Van tyd tot tyd kom daar in Antjie Krog se werk sydelingse verwysings na haar eie werk voor, soos wanneer sy in Lady Anne skryf: “twee jaar aankomende maand / sedert Jerusalemgangers” (Krog, 1989:13). Alhoewel daar in Kleur kom nooit alleen nie geen eksplisiete verwysings na haar ander tekste of boektitels voorkom nie, is dit…
Category: Blogs
Pieter Odendaal. Sufjan Stevens se lirieke
Die Amerikaanse musikant Sufjan Stevens skryf pragtige lirieke oor persoonlike gebeure, sy godsdienstige oortuigings en plaaslike geskiedenisse. Sy albums vorm hegte, deurgekomponeerde eenhede: die liedere op Michigan (2003) en Illinois (2005) hou byvoorbeeld met mekaar verband deurdat hulle tematies by die onderskeie state aansluit. Die album Enjoy Your Rabbit (2001) bevat weer 12 liedere –…
Pieter Odendaal. Om by Shakespeare kers vas te hou
Twee weke gelede gaan kyk ek met groot afwagting die honneursproduksie Nog ’n Hamlet met Christiaan Olwagen as regisseur. Na die sukses van sy stuk Woza Andries, ’n herskrywing van die politieke satire Woza Albert, het ek hoë verwagtinge gehad. Nog ’n Hamlet is as ’n “histories-komies-pastoraal-musiekblyspel-fisieke-spraakprogram-kinder-klug” geadverteer. Vier ure later het ek uitgeput en…
Al sing die ANC ‘Suikerbossie’
Beste lesers van my blog wat nie in die noorde van die land woon nie, Ek het onlangs die volgende artikel in die dagblad Beeld geskryf. Ek dink dis ‘n saak wat almal ten nouste raak. Die artikel kan gevind word by http://www.beeld.com/In-Diepte/Nuus/Selfs-al-sing-ANC-Suikerbossie-20101028) Lekker lees! En geniet die week. Charl-Pierre
Charl-Pierre Naudé.Kombersterme, tafeldoeke en die wonderlike verdwaaltoerusting van jou buitewestelike pastoriekok
Hoe versigtig word daar omgegaan met literêre terme? Ek praat nou van terme soos “surrealisme”, “magiese realisme”, ensovoorts? Na my gevoel, nie genoeg nie. Hieraan moes ek dink toe ek ‘n navraag aan die e-posdres van ’n mededigter gestuur het. Wat verstaan jy onder die term “konkrete poesie”, was my vraag. Sy antwoord was…
Charl-Pierre Naudé.Bespreking van ’n Gilbert Gibson-gedig
(uit oogensiklopedie) Heel aan die begin toe ek my blog op Versindaba begin lewer het, het ek belowe om elke nou en dan ‘n gedig wat my aangryp te bespreek. Ek het al Danie Marais se “Geskiedenisles” bespreek, ’n gedig uit sy tweede bundel waarin hy van die beste eienskappe in die eerste…
Charl-Pierre Naudé.Nuttelose begrippe vir die poësiekritiek (2)
Oftewel opportunistiese begrippe. My eerste aflewering oor nuttelose begrippe in die poësiekritiek het enkele maande gelede verskyn. Dit het krities gestaan teenoor die maatstaf “getal bundels gepubliseer” as na bewering positief bydraend tot ’n digter se “waarde”. In daardie blog het ek geargumenteer dis ’n irrelevante maatstaf, inderdaad ’n sinnelose dwaling, om te oorweeg as maatstaf van poëtiese…
Wie is Jan Kolonie Hoenderdief?
Wie is Jan Kolonie Hoenderdief? En waarom maak hy METAFOORPOSTE? Besoek die webtuiste van Jan Kolonie Hoenderdief by http://www.hoenderdief.co.za en ontmoet ’n moderne soort rapportryer. Waar padkuns (“roadside art”) en die kuberhoofweg kruis. Sien jou by http://www.hoenderdief.co.za