Wanneer literêre tekste ter sprake is, impliseer die term mitologisering onder andere die interpretasie en weergawe van ʼn bepaalde wêreldbeeld. Veral in poëtiese tekste waarin oor die aard van die skryfhandeling besin word (Ars Poëtica) hang die mitologisering van gebeure dikwels saam met die verwysing na die oorsprong van die woord, wat ook die Woord…
Category: Marlies Taljard
Marlies Taljard is in Pretoria gebore en getoë en het etlike jare op Rustenburg in Afrikaans en Duits onderrig gegee. Tans is sy verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus waar sy klasgee binne die Skool vir Tale. Sy behaal ‘n MA in Afrikaans-Nederlands met ‘n fokus op psigoanalise en kreatiewe skryfwerk en promoveer met ‘n proefskrif in Literêre Teorie soos toegepas op die poëtika van Antjie Krog. Sy is die outeur van verskeie artikels wat in vaktydskrifte verskyn het, ‘n Afrikaanse vertaling van Dostojevski se “Die droom van ‘n belaglike man” wat deur Frans van Rensburg bekend gemaak is in ‘n reeks solo-vertonings, asook mede-outeur van die Toets van Akademiese Geletterdheidsvlakke wat deur verskeie SA universiteite as plasingstoets gebruik word. Sy skryf gereeld resensies oor Afrikaanse literêre werke, dien as keurder van LAPA-boeke, is deel van die Afrikaanse Bybelvertalingspan, asook lid van die beoordelingspaneel wat verantwoordelik is vir die toekenning van die SA Literary Awards en redakteur van die tydskrif Woord en Daad.
Marlies Taljard: In die begin was die woord ʼn naam wat uit sy nate bars
Hierdie blog is deel van ʼn reeks rondom die Ars Poetica’s van digters wat onlangs gepubliseer het. In hierdie en die volgende paar blogs bespreek ek eers temas wat dikwels in Ars Poetica-gedigte voorkom. Daarna sal ek gedigte bespreek van afsonderlike digters,…
Marlies Taljard: “dat hierdie siel deursigtig word”
There’s this need to make utterance be heard, even understood as I shape these words for you gone into that silence from where I still hear your words as once you heard mine. (“The words” – Gael Turnbull) Digters word dikwels gekonfronteer met die vraag: “Hoekom dig jy?” Dié vraag word nie net deur nuuskieriges…
Marlies Taljard: “Elke engel is skrikwekkend”
Wie, as ek skreeu, sou my dan hoor vanuit die engelekore? En sê nou maar een van hulle druk my skielik vas teen sy hart: ek sou vergaan weens sy sterker teenwoordigheid. Want die skone is niks anders nie as die begin van die verskrikking wat ons nog nét kan verduur, en ons bewonder dit…
Marlies Taljard: Vreemde engele
Engel: Evette Weyers What is the knocking? What is the knocking at the door in the night It is somebody wants to do us harm. No, no, it is the three strange angels. Admit them, admit them. (Uit: Song of a Man Who Has Come Through – D.H. Lawrence, 1917) ʼn Paar…
Marlies Taljard. “Home is where the music is”
This then is the rhythm and the blues of it Home is where the music is (Uit: For Hugh Masekela – Keorapetse Kgositsile) Min Afrikaanse poësielesers ken die stem van Keorapetse Kgositsile (ook bekend as Bra Willie), wat in 2006 deur die South African Literary Awards aangewys is as Suid-Afrikaanse “hofdigter” (Poet Laureate). Kgositsile…
Marlies Taljard. Die Goue Ratio: Estetika van die boek
Stel jou voor jy lees ʼn teks waarvan die lettertipe, die lettergrootte, die spasiëring en inkeping gedurig verander … soos baie van die studentewerkstukke wat ek dié tyd van die jaar deurworstel. Jy weet nie wat om op die volgende bladsy te verwag nie, jou oog spring gedurig rond en gevolglik neem jou konsentrasie af….
Marlies Taljard. DIE SPOOKSKRYWER: “Getting the words right”?
In 1998 verskyn Althéa Kotze se MA-verhandeling “Die teksversorger as spookskrywer”. Sy definieer die begrippe “teksversorging” en “teksversorger” soos volg: In sy geheel gesien blyk dit dat teksversorging ‘n komplekse en uiteenlopende taak behels en dat die teksversorger nie net oor grondige teoretiese sowel as praktiese taal-en tipografiese kennis en kundigheid moet beskik nie, maar…