Op 30 Mei 2015 het die trustees van Het Marais-fonds, wat ook een van die borge is van Versindaba, bekend gemaak dat hulle ‘n nuwe prys, die Jan H. Marais-prys met ingang 2016 instel. Hierdie prys, wat in vennootskap met Media24 en die Universiteit Stellenbosch aangebied word, het as oogmerk die erkenning van ‘n uitstaande…
Category: Louis Esterhuizen
Louis Esterhuizen behaal ’n B.A. (Hons.) in Afrikaans aan die Universiteit van Suid-Afrika. Hy gee onderwys by verskeie skole en word later adjunkhoof van Pretoria Boys’ High School. In 1999 verhuis hy na die Kaap waar hy vakhoof vir Afrikaans by Rondebosch Boys’ High School word. Sedert Junie 2002 is hy bestuurder van Protea Boekwinkel op Stellenbosch.
Esterhuizen debuteer met die digbundel Stilstuipe (1986), waarna Op die oog af (1988), Die onderwaterweg (1996), Patzers (1997) Opslagsomer (2001), Liefland (2004) en Sloper (2007) volg. Wat die water onthou verskyn in 2010 by Protea Boekhuis. Die afwesigheid van berge verskyn in 2014, sy tiende bundel.Van sy verse is in verskeie bloemlesings opgeneem, te wete Poskaarte, Die Afrikaanse Poësie in ’n 1000 en enkele gedigte, Groot Verseboek, en Nuwe Verset. Hy was een van die stigters van Bekgevegte, ’n verbale “boksgeveg” waartydens twee spanne van drie digters elk teen mekaar meeding aan die hand van temas wat deur die gehoor gegee word. Esterhuizen was die inisieerder van die jaarlikse poësiefees Versindaba voordat dit oorgegee is aan Woordfees.
Nuuswekker. Sluipdigter terroriseer supermark
Die winkelbestuurder van die Tesco Supermark in Coventry (Engeland) sit met ‘n interessante probleem, naamlik ‘n sluipdigter wat gedigte op strategiese plekke in die winkel laat. Meestal met ‘n negatiewe konnotasie ten opsigte van die bepaalde produkte, soos die gedig “Deer” deur Kenneth Rexroth, met die trefreël: “They hurt no one but themselves” by…
Nuuswekker. Jules Deelder skryf die geskenkbundel vir Poëzieweek 2017
Januarie is in Nederland en Vlaandere die maand van die digkuns, want nie net is Poëzieweek 2017 geskeduleer vir die week vanaf Donderdag, 26 Januarie, nie, maar die jaarlikse “geskenkbundel” deur ‘n genomineerde digter is vanaf vandag gratis beskikbaar by alle goeie boekwinkels. Tydens die Poëzieweek word die digkuns op vele (en alle) maniere gevier:…
Nuuswekker. Potgooi oor Paul Celan se “Corona”
Die webblad Jacket 2 is sekerlik een van die kuberruim se mees indrukwekkende tuistes vir die digkuns. Nie net is die verskeidenheid van hul aanbod indrukwekkend nie, maar so ook die gehalte van hul plasings. So is een van hul inisiatiewe Poem Talk, ‘n reeks potgooie van gesprekke deur ‘n groep kenners oor ‘n bepaalde…
Nuuswekker. Bloeityd vir die Griekse digkuns
“For never is man so introspective as when he suffers,” het Luigi Pirandello al toendertyd beweer by monde van een van sy karakters in die grensverskuiwende drama Six Characters in Search of an Author. En dieselfde geld die digkuns, want wanneer dinge minder gunstig verloop in ‘n bepaalde land, bloei die digkuns, lyk dit my….
Nuuswekker. Pierre Joris – Die digter as jagter en as heler
‘n Interessante bespreking wat ek onlangs op Jacket 2 raakgelees het, is Norman Weinstein se bespreking van Pierre Joris se versamelde gedigte, Barzakh: Poems 2000–2012 (Black Widow Press 2014, 306 pages, $19.95, ISBN 996007924). Pierre Joris (1946) is ‘n Franse digter, vertaler, bloemleser en essayis. Afgesien van sy eie bundels, is Joris veral bekend vir…
Nuuswekker. David Morley wen die Ted Hughes prys vir nuwe werk
David Morley (foto), is ‘n ekoloog wat ‘n grensverskuiwende studie gedoen het oor die impak van suurreën op die Lake District in Engeland. Maar hy is ook ‘n digter. En so is dit enkele dae gelede bekend gemaak dat sy bundel The Invisible Gift: Selected Poems vanjaar se wenner is van die Ted Hughes-prys vir…
Nuuswekker. Die sterkste versreëls in die Engelse digkuns?
Nou ja, kyk. Na ‘n onbetaamlike lang sabbatsverlof wat ons webmeester my gegun het, is dit nou weer tyd om ‘n terugkeer te maak. Uiteraard is daar ‘n hele kruiwavol nuusgebeure rondom die digkuns wat die afgelope maande by ons verby gegaan het, maar een waarop Nuuswekker, by wyse van terugkrabbeling, wel wil fokus is…