie, maar ’n nabootser van ander.
Daar is wel sekere temas, konsepte en situasies wat telkens deur digters gebruik word en wat op verskillende maniere uiting vind in hulle gedigte. Ek wil in hierdie essay ’n paar sulke konsepte uit die oeuvres van verskillende digters bekyk en vergelyk. Die doel is nie om die gedigte krities te bespreek of waardebepalings te maak nie, maar om te kyk na die verskillende werkwyses en benaderings van die digters.
Ek gebruik Charl-Pierre Naudé se gedig “Glas” as die kerngedig. (Die digter het toestemming gegee om die gedig hier te gebruik). Die ander digters wat ter sprake kom is: Tomas Tranströmer, Coral Bracho, en David Huerta.
Hier is Charl-Pierre Naudé se gedig:
Glas
Svendborg, 2017

Wat my opval
is die aanleunbousels van glas
teenaan die baksteenhuisies –

om ʼn blertsie winterson in op te vang
sonder die koue wat inbreuk maak van buite.

Verder kuslangs
staan van dié skoonkykende winterhutte amper óp die water
en die effek van hul refleksies is soos “glas op glas”.

Op die dag van my aankoms
het ek langs die seesoom gaan staan
om in die wye stil vlak te staar
nét toe die laatlig skuins tref
só dat die buurt volmaak

daar in die oomblik
sowel as in die ewigheid
vasgelê word:

soos die gesinsfoto wat nimmer verweer
omdat dit op die maan
deur ʼn ruimteman vergeet is.

(Praat liefs nie oor ʼn vlag
wat nie kan wapper nie.)

En, toe. Rampspoed!
Die veerboot vaar verby.
Klaarpraat, korte mette.
Die universele oomblik
implodeer net daar.
Noem dit maar: ʼn opskroef (van gewone wette).
Bousels verwring, mure rek soos kougom en val om
en vervaard kom al wat straat is op my af gehardloop.
So goed as ʼn tsunami! Net so sleg.
Boonop is týd die medium, nie bloot water nie;

die soort prentjie wat ʼn Van Gogh sou geskilder het.

Nou kyk, om te vertoef in die huis waarin Brecht
gewoon toe hy van die Nazis gevlug het,
en dan ingesuig te word – deur wat – ʼn terugtrekkende
tydgolf? Dis nie ʼn ligte rimpeling nie.

Bertolt kyk nou op na die verlede, nie die toekoms nie.
En Amerika gaan hom nie red nie, nie eens
vir ʼn gwano-sekonde nie.
Amerika gaan hom verraai, soos wat dit óns verraai.
Die deining groei, krul om
en donder met ʼn soliede massa neer.

Daar word gesê dat weens die vogtige lug
sommige skeeftrekkende wonings
hier soos ʼn moerstadig wapperende Deense vlag lyk –
sélle blokpatroon:
tipies van weerspieëlings; ʼn kwessie van omkering.
Dus hardloop ons vir ons lewe. Agteruit,

dieselfde huis in
wat ek in die water gesien het.
Waar die wynbottels volloop, nie leeg nie,
en die muurhorlosie, getroue meul-eseltjie, teenkloksgewys arbei.

En in ál die beddens slaap die blou lug.

In die leeskamer staan en wieg
ʼn man heen en weer in ʼn gety.
Hy’t ʼn toom uit die rak getrek oor “ewige wederkeer”.
Onbekend is hy soos môre heeldag
(tipies van die arme Nietszche),
en hy lees nou oor sy voorganger, die vername Naudé.
(Wat in die boek, dis algemeen bekend, ʼn klap
van ʼn vis se stert kry.)

Die kamerdeure word in die woud gekap.
En die dekriet groei wild op die grasvlakte.
Al die deursigtige huisornamente
moet nog gegiet word.
Ek sien dit, so duidelik soos gesmelte glas,

golf ná golf ná golf:
Eers kom die einde nader, dan weer ʼn begin.

Die lewe is ʼn nagmerrie waaruit mens wakker word
selfs al is dit so mooi.

*Die “blokpatroon”: 19de eeuse boumetode: Fachwerk (Duits), Bindingsværk (Deens), waarin houtbalke die struktuur verskaf wat deur klei- of baksteen gevul word.

