Goeie poësie, reken ek, is dié wat net beter raak met elke herlees. Daarby bring elke lees sy eie skakering van die teks na vore: van die eerste lees en jou intuïtiewe wonder wat die digter probeer sê, deur die gewaarwording dat nuwe betekenisse hulle by jou aanmeld, tot jy uiteindelik die gedig met jou…
Category: Blogs
Pieter Odendaal. Wat ek tydens my B.A. geleer het
Verlede week het ek saam met duisende ander Stellenbosch-studente graadgevang. Na ‘n paar glasies vonkel-, wit- en rooiwyn begin ek wonder oor die belangrikste goed wat ek die afgelope drie jaar op universiteit geleer het. Of ek enige werklike vaardighede aangeleer het, weet ek nie. Ek lees en tik miskien ‘n bietjie vinniger en beter, maar verder kan ek nie juis sê dat ek ‘n gekwalifiseerde enigiets is nie. Ek wou mos tale en filosofie swot.
Amanda Lourens. Drie Marais’s, ‘n gentleman en Pasteur
Oor die groot tradisie van manlike digters – internasionaal en in Afrikaans – is daar al baie geskryf. Intussen het vroulike (en ook manlike) digters teen hierdie tradisie ingeskryf; hulle met die vaders bemoei in die hoop om ‘n eie digterlike stem te vind. Nietemin bly die gesprek rondom die manlike en vroulike digterlike tradisies…
Pieter Odendaal. I wandered lonely as a mushroom cloud – dagboek van ‘n semi-digter
Vanoggend weer die trein Muizenberg toe gevat vir my weeklikse tutorsessie met ’n chef wat volgende jaar graad 12 Skeinat wil skryf. Iewers op ’n stasie het ’n blinde met ’n kitaar opgeklim. Hy’t Koos Doep se Gebed in Xhosa begin sing. Hier en daar het ’n gesette vrou begin saamsing en skielik was ek in ’n gedig gewees.
Marlies Taljard. Krog en hersirkulasie (3)
‘n Ondersoek na die publikasiegeskiedenis van Kleur kom nooit alleen nie, Country of my skull en ‘n Ander Tongval, toon dat eersgenoemde in 2000 verskyn, Country of my skull die eerste keer in 1998 in die buiteland verskyn en ‘n Ander Tongval die eerste keer in Engels as A Change of Tongue in 2003. In…
Pieter Odendaal. Vosse, bome en sterwende honde – enkele gedigvertalings
Dis hondmoeilik om ‘n bekende gedig te vertaal – veral as jy die oorspronklike gedig al soveel keer gelees het dat dit half deel van jou is. Hierdie tipe vertalings klink dikwels bloot na afgewaterde “wannabes” van die oorspronklikes. Dis soos om Chopin se Nokturne in E-mol majeur of Beethoven se Maanligsonata te probeer uitvoer: As jy waaghalsig genoeg is om dié bekende stukke te speel, moet jy seker wees dat jy hulle nuut kan laat klink, asof die ink op die bladmusiek nog klam is van Frédéric en Ludwig se gekrabbel.
Charl-Pierre Naudé. My laaste blog. Totsiens!
Hierdie is my cheerio-blog. Ek glo dat alles ’n ingeboude horlosie het. Ek dink ook dat die blogskrywers op Versindaba, wat hier op uitnodiging skryf, afgewissel behoort te word. Ter wille van die spyskaart en (hopelik) ‘n gebalanseerde dieet. Aan Louis Esterhuizen en Marlise Joubert, die selflose skeppers en bestuurders van hierdie uitstekende, opbouende forum:…
Marlies Taljard. Krog en hersirkulasie (2)
Die tematiek van versoening en die verkryging van Afrika-identiteit is in die post-apatheidsletterkunde in Suid-Afrika ‘n belangrike kode en die feit dat dié problematiek ook dwarsdeur Krog se oeuvre voorkom, bewys dat sy haarself doelbewus binne dié kode posisioneer. Verder onderstreep dit die Kantiaanse aanname dat niks op sigself betekenis het nie, maar slegs binne…