In sy Poëtika skryf Aristoteles dat die belangrikste eienskap van ʼn digter is om ʼn meester op die gebied van metafoorgebruik te wees. Betekenisgewing deur middel van metafore, vergelykings en simbole word oor die algemeen as kenmerke van poëtiese tekste beskou, benewens verdere aspekte soos klank, ritme, metrum, versbou en herhaling. Hieruit vloei voort dat…
Category: Marlies Taljard
Marlies Taljard is in Pretoria gebore en getoë en het etlike jare op Rustenburg in Afrikaans en Duits onderrig gegee. Tans is sy verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus waar sy klasgee binne die Skool vir Tale. Sy behaal ‘n MA in Afrikaans-Nederlands met ‘n fokus op psigoanalise en kreatiewe skryfwerk en promoveer met ‘n proefskrif in Literêre Teorie soos toegepas op die poëtika van Antjie Krog. Sy is die outeur van verskeie artikels wat in vaktydskrifte verskyn het, ‘n Afrikaanse vertaling van Dostojevski se “Die droom van ‘n belaglike man” wat deur Frans van Rensburg bekend gemaak is in ‘n reeks solo-vertonings, asook mede-outeur van die Toets van Akademiese Geletterdheidsvlakke wat deur verskeie SA universiteite as plasingstoets gebruik word. Sy skryf gereeld resensies oor Afrikaanse literêre werke, dien as keurder van LAPA-boeke, is deel van die Afrikaanse Bybelvertalingspan, asook lid van die beoordelingspaneel wat verantwoordelik is vir die toekenning van die SA Literary Awards en redakteur van die tydskrif Woord en Daad.
Marlies Taljard: Die lewe is ‘n werkwoord
Marlies Taljard: Die lewe is ʼn werkwoord Consciousness is the motive power behind all creation and change, the conductor of the music to which the polar partners of Yin and Yang, Heaven and Earth, male and female dance through the universe. The science of quantum physics has recently verified the decisive role played by consciousness…
Marlies Taljard: Simbole, woorde, beelde …
1 Korintiërs 13 sê ons ken maar ten dele. Ook die spektrum van ons emosies en ons sintuie is beperk. Baie dinge lê buite die begrips- en uitdrukkingsvermoë van die mens. Daarom gebruik ons – soos Graham Hancock byvoorbeeld in sy fassinerende boek Supernatural aantoon – sedert Homo Sapiens sy verskyning op aarde…
Marlies Taljard: Herwonne land in beeld
Die term ekfrasis het sy oorsprong in die klassieke retorika – die kuns van oorreding – waar dit as stylfiguur gebruik is om ʼn gebeurtenis of ʼn voorwerp so duidelik voor die oog te roep dat die luisteraar dit as’t ware voor sy geestesoog kon sien. In die eerste hoofstuk van sy Poëtika wys Aristoteles…
Marlies Taljard. Dans met die Minotaurus
“Vir my is die Minotaurus die versinnebeelding van kreatiwiteit en die kunste. Hy is een van die basterkinders van die verbeelding. Maar die soektog na die Minotaurus is ʼn gevaarlike pad om te loop. Mý doelwit is nie om hom dood te maak of te keer dat hy my vermorsel nie, maar om met hom…
Marlies Taljard: Woord-meermin
ʼn Rukkie gelede stuur kunstenaar Evette Weyers vir my haar boek “Wat die hart van vol is …” en sedertdien lê dié uitsonderlike publikasie steeds op ʼn plek waar ek terstond my hand daarop kan lê ter sielelafenis. “Wat die hart van vol is …” is beslis een van die mees uitsonderlike boeke wat…
Marlies Taljard: That blessed place wherein the symphonies flow
Ek dra hierdie blog op aan die nagedagtenis van Nelson Mandela Die simboliese orde is ‘n begrip wat deur Lacan gebruik word en aan die hand waarvan Kristeva haar siening van die semiotiese staat definieer. Dit is dié toedrag van sake wat as die “normale” kondisie van die samelewing of die sosiale raamwerk waarmee die meeste…
Marlies Taljard: Crous se katedraalgedigte en die semiotiese chora
Marius Crous se bundel Vol draadwerk is vir akademiese lesers veral interessant vanweë die talle verwysings na die werk van bekende akademici. Hierdeur word onder andere gesuggereer dat dié verwysings op ‘n onderliggende akademiese raamwerk gebaseer is – ‘n praktyk wat tiperend is vir akademiese tekste. Deur sy bundelmotto te neem uit die werk van…