©Charl-Pierre Naudé / 2017
Weerkaatsings
Ek lig ’n moment uit Naudé se gedig wat iets te sê het oor die begrip “weerkaatsing” of “refleksie”. Dit word op verskeie maniere ingespeel reg deur die gedig:
“Verder kuslangs
staan van dié skoonkykende winterhutte amper óp die water
en die effek van hul refleksies is soos ‘glas op glas’”.
Mens sien in jou geestesoog die rye huise wat weerkaats lê in ’n spieël, en onwillekeurig kry jy Arvo Pärt se “Spiegel im Spiegel in jou gedagte. Die musiek skep ’n reeks “oneindige spieëls” wat jou intrek maar op ’n ander manier agteruit laat beweeg.
Met hierdie “verdieping” van die leser se ervaring, stap die gedig as’t ware uit sy skoene en stap ’n ander wêreld binne.
Tomas Tranströmer

Tomas Tranströmer

Uit: Die droewe gondel (1996)
Sorgegondolen

April en stilte

Die lente lê verlate.
Die fluweelswart sloot
kruip hier langs my
sonder weerkaatsings.

Die enigste iets wat glinster
is geel blomme.

Ek is geborge in my skadu
soos ‘n viool
in sy swart kas.

Die enigste ding wat ek wil sê
glinster buite bereik
soos silwerware
in ‘n pandjieswinkel.

Hoe werk Tomas Tranströmer met die idee van weerkaatsing? In een van sy gedigte keer hy die idee om van beelde wat teruggekaats word:
“Die lente lê verlate.
Die fluweelswart sloot
kruip hier langs my
sonder weerkaatsings.”
Hier speel die weerkaatsing ’n meevoerende rol deurdat dit afwesig is. Die sloot is “fluweelswart” en kaats niks terug aan die leser nie. Dit behou die geheime wat daarin verborge is. Die mens neem iets waar as “swart” wanneer ’n voorwerp baie min lig terugkaats na die kyker. Die fluweelswart sloot ontvang al die lig wat daarnatoe teruggekaats word en gee niks terug nie. Maar juis hierdie gebrek aan die oordra van kommunikasie, kommunikeer heelwat: daar is baie wat vir die mens onkenbaar is en sal bly. Hoe meer ons kennis uitbrei hoe groter word die misterië van die wêreld waarin ons onsself bevind.

Coral Bracho

Coral Bracho

Agter die gordyn

Agter die gordyn is ’n wêreld van kalmte,
agter daardie groen
’n skuilplek,
’n diep stilte.
Dit is ’n onaangetaste koninkryk, met sy stilte.
Vanuit die vloeiende verskyning
van ’n ander wêreld,
vanuit daardie ander werklikheid
van verstrooide geluide; vanuit daardie ander tyd
vasgevang, roep hulle my.

Coral Bracho beskryf ’n gordyn in ’n vertrek en onmiddellik verskuif die waarneming na ’n abstrakte register.
“Vanuit die vloeiende verskyning
van ’n ander wêreld,
vanuit daardie ander werklikheid van verstrooide geluide; vanuit daardie ander tyd”
Coral Bracho ervaar ’n “ander werklikheid” verskuil agter die gordyn. Hierdie ander werklikheid word weliswaar “teruggekaats” na die spreker in die gedig. Verder is daar ook ’n “ander tyd” wat geassosieer word met die terugkaatsing. Die verskyning van tyd in verskeie vorme kom ook in Naudé se gedig te berde.
In Naudé se gedig begin die reeks besinnings oor “weerkaatsing” met ’n beskrywing van ’n werklike verskyndel wat visueel waargeneem kan word – die weerkaatsing van huise op stil water. Geleidelik word dit geabstraheer tot dit lei na “omkering” en agteruit beweeg in die tyd. Die wynbottels “loop weer vol”.
In die Bracho gedig is die benadering onmiddellik meer abstrak. Al wat in die werklikheid waargeneem kan word, is die gordyn. Agter dit is die abstraksie van ’n ander wêreld. In albei gedigte word dus ’n konkrete beeld gebruik wat dan geabstraheer word. Die wyse hoe dit gebeur is egter verskillend.
David Huerta

David Huerta

Klanke

Besoedelde ryp uit die luidspreker
in die nomadiese skemerte
van die motor;
’n moeras van klanke
waarin die naald van gehoor
skaars kan beweeg.
Skielik ’n torch singer
bars deur Wittgenstein
met die vurke van de Cante …
Hoe doen sy dit? Hoe
ontkoppel, ontbind sy tale,
laat die wêreld vloei – en bo en behalwe dit
voeg sy grasie
en tragedie by?
Die motor
gaan die nag in
gesalf met musiek.

