Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Category: Louis Esterhuizen

Louis Esterhuizen behaal ’n B.A. (Hons.) in Afrikaans aan die Universiteit van Suid-Afrika. Hy gee onderwys by verskeie skole en word later adjunkhoof van Pretoria Boys’ High School. In 1999 verhuis hy na die Kaap waar hy vakhoof vir Afrikaans by Rondebosch Boys’ High School word. Sedert Junie 2002 is hy bestuurder van Protea Boekwinkel op Stellenbosch.

Esterhuizen debuteer met die digbundel Stilstuipe (1986), waarna Op die oog af (1988), Die onderwaterweg (1996), Patzers (1997) Opslagsomer (2001), Liefland (2004) en Sloper (2007) volg. Wat die water onthou verskyn in 2010 by Protea Boekhuis. Die afwesigheid van berge verskyn in 2014, sy tiende bundel.Van sy verse is in verskeie bloemlesings opgeneem, te wete Poskaarte, Die Afrikaanse Poësie in ’n 1000 en enkele gedigte, Groot Verseboek, en Nuwe Verset. Hy was een van die stigters van Bekgevegte, ’n verbale “boksgeveg” waartydens twee spanne van drie digters elk teen mekaar meeding aan die hand van temas wat deur die gehoor gegee word. Esterhuizen was die inisieerder van die jaarlikse poësiefees Versindaba voordat dit oorgegee is aan Woordfees.

Nuuswekker. Amper tyd vir die Adam Smallfees op Pniël

13 February 201723 January 2020 By Versindaba

‘n Uitsonderlike geleentheid vir die liefhebbers van literêre feeste is eersdaags daar om te geniet: die eerste Adam Smallfees wat op Pniël aangebied word. Afgesien daarvan dat die veelsydige Adam Small as digter bekend was, was hy natuurlik ook bekend as dramaturg (waarvoor hy met die Hertzogprys vir Letterkunde in 2012 bekroon is) en vele…

Read More

Nuuswekker. Lady Anne binnekort in Engels beskikbaar

9 February 201723 January 2020 By Versindaba

Goeie nuus is dat Antjie Krog se grensverskuiwende bundel, Lady Anne (1989: Human & Rousseau) teen die einde van die maand in Engelse vertaling gaan verskyn. Hierdie bundel, wat in 1990 met die Hertzogprys vir poësie bekroon is, is inderdaad 26 jaar later nog net so relevant en daarom is hierdie publikasie, in samewerking met…

Read More

Nuuswekker. Paul Auster stel hom beskikbaar vir PEN America se voorsitterskap

6 February 201723 January 2020 By Versindaba

‘n Interessante, dog uiters belangrike, verwikkeling rondom Donald Trump se verkiesing as president van die VSA, is die teenstem en – strategie wat dit tot gevolg gehad het. So het The Guardian onlangs bekend gemaak dat Paul Auster, wat nie net een van die VSA se mees gerekende skrywers is nie, maar ook vir etlike…

Read More

Nuuswekker. Onderhoud met Anne Carson in The Paris Review

2 February 201723 January 2020 By Versindaba

Een van die lekkerste snuffelplekke op die internet is vir my The Paris Review se webtuiste, want hier kan jy rustig deur al die vorige uitgawes lees; so stuit jy telkens teen die ongelooflikste bydraes. Soos die onderhoud wat Will Aitken in 2004 gevoer het met Anne Carson, sekerlik een van die mees kreatiewe en…

Read More

Nuuswekker. Gary Snyder word vereer

30 January 201723 January 2020 By Versindaba

Gary Snyder is uiteraard bekend as een van die vernaamste Beat-digters en as sulks het die stad San Francisco onlangs die 85-jarige digter en voormalige Pulitzer-pryswenner vereer met ‘n spesiale program wat deel uitgemaak het van die City Arts and Lectures in San Francisco se Nourse Teater. Met dié geleentheid is Snyder se nuutste, en…

Read More

Nuuswekker. Waar was die digters met die presidensiële inhuldiging?

26 January 201723 January 2020 By Versindaba

Nou ja, uiteindelik het die stofwolke in die Amerikaanse draadkamp tot kalmte gekom na die opstootjies rondom pres. Donald Trump se verkiesing tot president en sy inhuldiging ‘n week gelede. Nou vra The Atlantic in ‘n onlangse berig héél tereg waar die digters dan was, want nie minder as vyf vorige presidente het ‘n digter…

Read More

Nuuswekker. Meander resenseer Afrikaanse digbundel

23 January 201723 January 2020 By Versindaba

  Die Nederlandse webtuiste, Meander, is vir etlike jare reeds een van die vernaamste kampvegters vir die behoud en ontwikkeling van die Nederlandse en Vlaamse digkunste. Daarom dat ek verras regop gesit het toe ek sien dat hulle pas ‘n resensie deur Hans Franse van Ilse van Staden se jongste bundel “Waar die oog van…

Read More

Nuuswekker. Blomtyd vir die konkrete digkuns?

19 January 201723 January 2020 By Versindaba

Kyk, Nieu-Seeland is uiteraard bekend vir sportprestasies, maar hulle het darem ook ‘n besonder aktiewe digkuns om mee te spog. Daarom dat die herwaardering van Joanna Margaret Paul (1945 – 2003) se lewe en werk op Jacket2 my oog gevang het. Cy Mathews, skrywer van die artikel, motiveer die behoefte aan ‘n herwaardering van Paul…

Read More
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • …
  • 32
  • Volgende

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: “om my kastele in Spanje te sloop” (jaco barnard-naudé)
  • Resensie: "wanneer woorde asemhaal" (Maritha Broschk) & "swartland" (Rudolph Willemse)
  • Sonja Loots in gesprek met Alwyn Roux oor "Weerskyn"
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius

Nuutste bydraes

  • MC. onder die vergrootglas
  • Stephan du Toit. Afrikaans
  • Hennie Maartens. Cloisonnisme 
  • Digtersprofiel: Elna Crouse
  • Edwin Fagel. Mooi (24)

Nuutste kommentaar

  1. Ena on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Mooi, Celeste!

  2. Barbara Steyn on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Soooo mooi beskryf!!!

  3. Anira van der Walt on Floris van Zyl. ‘n tafereel van haat en lus en liefde7 May 2025

    Pragtige gedig Floris.

  4. Anita Van der Walt on Nuwe Versindaba-kompetisie: Skryf ‘n ekfrastiese gedig7 May 2025

    Ekfrasties se moer Eksellent eksekutief Eksklusief eksegeties Eksoties beproef

  5. Gerard Scharn on Wenners van “Media-oes”-kompetisie6 May 2025

    Allen van harte gelukgewenst.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon