Hierdie reeks besprekings gaan oor Frans van Rensburg se kapelletjie in Potchefstroom waarin tien gebrandskilderde glasvensters van Rita Röscher, Sophia du Toit en Mariana du Toit pryk. Elk van dié vensters is gemaak na aanleiding van ‘n Afrikaanse geestelike gedig. In hierdie bespreking gaan ek by twee van dié vensters stilstaan, naamlik die “Maria”- en…
Category: Blogs
Pieter Odendaal. StumbleUpon sal jou lewe verander
Dit sal die manier waarop jy die internet gebruik, transformeer. Dit sal jou belangstellings, jou vriendskappe en jou tydsbesteding beïnvloed. Veral jou tydsbesteding. Jy sal nooit weer verveeld wees nie. Ek begin nou so ’n bietjie soos ’n Glomail advertensie klink, so ek gaan ophou.
Marlies Taljard. Rooshoek se poësiekerk 1
Drie weke gelede trou my kind in dié pragtige kapel in Potchefstroom en ek besluit terstond dat die juweeltjie ‘n blog werd is. Die kapel is in privaat besit – behoort aan my buurman, die akteur/skrywer Frans van Rensburg. Hy het die eiendom waarop dit tans staan in 1992 by die 93-jarige mej. Anna…
Pieter Odendaal. Wat ek tydens my B.A. geleer het
Verlede week het ek saam met duisende ander Stellenbosch-studente graadgevang. Na ‘n paar glasies vonkel-, wit- en rooiwyn begin ek wonder oor die belangrikste goed wat ek die afgelope drie jaar op universiteit geleer het. Of ek enige werklike vaardighede aangeleer het, weet ek nie. Ek lees en tik miskien ‘n bietjie vinniger en beter, maar verder kan ek nie juis sê dat ek ‘n gekwalifiseerde enigiets is nie. Ek wou mos tale en filosofie swot.
Pieter Odendaal. I wandered lonely as a mushroom cloud – dagboek van ‘n semi-digter
Vanoggend weer die trein Muizenberg toe gevat vir my weeklikse tutorsessie met ’n chef wat volgende jaar graad 12 Skeinat wil skryf. Iewers op ’n stasie het ’n blinde met ’n kitaar opgeklim. Hy’t Koos Doep se Gebed in Xhosa begin sing. Hier en daar het ’n gesette vrou begin saamsing en skielik was ek in ’n gedig gewees.
Marlies Taljard. Krog en hersirkulasie (3)
‘n Ondersoek na die publikasiegeskiedenis van Kleur kom nooit alleen nie, Country of my skull en ‘n Ander Tongval, toon dat eersgenoemde in 2000 verskyn, Country of my skull die eerste keer in 1998 in die buiteland verskyn en ‘n Ander Tongval die eerste keer in Engels as A Change of Tongue in 2003. In…
Pieter Odendaal. Vosse, bome en sterwende honde – enkele gedigvertalings
Dis hondmoeilik om ‘n bekende gedig te vertaal – veral as jy die oorspronklike gedig al soveel keer gelees het dat dit half deel van jou is. Hierdie tipe vertalings klink dikwels bloot na afgewaterde “wannabes” van die oorspronklikes. Dis soos om Chopin se Nokturne in E-mol majeur of Beethoven se Maanligsonata te probeer uitvoer: As jy waaghalsig genoeg is om dié bekende stukke te speel, moet jy seker wees dat jy hulle nuut kan laat klink, asof die ink op die bladmusiek nog klam is van Frédéric en Ludwig se gekrabbel.
Charl-Pierre Naudé. My laaste blog. Totsiens!
Hierdie is my cheerio-blog. Ek glo dat alles ’n ingeboude horlosie het. Ek dink ook dat die blogskrywers op Versindaba, wat hier op uitnodiging skryf, afgewissel behoort te word. Ter wille van die spyskaart en (hopelik) ‘n gebalanseerde dieet. Aan Louis Esterhuizen en Marlise Joubert, die selflose skeppers en bestuurders van hierdie uitstekende, opbouende forum:…