David Huerta maak eweneens gebruik van die tegniek om iets wat waarneembaar is in die werklike lewe, te abstraheer en metafories om te bou. Die “torch singer1” “ontkoppel en ontbind tale” en laat die wêreld vloei.
“Hoe doen sy dit? Hoe
ontkoppel, ontbind sy tale,
laat die wêreld vloei – en bo en behalwe dit”
Hier het ons nie heeltemal te doen met ’n weerkaatsing nie, maar die “vloeiing” van ’n situasie, soos dit in Naudé se gedig gebeur waar die man staan en wieg soos seewier met ’n boek (toom) in sy hande. Die sangeres in Huerta se gedig “bars deur Wittgenstein” met haar lied. Hier is dit ’n klankervaring in die werklike lewe wat geabstraheer word tot die “ontbinding van tale” en die “vloeiing” van die wêreld.
In hierdie vier gedigte sien ons hoe elke digter ’n werklike ervaring, visueel en klankmatig, a uitgangspunt neem en dit met ’n handomkeer abstraheer sodat daar verdieping kom en die verwysingsgebied van die abstraksie en metafoor geweldig uitgebrei word. Elke digter hanteer hierdie proses egter op ’n unieke wyse. In Naudé se gedig is die oorgang geleidelik, in Tranströmer vinniger en in Bracho en Huerta se gedigte is dit oombliklik.
Dit lyk vir my of alle poësie berus op herkenbare ervaringe, gewaarwordinge, emosies en waarnemings. ’n Suiwer abstrakte gedig wat nie in die menslike ervaring gegrond is nie, kan nie sin maak nie. Dit is wel moontlik om in ’n suiwer abstrakte taal te kommunikeer – in wiskundige begrippe en formules. Maar dan weet mens dat wiskunde nie poësie is nie.
Einde
1. ’n “torch singer” is iemand wat sing van onbeantwoorde liefde. Dis taamlik droewig, maar ook sensueel en verlangend. Bekende sangeresse wat dikwels in hierdie styl sing, is byvoorbeeld Adele en Judy Garland.

Die digters
Coral Bracho was born in Mexico City in 1951. She has published six books of poems: Peces de piel fugaz [Fish of Fleeting Skin] (1977), El ser que va a morir[The Being that is Going to Die] (1981), Tierra de entraña ardiente [Earth of Burning Entrails] (in collaboration with the painter Irma Palacios, 1992), La voluntad del ámbar [The Will of Amber] (1998), Ese espacio, ese jardín [That Space, That Garden] (2003), and Cuarto de hotel (2007). Her poems were translated for the PTC’s 2005 World Poets’ Tour by Tom Boll and the poet Katherine Pierpoint.
David Huerta was born in Mexico City in 1949. He is one the leading poets of the generation that first came to prominence during the 1970s in Mexico. He published his first book of poems, El Jardín de la luz [The Garden of Light] (1972), while still a student in the Faculty of Philosophy and Arts at Mexico’s Autonomous National University (UNAM). It has been followed by numerous collections.
Bron: Poetry Translation Centre
Tomas Tranströmer
Sweedse digter en Nobelpryswenner. Sy gedigte is in meer as 50 tale vertaal.

Die gedigte is uit Spaans en Sweeds vertaal deur De Waal Venter

De Waal Venter. Deel III Macchu Piccchu

Thursday, February 8th, 2018

Macchu Picchu

Deel III Hoogtes van Macchu Picchu

Dit is die derde, en laaste, essay in hierdie reeks oor Neruda se “Hoogtes van Macchu Picchu”. Die ander twee essays het vroeër op Versindaba verskyn en belangstellende lesers kan hulle maklik opdiep. Die drie essays bevat volledige vertalings van al twaalf canto’s van die Macchu Picchu reeks, gepaard met toeligting en kommentaar oor die gedigte.

Neruda wou ’n Latyns-Amerkaanse mitologie skep met “Hoogtes van Macchu Picchu” en die hele “Canto General”. Hy het nie die bestaande mites van die inheemse bevolking geïgnoreer nie, maar baie van die simbole van hierdie kulture in twaalf canto’s gebruik.

Hy is ontroer deur die armoede van die Suid-Amerikaanse bevolking insluitend dié in sy land, Chile, toe hy in 1943 teruggekeer het. Dit, gepaard met sy verskriklike ervaringe in Spanje gedurende die Spaanse Burgeroorlog, het die digter, wat altyd geneig was tot optimisme en populisme, aangespoor om antwoorde en oplossings te soek. Dit het hy gekry op die begspits in Macchu Picchu in 1943.

Caroll Ullman, ’n skrywer en redakteur, sê die volgende in haar essay oor Neruda:

“Neruda’s journey, from his early manhood to the day he saw Macchu Picchu, was an expedition of mythic quality and he indeed includes this as the first half of the poem. Joseph Campbell, the renowned mythographer, writes about the hero’s journey in his book The Hero with a Thousand Faces. The hero’s journey begins with a summons; throughout his quest he is offered help and he meets with tribulation. He encounters gods, who are simultaneously aid and tribulation to him; he looses friends; and eventually acquires the boon that he seeks. This journey, is, of course, not about the material object the hero returns home with; it is about the hero’s spiritual growth, often symbolic in specific tales as a boy becoming a man, or a prince becoming king.”

