Hoewel gebrandskilderde glasvensters redelik algemeen voorkom en die gewone mens dus algemeen daaraan blootgestel is, is dit nie so maklik om dié tipe kuns te interpreteer nie, aangesien dit so kompleks is en die leek dikwels nie die simboliek wat gebruik word, verstaan nie. Ek plaas vandag nog ‘n venster van die Rooshoek kerk, naamlik “Die Antwoord”…
Category: Blogs
Pieter Odendaal. Metafore as die katalisators van visioenêre versinsels – ‘n finalejaarsopstel
Ricoeur is een van my gunsteling kontinentale filosowe omdat hy enersyds dié ouens se kenmerkende poëtiese skryfstyl en voorliefde vir allesomvattende teorieë deel en andersyds hul dikwels ongegronde veralgemenings met ‘n analitiese noukeurigheid uitbalanseer.Verlede jaar moes ek ‘n filosofie-opstel vir Dr. Louise du Toit skryf oor Ricoeur se idees oor metafore en dit op ‘n spesifieke gedig toepas. Ek het Breytenbach se onvergeetlike “nagmaal” uit Die ysterkoei moet sweet gekies. Gister kom ek toe weer op die opstel af en as gevolg van my jeugdige waagmoed en ‘n gebrek aan idees vir ‘n nuwe blog het ek besluit om dit hieronder te plaas.
Amanda Lourens. Op soek na ’n venster vir ’n tikkende madam
Ek het die gesprek oor veral ras in die Suid-Afrikaanse samelewing en denkwêreld na aanleiding van Pieter se blog van 14 Desember met groot belangstelling gevolg. Self is ek in my daaglikse lewe baie bewus van ras, klas en gender, soms in so ’n mate dat ek al gewonder het of ek dit moontlik te…
Pieter Odendaal. Mario Petrucci: Homo Universalis
Ek het nog altyd gedink dat ek die Renaissance sou kies as ek in enige tydperk in die geskiedenis kon leef. Dit was die goeie ou dae toe jy in die oggend aan die Mona Lisa se glimlag kon werk (moet die mond ‘n bietjie boontoe of ondertoe krul?), helikopters in die middag kon ontwerp en in die aand skelm lyke kon gaan opgrawe om meer oor jou eie anatomie te leer. Dit was ‘n tyd van bruisende opgewondenheid oor die mens se potensiaal om homself uit sy omstandighede úít te dink.
Pieter Odendaal. Onsigbare stede
Drie weke gelede het ek Italo Calvino se Invisible Cities in Kamsbaai vir R20 opgeraap na ‘n vriend my vertel het dat hy nooit weer dieselfde na stede sal kan kyk nadat hy die boek gelees het nie. Die boek gaan oënskynlik oor verbeelde gesprekke tussen Marco Polo en Kublai Khan: Die ontdekker betower die heerser deur die stede wat hy besoek het aan hom te beskryf. Maar die boek is g’n reisjoernaal nie: Calvino gebruik die stede as springplanke om oor taal, begeerte, anonimiteit, geheue, die dood en ander dinge te dig.
Marlies Taljard. Rooshoek se poësiekerk 2
Hierdie reeks besprekings gaan oor Frans van Rensburg se kapelletjie in Potchefstroom waarin tien gebrandskilderde glasvensters van Rita Röscher, Sophia du Toit en Mariana du Toit pryk. Elk van dié vensters is gemaak na aanleiding van ‘n Afrikaanse geestelike gedig. In hierdie bespreking gaan ek by twee van dié vensters stilstaan, naamlik die “Maria”- en…
Pieter Odendaal. StumbleUpon sal jou lewe verander
Dit sal die manier waarop jy die internet gebruik, transformeer. Dit sal jou belangstellings, jou vriendskappe en jou tydsbesteding beïnvloed. Veral jou tydsbesteding. Jy sal nooit weer verveeld wees nie. Ek begin nou so ’n bietjie soos ’n Glomail advertensie klink, so ek gaan ophou.
Marlies Taljard. Rooshoek se poësiekerk 1
Drie weke gelede trou my kind in dié pragtige kapel in Potchefstroom en ek besluit terstond dat die juweeltjie ‘n blog werd is. Die kapel is in privaat besit – behoort aan my buurman, die akteur/skrywer Frans van Rensburg. Hy het die eiendom waarop dit tans staan in 1992 by die 93-jarige mej. Anna…