Die taal wat Neruda gebruik, is skouspelagtig. Werkwoordtye verskuif, aanspreekvorme verander, party selfstandige naamwoorde het veelvuldige betekenisse en sommige kom reg deur al die gedigte voor. Dit is moeilik om te vertaal.

Robert Pring-Mill skryf in sy inleiding tot Tarn-uitgawe van Neruda vertalings:

“Neruda works with ambiguities, not stating but suggesting, and usually suggesting a number of different lines of thought and feeling at any given time. It is this feature of his approach which makes his poetry so extraordinarily hard to translate.”

Canto IX

Hierdie canto is ’n verbluffende uitstorting van idees en metafore in die vorm van ’n soort dreunsang. Dit wil die leser betrek in ’n religieuse of spirituele – en ook poëtiese belewing. Macchu Picchu en die talle afgestorwenes wat die die stad gebou het en daarin gewoon het, word hierdeur opgeroep. Hierdie canto is die een wat hom die beste daartoe leen om voorgedra te word, selfs as ’n dreunsang. Die gedig bestaan uit ’n lang reeks epitetons, een na die ander: “Sterre-arend, mistige wingerd / Verlore bastion, blink kromswaard …”

Chileense arend

Canto IX

Águila sideral, viña de bruma.

Bastión perdido, cimitarra ciega.

Cinturón estrellado, pan solemne.

Sterre-arend, mistige wingerd.

Verlore bastion, blink kromswaard.

Sterbesaaide gordel, heilige brood.

Stormagtige trapleer, reuse ooglid.

Driehoekige tuniek, stuifmeel van klip.

Granietlamp, brood van klip.

Mineraalslang, roos van klip.

Maanperd, lig van klip.

Tekendriehoek-middernag, damp van klip.

Dak aangeval deur vere.

Vertakte spieëls, basisse van storms.

Trone platgetrek deur klimoppe.

Oorheersing van die bloedige klou.

Stormwind ondersteun op die skuinste.

Roerlose turkoois stroomversnelling.

Vaderlike klok van die slapendes.

Ring van oorheerste sneeu.

Yster wat lê op hulle standbeelde.

Onbereikbare, afgeslote storm.

Puma-hande, bloeddorstige klip.

Skadutoring, gesprek van sneeu.

Die nag opgelig in vingers en wortels.

Venster van die newels, verharde duif.

Nagtelike plant, standbeeld van donder.

Essensie van die bergreeks, dak van die see.

Argitektuur van verlore arende.

Koord van die lug, heuningby van die hoogtes.

Bebloede waterpas, saamgestelde ster.

Andes-slang, voorkop van hanekam.

Koepel van stilte, suiwer vaderland..

Bruid van die see, katedraal-boom.

Tak van sout, swartvlerkige kersieboom.

Besneeude tande, koue donder.

Geskraapte maan, dreigende klip.

Kruin van die koue, stuwing van die lug.

Vulkaan van hande, donker waterval.

Silwer golf, rigting van die tyd.

Inca adel

Canto X

Piedra en la piedra, el hombre, dónde estuvo?

Aire en el aire, el hombre, dónde estuvo?

Tiempo en el tiempo, el hombre, dónde estuvo?

Klip in klip

Klip in klip, en die mens, waar was hy?

Lug in lug, en die mens, waar was hy?

Tyd in tyd, en die mens, waar was hy?

Was jy ook die gebroke stukkie

van die onklaar mens, van die leë arend

wat deur vandag se strate, deur die voetstappe,

wat deur die blare van die dooie herfs

aanhou die siel vergruis tot by die graf?

Die arme hand, die voet, die arme lewe …

Het die dae van ontrafelende lig

in jou, soos die reën

op die vaandels van die fees,

het hulle blomblaar na blomblaar van hulle donker voedsel

in die leë mond laat val?

Honger, koraal van die mens,

honger, geheime plant, wortel van die houtkappers,

honger, het die rand van jou rif opgeklim

tot hierdie hoë drywende torings?

Ek ondervra jou, sout van die paaie,

wys my die lepel, laat my, argitektuur,

laat my klip-meeldrade uitkerf met ’n stokkie,

terwyl ek teen al die trappe opklim tot in die niks

en skraap aan die kern tot ek raak aan die mens.

Macchu Picchu, het jy

klip op klip gepak en heel onder, lappe?

Laag bo laag steenkool en op die bodem die traan?

Vuur na goud, en binne dit, die sidderende rooi

reëndruppel van bloed.

Gee my terug die slaaf wat jy begrawe het!

Skud die harde brood

van die armsaliges, wys my die klere

van die bediende en sy venster.

Vertel my hoe hy geslaap het terwyl hy geleef het.

Vertel my of hy gesnork het, of sy drome

half oop was soos ’n swart gat

deur uitputting gemaak op die muur.

Die muur! Die muur! As elke klipvloer

neersak op sy drome, en as hy onder haar,

soos onder die maan, aan die slaap raak!

Antieke Amerika, versonke bruid,

gaan weg uit die oerwoud na die leë hoogtes van die gode,

onder die bruidsbaniere van lig en respek,

smelt saam met die gedreun van tamboere en lanse,

ook, jou vingers ook,

hulle met die abstrakte roos en die rand van die koue,

dat die bebloede bors van die nuwe koring gevat word

na die net van stralende materiaal, tot die verharde holtes,

ook, ook, begrawe Amerika, het jy wag gehou in die diepste dieptes,

in die bitter binnegoed, soos ’n arend, die honger?

In Canto X vra Neruda of die manne en vroue wat lank gelede geleef het ooreenkom met die mense wat vandag leef. Was hulle ook honger? Die digter praat met ’n persoonlikheid wat Macchu Picchu kan wees of die gevoel van honger. Ten spyte van die vrae oor die dooies in hierdie canto, is die beweging boontoe:

“ …het die rand van jou rif opgeklim …”

Die digter wil verder weet wat die mense se betrokkenheid was by die geskiedenis van Macchu Picchu:

“Honger, koraal van die mens,

honger, geheime plant, wortel van die houtkappers

honger, het die rand van jou rif opgeklim

tot hierdie hoë drywende torings?”

Werkers

Canto XI

A través del confuso esplendor,

a través de la noche de piedra,

déjame hundir la mano

y deja que en mí palpite, como un ave mil años prisoniera

Deur verwarde pragtonele,

deur ’n nag van klip, laat ek my hand wegsink

en laat dit in my klop soos ’n voël gevange vir ’n duisend jaar,

die ou en vergete hart!

Laat my vandag hierdie geluk vergeet, wyer as die see,

want die mens is wyer as die see en al sy eilande

en moet in hom inval soos af in ’n put om terug te klim

met ’n tak van geheime water en verborge waarhede.

Laat ek vergeet, wye klip, die magtige afmetings,

die transendentale wydte, die heuningkoek se fondamentklip,

en laat my hand toe om vandag vanaf die tekendriehoek te gly

oor die skuins sy van ruwe bloed en ’n boetekleed.

Wanneer, soos ’n perdeskoen van rooi dekvlerke,die woedende kondor

my slape toetakel in vlugorde

en ’n orkaan van vleisvretende vere die donker stof

afvee teen skuins trappe, sien ek nie die stormende gedierte nie,

en ook nie die blinde siklus van sy kloue nie,

ek sien die oeroue wese, die slaaf, die slapende

in die veld, ek sien ’n ligaam, ’n duisend liggame, ’n mens, ’n duisend vroue,

neergevel deur die swart rukwind, verdonker deur die reën en die nag,

met die massiewe klip van die beelhouwerk:

Juan Klipkapper, seun van Wiracocha,

Juan Kouemaag, seun van die groen ster,

Juan Kaalvoet, kleinseun van die turkoois,

styg boontoe om saam met my gebore te word, my broer.

Canto XI

In Canto XI keer die digter terug na die primêre aksie van Canto I met die woorde:

Deur verwarde pragtonele,

deur ’n nag van klip, laat ek my hand wegsink

en laat dit in my klop soos ’n voël gevange vir ’n duisend jaar,

die ou en vergete hart!”

Hierdie “hart” is nie dié van die skouspelagtige Macchu Picchu nie, maar eerder die hart van die mense van vervloë dae, die slawe en arbeiders wat Maccu Picchu gebou het. Neruda toon sy meegevoel met die verweerde hande en geboë rûe van hierdie mense. Hy spreek hulle direk aan in die laaste reël van die canto:

“Juan Kaalvoet, kleinseun van die turkoois,

staan op en word gebore saam met my, broer.

Die armes se blyplekke

Canto XII

Sube a nacer conmigo, hermano.

Dame la mano dese la rofunda

zona de tu dolor diseminando

Staan op en word gebore saam met my, broer.

Gee my jou hand vanuit die diepte

van die wêreld van jou uitgestrekte smart.

Jy sal nie terugkom uit die dieptes van rots nie.

Jy sal nie terugkom uit ondergrondse tyd nie.

Dit sal nie jou verharde stem terug gee nie.

Hulle sal nie jou uitgeboorde oë terug gee nie.

Kyk na my uit die dieptes van die aarde,

boer, wewer, stil veewagter:

temmer van die beskermende guanacos:

bouer van die uitdagende steier:

waterdraer van Andes-trane:

juwelier van verpletterde vingers:

boer bewend in die saad:

pottebakker uitgedruk in jou klei:

bring al jou ou begrawe smarte

na die beker van hierdie nuwe lewe.

Wys my jou bloed en jou ploegvoor,

Vertel my: hier is ek gestraf,

want die juweel het nie geskitter op die aarde nie

nie die klip of die graankorrel betyds gelewer nie:

wys my die rots waarop jy geval het

en die hout waarop hulle jou gekruisig het,

laat die oeroue vuurstene vir my brand,

die oeroue lampe, die swepe

wat eeue lank vassit aan die wonde

en die byle glansend van bloed.

Ek kom om deur jou dooie mond te praat.

oor die aarde verenig

al die stil en verstrooide lippe

en uit die diepte praat hulle met my die hele nag deur

asof ons aan mekaar vasgeanker is,

vertel my alles, ketting na ketting,

skakel na skakel, en voetstap na voetstap,

slyp die messe wat julle gehou het,

plaas hulle in my bors en in my hand,

soos ’n rivier van geel weerlig,

soos ’n rivier van begrawe luiperds,

en laat my ween, ure, dae, jare,

blinde eeue, sterbesaaide tydperke.

Gee my stilte, water, hoop.

Gee my stryd, yster, vulkane.

Sit julle liggame aan my vas soos magnete.

Kom na my are en my mond.

Praat deur my woorde en my bloed.

Canto XII

In die laaste canto herhaal die digter die laaste reël van die vorige canto as ’n soort inkantasie: “Staan op en word gebore saam met my, broer.” Die arbeiders en slawe van die verre verlede word aangespreek. ’n Reeks epitetone kom voor waarmee hierdie mense se werk en lewens beskryf word. Dit is baie soos die eptone wat Neruda in Canto IX aangewend het om die aanskoulikheid van Macchu Picchu te beskryf.

Die digter wil die mense weer deur hom laat herleef:

“Sit julle liggame aan my vas soos magnete.

Kom na my are en my mond.

Praat deur my woorde en my bloed.”

Hy wil hulle swaarkry en leed deel en deur oor hulle te skryf, wil hy hulle onsterflik maak. Een van Neruda se bekendste vertalers in Engels, John Felstiner, skryf:

“When the poet says ‘rise to be born with me, brother,’ he is not only summoning the past to the present but urging the present into the future. ‘The Heights of Macchu Picchu’ as mythology is as much about what has already happened as it is about what is yet to come.”

einde

De Waal Venter. Macchu Picchu Deel II

Tuesday, December 19th, 2017

DEEL II HOOGTES VAN MACCHU PICCHU

Hier is die tweede deel van die essay oor Pablo Neruda se beroemde reeks gedigte. In hierdie deel word canto’s V tot VIII behandel.

Die literator en kenner van Pablo Neruda se oeuvre, Kay Engler, meen dat Neruda met “Hoogtes van Macchu Picchu” ’n groot deel van sy siel ontbloot en ’n tipe samesmelting van alle mense wil bewerkstellig:

Just to read this sequence of poems is to reach great heights. Its surge of life—the poet’s, the earth’s, mankind’s—makes a formal analysis seem somehow inappropriate to me. Their spirit balks at that sort of treatment.

Dealing with the most intimate area of each man, the soul, the poet must tread questioningly. This for me is one of the book’s supreme achievements: Neruda reveals a prodigious amount about his soul, respects the mystery of others and gradually fuses us all in a vision of mankind. Neruda the lyricist has triumphed over Neruda the politician.”

Bron: Kay Engler, “Image and Structure in Neruda’s Las alturas de Macchu Picchu,” in Symposium, Vol. 28, No. 2, Summer 1974, pp. 130-45

Engler toon aan dat Neruda met twee sterk temas as agtergrond die “Hoogtes van Macchu Picchu” begin skryf het. Eerstens die verpletterende ervaring van chaos in die wêreld soos weerspieēl in “Residencia en la tierra” en “Tercera residencia”. Dan ook sy vereenselwiging met menslike lyding gedurende Spaanse Burgeroorlog soos hy dit weergee in “España en el corazoón”.Die eerste vier canto’s druk Neruda se smart en wanhoop uit oor die mens se feitlik ondraagbare lot en lyding. Die vyfde canto brei hierop uit.

“Gewone mense”

Canto V

In hierdie kort canto ervaar die digter “’n Donker Nag van die Siel”. Die dood word vergestalt as ’n vrou, soos hy dit ook in Canto III begin doen het. Die dood word beskryf in tipies vanguardista taal (“’n patetiese blomblaar van verweerde tou:”). Ons tref hier die koudste plek aan in die hele reeks cantos.

“Vanguardista” is die Spaanse vorm van die Franse woord “avant-garde”. In die Spaanse uiting van hierdie literêre beweging het die eienskappe van surrealisme en impressionisme veral na vore gekom.

Die verteller in hierdie canto soek na vernuwing:

“Ek het die jodiumverbande opgelig, my hande gedruk / in die armoedige smarte wat die dood omgebring het, / en in die wond kry ek net ’n koue windvlaag / wat deur die vae gapinge in die siel geglip het.”

Hy worstel om die lyding van gewone mense te versag met sy digterlike gawe, maar hy word gekortwiek deur die lewensloosheid van dit wat hy in die gesig staar.

Canto V

Somber dood, dit was nie jy nie, dood, voël met ystervere,

wat die arme erfgenaam van daardie wonings

gedra het tussen haastige slukke kos, onder die leë vel:

dit was iets, ’n patetiese blomblaar van verweerde tou:

’n stukkie hart wat nie die stryd gestry het nie

of die bytende dou wat nie op die gesig geval het nie.

Dit was wat nie herbore kon word nie, ’n stukkie

van die klein dood sonder vrede of plek:

’n been, ’n klok wat in hom sterwend was.

Ek het die jodiumverbande opgelig, my hande gedruk

in die armoedige smarte wat die dood omgebring het,

en in die wond kry ek net ’n koue windvlaag

wat deur die vae gapinge in die siel geglip het.

Canto VI

En toe op die leer

En toe het ek op die leer van die aarde geklim

deur die vreesaanjaende ruigte van verlore oerwoude

op na jou, Macchu Picchu.

Hoë stad van kliptrappe,

uiteindelik ’n woning waar die aardse

nie weggekruip het in sy nagklere nie;

In jou, soos twee parallelle lyne

die wieg van die weerligstraal en die mens

saamgeskommel in ’n doringagtige wind.

Moeder van klip, skuim van die kondors.

Hoë rif van die mens se dagbreek.

Graaf verlore in die oersand.

Dít was die woning, dít is die plek:

hier styg die vet mieliepitte op

en val weer terug soos rooi hael.

Hier is die gouddraad afgeskeer van die vikoenja

om die minnaars, die grafte,die moeders te klee,

die koning, die gebede, die krygers.

Hier het die voete van die mens gerus in die nag

langs die voete van die arende, in die hoë vleislustige

neste, en met dagbreek

aangestap met donderende voetstappe deur die digte mis,

en geraak aan die grond en die klippe

tot hulle dit kon herken in die nag of in die dood.

Ek kyk na die klere en die hande,

die bietjie water in die resonante holte,

die muur verglad deur die aanraking van ’n gesig

my oë het gestaar na aardse lampe,

my hande het verdwene dinge geolie

balke: want alles, klere, vel, potte,

woorde, wyn, brood,

was weg, afgeval grond toe.

En die lug het ingekom met lemoenbloeiselvingers

oor almal wat geslaap het:

’n duisend jaar se lug, maande, weke se lug:

blou lug, ’n yster bergreeks

soos sagte orkane van voetstappe

wat die eensame grens van die klip poleer.

Styging na bo

In canto VI styg die leser saam met die digter na bo. Hierdie tegniek word dikwels in poësie aangetref, dink aan Dante se Commedia Divina. Maar hier het ons nie te doen met ’n godsdienstige gedig nie, eerder ’n spirituele een. Nes in Dante se gedig is die spreker hier nie net die digter nie, maar ook die “gewone mens”.

VII

Dooies van ’n verlate afgrond, skadu’s van ’n rotsskeur,

die diepte, dit is soos die uitgestrektheid van julle grootsheid

daaruit kom die ware, die verterende dood,

en uit die diep deurboorde rotse,

uit die skarlaken pilaarkoppe,

uit die waterleidings vol traplere

het julle geval soos in die herfs

na ’n eensame dood.

Vandag ween die leë lug nie,

dit ken nie julle kleivoete nie,

dit vergeet julle kruike wat die lug suiwer

wanneer weerligmesse uitgegiet word

en die magtige boom deur die newels geëet word

en omgeruk word deur die stormwind.

Dit het ’n hand gelig wat skielik geval het

vanaf die hoogte na die einde van tyd.

Julle bestaan nie meer nie spinnekop-hande, swak

vesels, verstrengelde web.

Wat julle ook al was, het weggeval: gewoontes, verslete sillabes

maskers van verblindende lig.

En tog ’n permanensie van klip en woord:

die stad opgelig soos ’n vaas in die hande

van almal, lewendes, dooies, stilles, ondersteundes,

uit soveel dood, ’n muur, uit soveel lewe ’n slag

van blomblare van klip: die permanente roos, die tuiste:

die ysige buiteposte van hierdie Andes-rif.

Wanneer die kleikleurige hand

in klei verander, en wanneer die klein ooglede toegaan

gevul met skurwe mure, bevolk met kastele,

en wanneer alle mense verstrengeld is in hulle holte,

bly daar ’n verhewe presiesheid oor:

die hoë posisie van die menslike daeraad:

die hoogste kruik wat stilte ingehou het:

’n lewe van klip na so baie lewens.

Canto VII

Hier klim die digter op na Macchu Picchu in ’n soort pelgrimstog na sy verlede. Die opwaartse en afwaarste beweging in die gedigte is funksioneel – terwyl die digter opklim na die stad, daal hy af in die tyd na ’n stad uit die verre verlede. Die stad het “ … geval soos in die herfs na ’n eensame dood.” Die mense het almal verdwyn. Hierdie gesamentlike dood staan in kontras tot die langsame sterfte van enkelinge in die oeroue stad en ook in die huidige, moderne stad. Neruda gebruik sy fisiese en spirituele uitsig om die verlede te koppel aan die huidige, die antieke stad met die moderne een.

Canto VIII

Klim saam met by boontoe, liewe Amerikaan.

Soen saam met my die geheime klippe.

Die stormagtige silwer van die Urubamba

laat die stuifmeel vlieg na die geel beker.

Leegheid vlieg uit die klimop,

die rotsagtige plant, die harde blommekrans

bokant die stilte van die afgrond.

Kom, klein lewetjie, tussen die vlerke

van die aarde, terwyl – kristal en koue, gemokerde lug –

jy vernielde smaragde uittrek,

o wrede water, jy val uit die sneeu.

Liefde, liefde, tot die skielike nag,

uit die resonerende Andes-vuurklip,

na die rooi knieë van die dagbreek,

betrag die blinde kind van die sneeu.

O Wilkamayu van klinkende stroompies,

wanneer jy jou reglynige donderslae afmoker

in wit skuim soos gewonde sneeu,

wanneer jou stormwinde

sing en straf en die lug wakker ruk,

watter taal bring jy na die oor

skaars ontwortel uit jou Andes-skuim?

Wie het die weerlig uit die koue gegryp

en aan die hoogtes vasgeketting,

verdeel in sy gletsertrane,

geskud in sy snydende stroomversnellings,

mokerend met sy oorlog-moeë meeldrade,

voortgedryf op sy oorlogbed,

verskrik in sy rotsagtige einde?

Wat sê jou geplaagde weerligte?

Jou geheime rebelse weerlig

het dit voorheen gereis bevolk met woorde?

Wie gaan bevrore sillabes verbrysel,

swart tale, goue vaandels,

ontsagwekkende monde, gesmoorde gille,

in die dun stroompie van jou bolopies?

Wie sny blomme-ooglede af

wat opkom, starende uit die aarde?

Wie gooi die bondels dooie stingels neer

wat val in jou waterval-hande

om hulle uitgedorste nag uit te dors

tot geologiese steenkool?

Wie gooi die ineengevlegte tak ondertoe?

Wie begrawe weer eens die afskeide?

Liefde, liefde, moenie raak aan die grens nie,

en moenie die versonke kop aanbid nie:

laat tyd sy volheid bereik

in jou sitkamer van gebroke fonteine,

en, tussen die vinnige water en stadsmure,

trek die lug van die rotsskeur saam,

die paralelle windplate,

die blinde kanaal van die bergreeks,

die ruwe groet van die dou,

en klim boontoe, blom na blom, deur die ruigte,

trap op die slang wat van bo af neergegooi is.

In hierdie afgrondelike wêreld, klip en bosse,

stof van groen sterre, helder oerwoud,

bars Mantur uit soos ’n lewende meer

of soos ’n nuwe vloer van stilte.

Kom na my eie wese, na my dagbreek,

na die bekroonde eensame plekke.

Die dooie koninkryk leef steeds voort.

En die bloedskaduwee van die kondor

skuif oor die sonwyser soos ’n swart skip.

Canto VIII met sy drie en sestig reëls, is die langste een in die reeks. Dit is ’n elegiese aanspreking van wat die digter (Latyns) Amerikaanse liefde” noem. Met die reël:

Klim saam met by boontoe, liewe Amerikaan” bedoel Neruda Suid-Amerikaners. Die digter spreek ’n persoon met die naam “Wilkamaya” aan, waarskynlik sy verpersoonliking van die Suid-Amerikaanse volkere. Wilkamaya was die naam vir die melkweg in die naghemel vir die Peruviane van ouds.

Die tema van hierdie canto is ’n evokasie van die natuur in en rondom Macchu Picchu, asof dit die oosprong is van Suid-Amerika, of dit verteenwoordig. Hier is die beweging in die canto steeds boontoe.

Dit is die einde van die tweede afdeling van die essay oor “Die hoogtes van Macchu Picchu”. Die derde afdeling sal die laaste vier gedigte, canto’s IX tot XII, bespreek.

Die canto’s is uit Spaans vertaal deur De Waal Venter.

einde